Die Vrystaatse Jeugkoor: 'n historiese, evaluerende en vergelykende ondersoek

Loading...
Thumbnail Image
Date
1987-05
Authors
Verster, Huibrecht
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die primêre doelstelling van hierdie studie was om 'n grondige ondersoek na die vestiging en organisasie, asook die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaatse Jeugkoor te doen. Die navorsing is toegespits op die tydperk 1965, wat die stigtingsjaar van die koor was, tot 1985, die laaste jaar waarin die tradisionele, provinsiaal-gerigte onderwysstrukture nog redelik outonoom gefunksioneer het. Ter sake inligting ná 1985 is egter wel, waar nodig, ingesluit. In die studie is vooraf, naas die voorgeskiedenis en motivering tot die stigting van die Vrystaatse Jeugkoor, ook die beplanning en implementering daarvan as 'n projek bestudeer. Dit sIuit die keuringsproses, asook die organisasie van repetisies, keuse van koordrag en reëlings in verband met toere en konserte in. Daaruit spruit voort die finansiële beplanning. en organisasie rondom die vervoerkoste, konsertoptredes en ander kooraktiwiteite, soos byvoorbeeld die maak van plaatopnames. In hierdie afdeling is die aard en omvang, asook die verpIigtinge van koorpersoneel ook aangedui. Verder is die professionele loopbane en die musikale bekwaamhede van die vier jeugkoorleiers, De Villiers, Van Huyssteen, Wassermann en Hyman, bestudeer en bespreek. Omdat elke jeugkoorleier 'n bepaalde vormingsinvloed op die Vrystaatse Jeugkoor gehad het, is dié aspek ook aangesny. Vervolgens is die aantal en soort kooroptredes nagevors. Daar kon vasgestel word dat die koor verskeie ,en bepaalde optredes aangebied het wat deur die dirigente as hoogtepunte in die bestaan van die koor beskou is. 'n Ander aktiwiteit waarby die koor betrokke was, was die maak van jaarlikse plaatopnames. Die werkwyse wat in hierdie opsig deur die jeugkoorleiers gevolg is, asook die kwaliteit van die opnames en aangeleenthede soos spesiale vrystellings en volume plateverkope, is ook nagegaan. PIaatopnames is as aanvuIIende inIigtingsbronne gebruik om die programsamesteilings vanaf 1965 tot 1986 te ontleed. Hieruit het bepaalde tendense geblyk wat verband hou met die soort werke wat gesing is, asook die komponiste waaraan voorkeur verleen is, insluitende komposisies deur Suid-Afrikaanse musici. 'n Poging is aangewend om die gehalte van die koorsang en die programme wat in die bestek van 22 jaar deur die Jeugkoor aangebied is, te bepaal. Aan die hand van koerantresensies en voorafbepaalde kriteria vir goeie programsamestelling, is gevind dat die Suid-Afrikaanse koorkonsertpubIiek deurgaans 'n gunstige siening van die afrigtingstandaard en die kwaliteit van die programkeuses gehad het. Afgesien van die navorsing oor die Vrystaatse Jeugkoor self, is die ontstaansgeskiedenis en organisasie van ander jeugkore in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika bestudeer vir 'n evaluering van moontlike bande met eersgenoemde. Dié ondersoek het die stigting, funksionering en werksaamhede van die kore ingesluit. Hieruit is vasgestel dat die Vrystaatse Jeugkoor in meer as een geval as voorbeeld en inspirasie gedien het vir die totstandkoming van ander jeugkore. Uit die navorsing blyk dit verder dat jeugkore ná 1965 in al die provinsies van Suid-Afrika, sowel as in Suidwes-Afrika ontstaan het, en die studie bewys ook dat die tendens om jeugkore te stig, nog steeds voortduur. Laastens word 'n afrigtingsmodel vir Suid-Afrikaanse jeugkore aangebied wat gegrond is op bestaande publikasies, sowel as die empiriese ervaring van die jeugkoorleiers. Die klem val op die eise vir 'n gebalanseerde, gesonde en finansieel-ondersteunde organisasiestruktuur waarbinne die koor kan funksioneer. Daarbenewens word dit beklemtoon dat 'n koorleier besondere kennis moet hê van die eienskappe van 'n tienderjarige se sangstem, wat kortIiks genoem word. Erkende metodes van stemkeuring en die vereistes waaraan 'n koorleier behoort te voldoen ten opsigte van musikale agtergrond en persoonlikheidseienskappe, word uitgelig. Afrigtingsmetodes, met beklemtoning van die ontwikkeling van stem- en koorsangtegniek, word ook bespreek. Hierdeur poog die studie om, deur nie net die ontwikkelingsgeskiedenis, organisasie, funksie en artistieke groei van die Vrystaatse Jeugkoor in samehang met dié van ander provinsies te objektiveer nie, maar ook om 'n afrigtingsmodel daar te stel vir die stigting van moontlike nuwe jeugkore omdat die literatuur hiervoor, veral in Suid-Afrika, moontlik ontoereikend is.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Mus.)) - University of the Free State, 1987, Choir music, Free State, South Africa, History, Criticism
Citation