'n Vergelyking van geselekteerde Psalmmelodieë van Rosa Nepgen met die oorspronklike Geneefse melodieë en dié in die Afrikaanse Koraalboek van 1978

Loading...
Thumbnail Image
Date
1991-11
Authors
Conradie, Erns Marthinus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Kerksang en veral psalmgesang in die Afrikaanse Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika is tradisioneel ongeesdriftig. Hierdie situasie is ver verwyderd van die opdrag van die Heilige Skrif asook van die ideale van die kerkhervormers, en spruit uit 'n verwarde interpretasie onder welmenende kerkmusici van Calvyn se bedoeling: hulle neem sy uitsprake op as 'n totale verbod op enige kunstige manifestasie van musiek in die erediens. Volgens haar mondelinge mededelings is Rosa Nepgen 'n voorbeeld van hierdie denkpatroon. Hierby beskou sy die karakter van die oorspronklike Geneefse melodieë as eie aan die Calvinistiese kerkkarakter en het sy haar psalmbundel MET HART EN MOND as 'n stilistiese eenheid met die psalmmelodieë uit die sestiende eeu gekonsipieer. Sy het ook na aansluiting gestreef by wat sy beskou as modaliteit. Die navorsing handeloor die sewe-en-twintig oorspronklike psalmtoonsettings van Rosa Nepgen en 'n vergelyking daarvan met die ooreenstemmende Geneefse en nuutgekomponeerde psalms in die AFRIKAANSE KORAALBOEK. Analise van elke betrokke psalm is gedoen volgens aanvaarde norme, en steeds met inagneming van die geskiktheid van die toonsettings vir kerklike gebruik deur 'n Afrikaanse gemeente. Dit het tonaliteite, kadense, intervalgebruike, melodiese omvange, tessiture van melodiereëls, melodiese formasies, ritmiek, harmoniek, vorm en woord-toonverhouding ingesluit. Hierna is eienskappe van bewese geslaagde Afrikaanse kerkliedere analities vasgestel en norme daarvan afgelei. 'n Verdere normbepaling van sestiende-eeuse stilistiese eienskappe in psalmtoonsettings van Goudimel is gemaak, en vergelykings met die toonsettings in MET HART EN MOND en die AFRIKAANSE KORAALBOEK is getref. Die gevolgtrekking waartoe hierdie studie gelei het is dat die psalmtoonsettings in MET HART EN MOND en die AFRIKAANSE KORAALBOEK nie voldoen aan Calvyn se geïmpliseerde bedoeling dat die artistieke aspekte van musiek nie as sodanig op die voorgrond moet wees nie, maar dat dit 'n subtiele rol moet vervul om die toonsettings singbaar te maak. Die huidige toestand van die psalmgesang in die Afrikaanse Gereformeerde Kerke kan dus nie verbeter voordat hierdie besef deurdring en toegepas word nie.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Music)) - University of the Free State, 1991, Hymns, Afrikaans -- History and criticism
Citation