Sport- en ontspanningsdeelname as bydraende faktore tot beter weerbaarheid in die Suid-Afrikaanse Weermag

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979-06
Authors
Greeff, Abraham Petrus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Dat die Sowjet-unie imperialistiese ideale het, lei geen twyfel nie. Dat die Republiek van Suid-Afrika in die pad daarvan in Afrika staan, kan moeilik betwis word. Suid-Afrika staar 'n definitiewe kommunistiese aanslag in die gesig wat oor 'n uiters wye front strek. Dit is belangrik om die omvang en diepte van die aanslag te besef, want eers dan is dit moontlik om 'n effektiewe teenoffensief te loods. Aangesien die aanslag oor 'n wye terrein strek en inderdaad 'n negatiewe uitwerking het op alle terrein en menslike aktiwiteite, is 'n effektiewe teenoffensief onder andere geleë in beter weerbare Suid-Afrikaanse burgers en soldate. 'n Beter weerbare Suid-Afrikaanse Weermag sal gevolglik die eerste stap wees in 'n poging om hierdie kommunistiese aanslag suksesvol af te weer. Navorsing met betrekking tot die geskiedkundige ontwikkeling van sport- en ontspanningsdeelname in die weermagte van verskeie lande het aangetoon dat sport- en ontspanning by uitstek een van dié terreine is wat uiters suksesvol benut kan word ten einde beter weerbaarheid in die hand te werk. Die kommunistiese strategie is duidelik gerig op faktore wat weerbaarheid nadelig beïnvloed soos vermeld in die verhandeling. Die produk van dié kommunistiese strategie word ongelukkig reeds in die Suid-Afrikaanse samelewing geïdentifiseer en juis dit maak die noodroep tot beter weerbaarheid meer dringend. Die groot bydrae van sport en ontspanningsdeelname as 'n effektiewe teenoffensief tot beter weerbaarheid is juis daarin geleë dat dit 'n positiewe uitwerking het op dieselfde terreine as dié waarop die kommunisme, poog om negatiwisme in die hand te werk. Dié kommunistiese strategie kan onder andere suksesvol geneutraliseer word deur 'n program van maksimale deelname aan sport- en ontspanningsaktiwiteite. Skrywer se voorgestelde program vir sport- en ontspanningsdeelname in die Suid-Afrikaanse Weermag sal beslis bydra tot maksimale deelname. Nougesette implementering van hierdie program moet noodwendig lei tot beter weerbaarheid van die Suid-Afrikaanse soldaat, in opleiding- sowel as operasionele omstandighede.
Description
Keywords
Soldiers, South Africa, Leisure, Dissertation (M.A. (Physical Education) - University of the Free State, 1979
Citation