Barnard, S. L.Adendorff, Willem Theron2024-12-052024-12-051996http://hdl.handle.net/11660/12820Verhandeling (M.A.(Geskiedenis))--Universiteit van die Vrystaat, 1996Die tema wat in hierdie verhandeling onder die loep geneem word, poog om die orientering van 'n ervare politikus, Japie Basson, weer te gee in die tydperk van die dertiger- tot sestigerjare van hierdie eeu. Arthur Barlow, 'n bekende voormalige politikus, bet die wens uitgespreek dat Basson se loopbaan in die politiek opgeteken moes word. Barlow, outeur van Almost in Confidence, bet dié wens uitgespreek met 'n inskripsie in sy werk wat by aan Basson geskenk bet: ''𝘞𝘪𝘵𝘩 𝘣𝘦𝘴𝘵 𝘸𝘪𝘴𝘩𝘦𝘴 𝘧𝘳𝘰𝘮 𝘵𝘩𝘦 𝘢𝘶𝘵𝘩𝘰𝘳. 𝘐 𝘩𝘰𝘱𝘦 𝘵𝘩𝘢𝘵 𝘑𝘢𝘱𝘪𝘦 𝘉𝘢𝘴𝘴𝘰𝘯, 𝘰𝘯𝘦 𝘰𝘧 𝘵𝘩𝘦 𝘰𝘶𝘵𝘴𝘵𝘢𝘯𝘥𝘪𝘯𝘨 𝘮𝘦𝘯 𝘢𝘮𝘰𝘯𝘨 𝘰𝘶𝘳 𝘺𝘰𝘶𝘯𝘨𝘦𝘳 𝘮𝘦𝘮𝘣𝘦𝘳𝘴 𝘰𝘧 𝘵𝘩𝘦 𝘏𝘰𝘶𝘴𝘦 𝘰𝘧 𝘈𝘴𝘴𝘦𝘮𝘣𝘭𝘺, 𝘸𝘪𝘭𝘭 𝘰𝘯𝘦 𝘥𝘢𝘺 𝘤𝘢𝘳𝘳𝘺 𝘰𝘶𝘵 𝘪𝘯 𝘱𝘳𝘪𝘷𝘢𝘵𝘦 𝘢𝘯𝘥 𝘪𝘯 𝘢 𝘉𝘰𝘰𝘬, 𝘱𝘳𝘦𝘧𝘦𝘳𝘢𝘣𝘭𝘺 𝘪𝘯 𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴 𝘵𝘩𝘦 𝘴𝘵𝘰𝘳𝘺 𝘰𝘧 𝘩𝘪𝘴 𝘭𝘪𝘧𝘦 𝘪𝘯 𝘗𝘢𝘳𝘭𝘪𝘢𝘮𝘦𝘯𝘵 ... 𝘐 𝘬𝘯𝘰𝘸 𝘪𝘵 𝘸𝘪𝘭𝘭 𝘣𝘦 𝘤𝘰𝘭𝘰𝘶𝘳𝘧𝘶𝘭 𝘢𝘯𝘥 𝘪𝘯𝘵𝘦𝘳𝘦𝘴𝘵𝘪𝘯𝘨. 𝘈𝘳𝘵𝘩𝘶𝘳 𝘉𝘢𝘳𝘭𝘰𝘸 𝘔.𝘗. 𝘏𝘰𝘶𝘴𝘦 𝘰𝘧 𝘈𝘴𝘴𝘦𝘮𝘣𝘭𝘺 𝘊𝘢𝘱𝘦 𝘛𝘰𝘸𝘯 15𝘵𝘩 𝘔𝘢𝘺 56" Barlow noem hiermee een van die belangrikste redes waarom hierdie tema in dié studie ondersoek is. Slegs enkele publikasies fokus op die opposisiepartye en die rol van individue in dié dramatiese tydperk in die partypolitieke geskiedenis. Oor die Verenigde Party se rol as amptelike opposisie na 1948 bestaan daar bloedweinig werke. Net so bestaan daar weinig sekondêre bronne oor politici van hierdie tydperk, met die uitsondering van werke oor sommige Eerste Ministers van Suid-Afrika. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚!afDie politieke loopbaan van Jacob Daniel Du Plessis (Japie) Basson tot 1966DissertationUniversity of the Free State