Strauss, H. J.Van der Watt, Louis2017-04-192017-04-191970-09http://hdl.handle.net/11660/6099Afrikaans: Ons toeleg is 'n ondersoek na die religieus-verankerde staatsfilosofiese rigtings wat sedert 1910 beslissend was in die Suid-Afrikaanse staatkunde. Hierdie denkrigtings het in belangrike wetgewing nie onbetuig gebly nie en is daarin én in die betrokke debatte na te speur. Die staatsfilosofiese grondslae wat die Suid-Afrikaanse staatkunde met betrekking tot sekere wetgewing beinvloed het, is ook kenbaar in die uiteenlopende stellingname van bepaalde politieke partye. Ook dááruit sal die hoofrigtings afgesonder en getipeer word. Om die omvang te beperk, word slegs vyf onderwerpe as ondersoekveld gekies en die staatsfilosofiese beginsels wat daaraanten grondslag lê, ontleed. Ten einde die staatsfilosofiese grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde bloot te lê, moet ons vooraf rekenskap gee van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese grondslae wat vanuit Wes-Europa sedert 1652 na Suid-Afrika oorgedra is - as deel van die Westerse beskawing - én wat ons denke hier te lande sedertdien beheers het. 'n Historiese oorsig van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese denkrigtings vóór 1910 word dus vooraf aan die orde gestel.afPolitical science -- South Africa -- PhilosophyThesis (D.Phil. (Political Science))--University of the Free State, 1970Die staatsfilosofie grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde sedert 1910ThesisUniversity of the Free State