De Villiers, G. R.Stander, Adriaan Johannes Jacobus2017-08-102017-08-102016-11http://hdl.handle.net/11660/6530English: Amongst the most quoted verses in John is, “Remain in me, and I will remain in you” (John 15:4). The importance of the verb is highlighted by the fact that of the forty occurrences in the Gospel, eleven are found in John 15. Based on historical-critical exegesis it would refer to faithful fellowship with Jesus as the true vine. However, contemporary research provided methodological and theoretical insights for a spiritual and mystical reading of John's Gospel. The ultimate aim of this thesis is to utilize as key for a mystical reading of John 15. Waaijman’s description of spirituality as the ongoing and transformative divine-human relationship provided a fitting guide to analyse biblical texts. This model reveals disciples as representatives of the human pole transformed by the selfless love of Jesus in order to bear abundant and lasting fruit. The subsequent investigation into mysticism is based on seminal work by researchers such as Kanagaraj, Waaijman, DeConick, Schäfer. Some agreement exists that mysticism reflects the consciousness of an intimate relationship with God. Similarities between Merkabah mysticism and Johannine thought will be explored. The characteristics of mysticism identified by Waaijman and Kanagaraj turned out to be vital. The Johannine author confirms to be an independent thinker reworking mystical traditions in terms of his own theology. The literary build-up of in the Gospel as well as its usage in the Farewell discourse (John 13-17) aids readers in understanding its distinctive use in John 15. The first part of the expositional reading of in John 15 focusses on the divine. The intimate relationship with God is built on the firm belief that a life in union with God is not merely a possibility, but a reality. Jesus, as well as the Trinity, dwells in humanity. The role of Jesus reveals how John's own faith experience influenced his mystical understanding of movements like Merkabah Mysticism by pointing out similarities and major differences. Formerly concealed elements of mystical spirituality by the use of are illustrated. The second part of the mystical reading of focusses on the human side. Those who made their dwelling in Jesus came to be known as disciples, indicating their new identity in him. The mutual indwelling of John 15 implied drastic transformation and turned out to be crucial .Abundant and lasting fruit becomes visible through conduct in accordance with the new love commandment of Jesus. The effects of mutual indwelling are discussed with reference to concepts like the ensuing community of friendship, the words and love of Jesus, prayer, joy, witnessing on behalf of Jesus, pruning, faith and, finally, lasting impact. The counterpart of not dwelling in God leads to a life ending in destruction and hatred. For a more complete understanding of the comprehensiveness of some mystagogical elements in the Gospel are discussed. Jesus reminds one of a mystagogue by the way he accompanies some of the main characters in the Gospel. Through personal attention, he offers them a deeper spiritual relationship with the divine. Examples include the first disciples who left John the Baptist to follow Jesus, Nathanael, Nicodemus, the Samaritan woman, Simon Peter, Thomas Didimus, and the Beloved Disciple. The results of utilising as key for a mystical reading of John 15 confirm the validity of this project. It is in line with contemporary research and opens up exiting new avenues for the mystical reading of biblical texts. The enriching effect of such readings is self-evident.Afrikaans: Van die mees bekende woorde in Johannes is waarskynlik “Julle moet in my bly soos ek in julle” (Johannes 15:4). Die belangrikheid van die werkwoord wat Johannes hier gebruik, is geleë in die feit dat elf van die veertig voorkomste in die evangelie in Johannes 15 