van Niekerk, A.van der Waal, M. C.Stander, Alison Gretchen2025-01-072025-01-072021http://hdl.handle.net/11660/12914Proefskrif (Ph.D.(Afrikaans en Nederlands))--Universiteit van die Vrystaat, 2021𝑨𝒇𝒓𝒊𝒌𝒂𝒂𝒏𝒔 Die onderrig van Afrikaans as vreemde taal binne ʼn aanlyn omgewing het met die aanvang van die studie in 2017 nog nie veel aandag ontvang nie. Die navorsing wat vir hierdie proefskrif onderneem is, het eerstens gefokus op die ontwikkeling van ʼn aanlynvreemdetaalonderrigmodel en tweedens op die kritiese evaluering van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO/SAQA) geakkrediteerde 𝘎𝘦𝘴𝘦𝘭𝘭𝘪𝘨 𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴 (GA)-kursusse gerig op vreemdetaalverwerwing met betrekking tot die voorgestelde onderrigmodel. Die evaluering sal dit moontlik maak om tekortkominge in die kursusse (soos dit in 2017-2019 daaruit gesien het - ʼn aanlyn omgewing van onderrig impliseer noodwendig kontinue opdatering en vernuwing) te identifiseer en aanbevelings te maak. 𝘎𝘈-1 en 𝘎𝘈-2 is vreemdetaalaanleerderkursusse wat deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat aangebied word. Die kursusse bied geleentheid aan volwassenes om Afrikaans as vreemde taal aan te leer. Studente wat vir hierdie twee kursusse registreer, het onderskeidelik óf geen voorafkennis van Afrikaans nie óf beskik oor ʼn bietjie passiewe kennis van Afrikaans, maar nie die aktiewe vermoë tot kommunikasie nie. Dit is aanvanklik as gemengde leerkursusse aangebied en in 2017 is die inisiatief geneem om dit verder om te bou vir ʼn volledige aanlyn onderrigomgewing om ook vir volwassenes buite die UV se direkte voedingsgebied geleentheid te gee om Afrikaans aan te leer. Naas die literatuurstudie, het die ondersoek van ʼn multifase-gemengdenavorsingsmetode gebruik gemaak. Die eerste fase van die studie het plaasgevind voordat studente (respondente in die studie) met die kursusse begin het. Tydens hierdie fase is studente gevra om ʼn behoefte-analisevraelys te voltooi, wat grootliks kwantitatiewe data gegenereer het. Fase twee van die studie het plaasgevind nadat dieselfde studente die GA-kursusse voltooi het. Tydens die tweede fase is die studente gevra om aan ʼn individuele onderhoud deel te neem en ʼn evaluasievraelys te voltooi. Die resultate van die behoefte-analises het getoon dat studente wat vir die kursusse ingeskryf het Afrikaans wil aanleer om dit veral in ʼn sosiale opset te gebruik. Die studente wil ook in staat wees om eenvoudige Afrikaanstalige kommunikasie te verstaan om daarop te kan reageer. Die behoefte-analise het die studente se voorkeuraktiwiteite in terme van onderrig (taalverwerwing) en onderwerpe (kursustemas) geïdentifiseer. Die evaluasievraelys is gebruik om vas te stel tot watter mate die GA-kursusse aan die behoeftes en die verwagtinge van die studente voldoen het. Die onderhoude is gebruik om meer detail aangaande die evaluasie van die kursusse en ander aspekte van die aanlyn platform vas te stel. Om die parameters van ʼn ideale aanlyn onderrigmodel te kon identifiseer, is ʼn literatuurstudie met betrekking tot taalonderrigbenaderings en -metodes, volwassene-leer teorieë en aspekte rondom taalverwerwing (leer) in ʼn aanlynomgewing bespreek. Die ondervinding wat die navorser as fasiliteerder van die GA-kursusse opgedoen het en die data van die respondente (vraelyste en onderhoude) is ook gebruik in die ontwikkeling van die voorgestelde vreemdetaalonderrigmodel. Die model bestaan uit drie hoofkomponente: 𝘵𝘢𝘢𝘭𝘷𝘦𝘳𝘸𝘦𝘳𝘸𝘪𝘯𝘨, 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘸𝘢𝘴𝘴𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘥𝘦𝘯𝘵 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘰𝘥𝘶𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘢𝘢𝘯𝘣𝘪𝘦𝘥𝘪𝘯𝘨. Elke komponent behels riglyne ten opsigte van die wyse waarop dit in ʼn aanlyn omgewing toegepas moet word. 