Die voorspelling van grondgeïnduseerde plantwaterstremming vir geselekteerde grond-plant-atmosfeersisteme

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-06
Authors
Van Rensburg, Leon Daniel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die watervoorsieningsmodel van die grond-wortelsisteem aan die bogrondse groei wat deur Botha, Bennie & Burger (1983) voorgestel is, is gebruik om die begin en verloop van grond of voorsieningsgeïnduseerde plantwaterstremming te monitor. Die primêre doel van die studie is om die insette wat in die model benodig word, te meet. Een van die belangrike insette was die grond-wortelkonduktansiekoëffisiënt (Fsr). Dit is 'n eweredigheidsfaktor wat evapotranspirasie in verband bring met bewortelingsdigtheid van 'n gewas, relatiewe waterinhoud van 'n grond en die potensiaalgradiënt oor die wortelkontaksone. Vir die doel is velddata afkomstig van besproeiingspersele te Sandvet, Vaalharts en Ramah, versamel. Om hierdie data sinvol te verwerk vir die berekening van Fsr was dit nodig om modelle te evalueer wat grondwaterpotensiaal akkuraat vanaf volumetriese waterinhoud kan bereken. In die proses is 'n algemene waterretensievergelyking vanuit beskikbare vergelykings in die literatuur ontwikkel. Die model gebruik slik- plus kleiinhoud (<0,05mm) as inset, wat maklik op 'n roetine basis bepaal kan word, om die matrikspotensiaal by 'n gegewe volumetriese waterinhoud, te voorspel. Ter ondersteuning van die model is regressieverwantskappe vir die onderste en boonste grens (in situ) van plantopneembare water, verkry. Die onderste grens word benodig om die relatiewe waterinhoud te bereken terwyl die boonste grens noodsaaklik is vir die berekening van die profielbeskikbare waterkapasiteit. Albei die regressieverwantskappe kan met vrug in die genoemde besproeiingsgebiede aangewend word. Met die hulp van bogenoemde insette was dit moontlik om die grond-wortelkonduktansiekoëffisient oor 'n bepaalde periode, te bereken. Om hierdie waardes in die praktyk te gebruik moes 'n kriterium saamgestel word waarvolgens 'n stremmingsdag geïdentifiseer kon word. Dit was moontlik om 'n gemiddelde grond-wortelkonduktansiekoëffisient, ETstrem : ETnat verhouding en kritiese blaarxileempotensiaal vir die onderskeie lokaliteite te bepaal. Met hierdie data tot beskikking is die stremmingsindeks van Botha et al. (1983) aangepas vir veldtoestande. 'n Betekenisvolle verwantskap tussen slik- plus kleipersentasie en Fsr is vasgestel. Met behulp van die gewysigde stremmingsindeks, wateronttrekkingsverhouding en al die voorafontwikkelde modelle is daarin geslaag om die onderste grens van plantopneembare water te voorspel vir grondprofiele wat nie ernstige fisiese beperkings soos grondverdigting het nie.
Description
Keywords
Soil moisture, Mathematical models, Plant-water relationships, Plants, Plant-soil relationships, Dissertation (M.Sc. (Soil Science))--University of the Free State, 1988
Citation