te vinde is. Gebaseer op histories-kritiese eksegese sou die gebruik van hier ’n baie besondere verhouding met Jesus as die ware wingerdstok impliseer. Meer resente navorsing het metodologiese en teoretiese insigte opgelewer wat ‘n spirituele en mistieke lees van die evangelie van Johannes moontlik maak. Aansluitend daarby is die doel met hierdie navorsingsprojek om te gebruik as die invalshoek vir ’n mistieke lees van Johannes 15. Waaijman se beskrywing van spiritualiteit as die volgehoue transformatiewe God-mens verhouding blyk ’n gepaste model te wees vir ‘n spirituele lees van bybelse tekste. Daarvolgens verteenwoordig dissipels die menslike pool wat getransformeer moet word op voetspoor van Jesus se selflose liefde. Vervolgens val die fokus op ‘n mistieke lees in navolging van baanbrekerswerk deur onder andere Waaijman, Kanagaraj, DeConick en Schäfer. Redelike konsensus bestaan dat mistiek verstaan kan word as ’n volgehoue bewussyn van die teenwoordigheid van God. Ooreenkomste tussen Merkevah mistiek en die Johannese denkwêreld word ondersoek. Die kenmerke van mistiek soos geïdentifiseer deur Waaijman en Kanagaraj is van deurslaggewende belang. Die outeur van die evangelie bevestig sy onafhanklikheid deur ‘n eiesoortige verwerking van die mistieke tradisies van sy tyd gebaseer op sy eie teologiese raamwerk. Die literêre dekor van word ondersoek deur die opbou van voorafgaande voorkomste na te gaan, sowel as die besondere betekenis daarvan binne die Afskeidsgesprekke (Joh.13 – 17) . Die eerste fase van die mistieke ondersoek na in Johannes 15 laat die soeklig val op die goddelike inisiatief. Dit bevestig die oortuiging dat ’n intieme verhouding met God nie net ’n moontlikheid is nie, maar ‘n realiteit. Dié goddelikke inwoning is ook nie beperk tot Jesus nie, maar die volledige Drie–Eenheid vorm deel van dié misterie. Die beskrywing van Jesus se rol verraai die mate waarin Johannes se eie geloofservaring sy verstaan van bewegings soos die Merkevah mistiek gekleur het. Ooreenkomste sowel as verskille met bestaande mistieke bewegings word aangetoon. Voorheen verborge aspekte van mistieke spiritualiteit word deursigtig deur die gebruik van die Johannese . Die tweede fase van die mistieke lees fokus op die menslike pool van . Diegene wat in Jesus ’n nuwe tuiste vind verkry terselfdertyd ’n nuwe identiteit as sy dissipels. Die wedersydse inwoning in Johannes 15 veronderstel drastiese transformasie waarin die rol van strategies is. Die dra van oorvloedige en blywende spirituele vrug word sigbaar deur ’n lewenswyse gerig deur die nuwe liefdesgebod van Jesus. Die effek van wedersydse inwoning word bespreek met verwysing na aspekte soos die totstandkoming van ‘n nuwe gemeenskap van vriende, die woorde en liefde van Jesus, gebed, vreugde, getuienis aangaande Jesus en geloof - as blywende resultate. Die keuse teen inwoning lei tot ’n destruktiewe lewe gekenmerk deur haat. Ter wille van ‘n meer omvattende verstaan van die ingrypende aard van word ’n paar voorbeelde van mistagogie in die evangelie aangetoon. Jesus se rol as mistagoog ontplooi in sy begeleiding van sommige hoofkarakters in die evangelie. Tydens persoonlike ontmoetings bied hy aan hulle ’n dieper spirituele verhouding met God. Voorbeelde sluit in die eerste dissipels wat Johannes die Doper verlaat het om Jesus te volg, Nathanael, Nikodemus, die Samaritaanse vrou, Simon Petrus, Thomas Didimus, asook die Geliefde dissipel. Die resultate van die aanwending van as sleutelbegrip vir ‘n mistieke lees van Johannes 15 bevestig die geldigheid van hierdie navorsingsprojek. Dit stem ooreen met kontemporêre navorsingsresultate en baan opwindende nuwe weë vir die spirituele lees van bybelse tekste.enJohn 15SpiritualityMysticismIndwelling (mutual)Bible. N.T. John -- Criticism, interpretation, etc.Thesis (Ph.D. (New Testament))--University of the Free State, 2016Menein as key to a mystical reading of John 15ThesisUniversity of the Free State