𝘛𝘢𝘢𝘭𝘷𝘦𝘳𝘸𝘦𝘳𝘸𝘪𝘯𝘨 fokus op die taalvaardighede wat in ʼn vreemdetaalkursus ontwikkel moet word en watter taalonderrigbenaderings en -metodes daardie vaardighede die beste aanspreek. Die 𝘷𝘰𝘭𝘸𝘢𝘴𝘴𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘥𝘦𝘯𝘵 fokus op riglyne vir die ontwerp van ʼn kursus om effektiewe leer vir volwassenes te bewerkstellig. Die 𝘮𝘰𝘥𝘶𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘢𝘢𝘯𝘣𝘪𝘦𝘥𝘪𝘯𝘨 is in vyf subkomponente verdeel wat op die ontwerp van leermateriaal, assessering en terugvoer, kursushulpbronne, kursusontwerp en die rol van die fasiliteerder fokus. Aan die hand van die toepassing van die ideale (voorgestelde) aanlyn onderrigmodel vir taalverwerwing op die GA-kursusse, is daar bevind dat dit oor die algemeen goed saamgestel is en meestal aan die riglyne van die voorgestelde model voldoen. Die belangrikste aanbevelings en/of gebreke setel rondom die gebrek aan kommunikasie (op die leerplatform) tussen die fasiliteerder en die studente, die tekort aan reflekteringsaktiwiteite en die eensydige sosiale aanwesigheid van die fasiliteerder. Die ondersoek kan ʼn bydrae lewer tot aanlyn onderrig vir vreemde tale en spesifiek ook vreemdetaalonderrig in ʼn Suid-Afrikaanse konteks en vergelykbare (“low tech”) omgewings (kontekste) wat betref die uitdagings en beperkinge met betrekking tot tegnologie en data. Die ondersoek lewer ook ʼn bydrae tot die opdatering en verbetering van tans die enigste geakkrediteerde kortleerprogram vir Afrikaans as vreemde taal. ___________________________________________________________________𝑬𝒏𝒈𝒍𝒊𝒔𝒉 Teaching Afrikaans as a foreign language within an online environment had not received much attention when this study started in 2017. The research undertaken within this dissertation focused firstly on developing an online foreign language teaching model specifically for Afrikaans aimed at adults and secondly evaluating the SAQA accredited 𝘎𝘦𝘴𝘦𝘭𝘭𝘪𝘨 𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴 (𝘎𝘈) online courses with regard to the model. The critical analysis will determine to what extent the 𝘎𝘦𝘴𝘦𝘭𝘭𝘪𝘨 𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴 courses (as they initially were in 2017-2019) meet the proposed “ideal” model requirements. In this way, any shortcomings of the courses can be identified, and recommendations can be made to the course owners. 𝘎𝘈-1 and -2 are foreign language courses offered by the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the Free State University. The courses provide an opportunity to adults to learn Afrikaans as a foreign language. Students who register for these courses either have no prior knowledge of Afrikaans or have some passive knowledge of the language. The courses were initially offered as blended learning courses, and in 2017, the initiative was taken to move the courses online to give more people the opportunity to learn Afrikaans. Alongside the literature review, the study also made use of a multi-phased mixed methodology research design. The first phase of the study took place before the students started the 