'n Ondersoek na die beroepsinstelling van studente

Loading...
Thumbnail Image
Date
1983-06
Authors
Potgieter, Ivor Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Een van die grootste probleme met gedifferensieerde onderwys is die kanalisering van studente in die rigtings waarin hulle die beste kans op sukses het en wat die beste by hulle eie voorkeure, waardes, persoonlikhede en belangstellings inpas. Dit impliseer dat beide kognitiewe en nie-kognitiewe eienskappe van die persoon in berekening gebring moet word by voorligting en keuring. Dit is dus nodig dat profielvereistes van hierdie atributes bekend moet wees waarteenoor vergelykings gemaak kan word. Die algemene doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die beroepsinstelling of -orientasie-prof iele van Universiteit-, Onderwyskollege- en Technikonstudente. Die hipoteses wat gestel is, is dat die beroepsorientasie van studente reeds gestabiliseer het teen die tyd dat hulle op tersiêre onderwysvlak kom; dat daar n positiewe verband tussen vermoe en orientasie bestaan; dat beroepsinstelling korreleer met verbandhoudende biografiese gegewens; dat studente van Universiteite, Onderwyskolleges en Technikons van mekaar onderskei kan word op grond van hulle beroepsorientasies waar die eerste groep meer teoreties, die tweede groep meer kommunikatief en die derde groep meer praktiesgeorienteerd is; dat studente in verskillende vakrigtings van mekaar onderskei kan word op grond van hulle verskillende orientasies; en dat meer-suksesvolle en minder-suksesvolle studente van mekaar onderskei kan word in terme van die mate waarin hulle beroepsorientasies ooreenkom met die algemene aard van hulle spesifieke studierigting. Vir die doel van die ondersoek is die BEROEPSORIëTASIETOETS (B/VOT) ontwikkel en op 900 weermagdienspligtiges gestandaardiseer. Die vraelys verskaf 'n meting van 'n persoon se algemene teoretiese, kommunikasie- en praktiese orientasie. Hierdie drie-ledige indeling word in die literatuur as 'n gesonde basiese indeling uitgewys wat geskik is om as ontledings-, beskrywings- en klassifseringsdimensies van poste en werk gebruik te word, terwyl vermoens en orientasie ook in terme van hierdie velde gemeet kan word. Die B/VOT is 'n uiters praktiese meetinstrument. Die vraelys self is tweetalig, word op die vraelys self voltooi deur slegs eerste en tweede keuse op 45 items, elk met vier alternatiewe keuses, te merk en neem minder as 12 minute om te voltooi. Twee parallelle vorms van die toets is ontwikkel en daar is aparte normtabelle opgestel vir weermagdienspligtiges en tersiêre studente. Die toets-hertoetskorrelasies van ±,80 wat met parallelle vorms en met n tydsverloop van ± 2 maande verkry is bewys die betroubaarheid van die instrument. Die geldigheid van die TKP-indeling (Teoreties, Kommunikasie en Prakties) word uit 'n faktorontleding van die tellings van die B/VOT, die Aanlegprofieltoets en die 19-Veld-belangstellingsvraelys bevestig. Die B/VOT-tellings laai veral op twee faktore naamlik 'n sterk bipolêre faktor met Praktiese oriëntasie op die een pool (0,85) en Kommunikasie oriëntasie op die ander pool (-0,814) en 'n sterker Teoretiese oriëntasiefaktor (0,878) met beide die OK (-0,375) en OP (-0,255) op die negatiewe kant. Die resultate dui verder daarop dat die B/VOT en die 19-VBV aanvullend tot mekaar, maar nie substituerend gebruik kan word nie. Na toepassing op 661 Universiteit-, 506 Onderwyskollege en 568 Technikonstudente dui die resultate in verband met die hipoteses op die volgende: - Studente se beroepsorientasies is reeds in 'n groot mate gevestig teen die tyd dat hulle tersiêre onderwysvlak bereik. - Daar bestaan wel 'n beduidende positiewe verband tussen vermoe en oriëntasie maar die korrelasies is deurgaans te laag om vir voorspellingsdoeleindes te gebruik. - Beroepsoriëntasie toon 'n sterk verband met biografiese gegewens soos geslag, die skoolvakke die meeste van gehou, hoe op skool gevaar, wat die persoon as sy beste en swakste eienskap sien, hoe vryetyd spandeer word en waar beoogde beroep inpas. - Geen onderskeidende beroepsoriënteringsprofiel vir Universiteits-, Onderwyskollege- en Technikonstudente kan onderskei word nie. - Die beroepsoriëntasie-profiele van studente uit verskillende rigtings verskil wel van mekaar en is in ooreenstemming met die verwagte vereistes van die rigting. - Daar bestaan 'n beduidend positiewe korrelasie tussen die oriëntasie-tellings op sekere van die B/VOT-skale en akademiese sukses. Die skale wat onderskei verskil egter van rigting tot rigting en die korrelasies is te laag om prakties bruikbaar vir voorspellings-doeleindes te wees. Aanbevelings in verband met die gebruik van die B/VOT en verdere navorsing word gemaak.
Description
Keywords
Thesis (D.Comm. (Industrial Psychology)--University of the Free State, 1983, Careers
Citation