𝘎𝘈-courses. During this phase, the students were asked to complete a needs analysis questionnaire. This questionnaire yielded primarily quantitative data. The second phase of the study took place after the students completed 𝘎𝘈-courses. During this phase, the students were asked to complete an evaluation questionnaire and participate in an individual interview. This phase of the study yielded both quantitative and qualitative data. The needs analyses showed that the students who register for the courses want to learn Afrikaans to use the language in social settings. The students also want to be able to understand specific phrases when they hear them and be able to react to them. The needs analysis also identified the students’ preferred activities and topics for the foreign language courses. The evaluation questionnaire determined the extent to which the 𝘎𝘈-courses meet the needs of the students. It also more specifically evaluated the content used on the online platform to determine if it was adequate. The interviews were used to obtain more detail regarding assessing the courses and other aspects of the online platform. To identify the model's parameters, literature on language teaching approaches and methods, adult learning theories, and theories on learning in an online environment were researched. The experience gained by the researcher as a facilitator of the 𝘎𝘈-courses and the data of the respondents were also used to contribute to the development of the foreign language teaching model. The model has three main components: language acquisition, the 𝘢𝘥𝘶𝘭𝘵 𝘴𝘵𝘶𝘥𝘦𝘯𝘵 and the 𝘱𝘳𝘦𝘴𝘦𝘯𝘵𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘮𝘰𝘥𝘦. All of the components entail guidelines regarding what should be kept in mind when developing a foreign language online course for adults. 𝘓𝘢𝘯𝘨𝘶𝘢𝘨𝘦 𝘢𝘤𝘲𝘶𝘪𝘴𝘪𝘵𝘪𝘰𝘯 focuses on the language skills that should be developed and the language approaches and methods best suited. 𝘈𝘥𝘶𝘭𝘵 𝘴𝘵𝘶𝘥𝘦𝘯𝘵 gives guidelines on the aspects that should be kept in mind when teaching adult students. 𝘗𝘳𝘦𝘴𝘦𝘯𝘵𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘮𝘰𝘥𝘦 consists of five subcomponents, 𝘵𝘩𝘦 𝘥𝘦𝘴𝘪𝘨𝘯 𝘰𝘧 𝘭𝘦𝘢𝘳𝘯𝘪𝘯𝘨 𝘮𝘢𝘵𝘦𝘳𝘪𝘢𝘭, 𝘢𝘴𝘴𝘦𝘴𝘴𝘮𝘦𝘯𝘵𝘴 𝘢𝘯𝘥 𝘧𝘦𝘦𝘥𝘣𝘢𝘤𝘬, 𝘤𝘰𝘶𝘳𝘴𝘦 𝘳𝘦𝘴𝘰𝘶𝘳𝘤𝘦𝘴, 𝘤𝘰𝘶𝘳𝘴𝘦 𝘥𝘦𝘴𝘪𝘨𝘯 and the facilitator's role. When comparing the model with the 𝘎𝘈-courses, it was found that the courses are well designed and mainly comply with the guidelines of the proposed model. The main recommendations/shortcomings centres around the lack of communication on the learning platform between the students and the facilitator, the absence of reflection activities and the absence of a social presence of the facilitator. The research can contribute to the online teaching of foreign language and, specifically, the teaching of a foreign language with a South African context and similar “low-teach” environments regarding the challenges faced with internet connections and data. The research can also contribute to updating and improving the currently only accredited short learning Afrikaans as a foreign language course. ___________________________________________________________________afVreemde taalAanlyn onderrigAfrikaansVolwassene-leer𝘎𝘦𝘴𝘦𝘭𝘭𝘪𝘨 𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴TaalonderrigbenaderingsForeign languageOnline teachingAdult learninglanguage teaching approaches’n Voorgestelde onderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal in ’n aanlyn omgewingThesisUniversiteit van die Vrystaat