Die musieklewe van Windhoek vanaf 1890 to 1971

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982-11
Authors
Van Biljon, Ernst Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: On 18 October 1890 the foundation stone of the first building in Windhoek, the fort (Alte Feste) was laid, and from that date the town grew rapidly. There were 4 812 White inhabitants in 1936 and 27 420 by 1970. After German rule ended in 1914, South West Africa was placed under South African administration. The military orchestra of the Schutztruppe (colonial protection force) dominated the musical scene until 1914. From 1907 onwards, the military population of Windhoek was gradually replaced by a civilian community. Because the Windhoek community consisted mostly of German speaking members, the musical activities were dominated by Germans until the Second World War. After the war, other language groups became more involved. The Mannergesangverein (male choir) was founded in 1907 and played an active role in Windhoek's musical life until 1971, except during the Second World War. The Church Choir of the German Evangelical Lutheran Church was started in 1910 for the inauguration of the Christuskirche. The choir regularly took part in performances in the church, the so-called Motetten (sacred evening concerts) until the early fifties. Over the years, the Christuskirche formed the centre of Church Music in Windhoek. An orchestra, the Windhuker Musikfreunde, was started in 1920 and dominated the city's musical scene until 1939. The male choir, church choir and the orchestra were led by Hans MUller. He was also organist at the Christuskirche and made the greatest single contribution to music in Windhoek before the Second World War. After the Second World War, music in the city was dominated by the Windhoek Symphony Orchestra under Willi Frewer. From 1956, Ernst Scherer contributed much to music in Windhoek with his choirs, which gave regular choir performances and took part in operas and operettas until 1971. Before the Second World War, the Windhuk Trio, which existed from 1921 'to 1936, and the Frewer, Kehrmann and Hatterscheidt trio, which existed from 1935 to 1937, contributed much towards the furthering of chamber music in Windhoek. After the war, between 1953 and 1970, a contribution to the city's musical life was made by the Windhoek String Quartet. The range and number of musical presentations increased yearly, but these were given mostly by amateur musicians, people who actually followed a different profession, and only practised their love of music in their spare time. Here the initiative was taken by individuals like Hans Muller and Willi Frewer. There were no state-subsidized musical presentations before the establishement of the South West African Performing Arts Council (SWAPAC), or before the exisence of the State Conservatoire. The SA Arts Association (Windhoek branch) did subsidize musical concerts, but the objective was not so much the promotion of local talent as the presentation of musicians from overseas. Music lessons were given privately and the three oldest schools offered little more than singing until 1960, when piano lessons were officially introduced into government schools. The Deutsche Hohere Privatschule always had a school choir and orchestra, and pupils regularly gave concerts. To a lesser extent, the Convent of the Holy Cross also held concerts, but it did enter pupils for the Trinity College exams. Windhoek High School offered little in the field of music before 1960 when piano lessons were introduced during school-time. Music was offered as a school subject from 1962. Every second year from 1928, with a few exceptions, an Eisteddfod was held in Windhoek. Musicians from South Africa and overseas have visited Windhoek since 1899. At first these visits were rare, and the artists organised and presented concerts on their own initiative and at their own cost. With the increase in air travel in the fifties, visits from artists became more frequent. After organisations such as the Arts Association and SWAPAC began sponsoring concerts, Windhoek enjoyed regular visits from South African and foreign artists. Sacred music was performed in the Christuskirche, while secular music was performed in the halls of hotels, clubs, and schools until the Arts Theatre was opened on 3 October 1960. Prolonged clashes wi th the United Nations Organisation, and periods of political uncertainty strongly influenced Windhoek's musical life. It is perhaps for this reason that musicians came and went throughout the years and that very few decided to settle in Windhoek. This was one of the major problems of the Windhoek Symphony Orchestra which was to have been resolved with the foundation of the State Conservatoire in 1971. The following people made a particular contribution to music in Windhoek: Hans Muller (1885-1955), Willi Frewer (1911-1969), Heinrich Voigt (dates unknown), Dr Max Weiss (1901- 1972), Gerald Fainsinger (1914- ), Dr Hans Maske (1927-1976), Ernst Scherer (1925- ), Dr Friedrich Hornburg (1911-1969) and Mrs Ruthilde Hillig.
Afrikaans: Vanaf die hoeksteenlegging op 18 Oktober 1890 van die fort (Alte Feste), die eers te gebou in Windhoek, het die dorp vinnig ontwikkel. Die blanke inwonertal het in 193ó op 4 812 gestaan en in 1970 op 27 420. Die Duitse bewind het in 1914 op 'n end gekom en daarna is Suidwes onder Suid-Afrikaanse beskerming geplaas. Die militêre orkes van die Schutztruppe (koloniale beskermingsmag) het die musieklewe tot 1914 oorheers. Vanaf 1907 het die samestelling van die bevolking van 'n oorwegend militêre, na 'n burgerlike begin verander. Omdat Windhoek se bevolking aanvanklik meesal uit Duitsers bestaan het, is die musieklewe tot die Tweede Wêreldoorlog deur laasgenoemde taalgroep oorheers. Na die oorlog het anderstaliges geleidelik meer betrokke geraak. Die Mannergesangverein (mannekoor) is in 1907 gestig en het, behalwe tydens die Tweede Wêreldoorlog, tot in 1971 'n aktiewe rol in die Windhoekse musieklewe gespeel. Die kerkkoor van die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk is in 1910 spesiaal vir die inwyding van die Christuskirche gestig en het tot in die vroeë vyftigerjare gereeld aan die sogenaamde Motetten (gewyde aandkonserte) deelgeneem. Die Christuskirche het deur die jare die middelpunt van die kerkmusiek in Windhoek gevorm. 'n Orkes, die Windhuker Musikfreunde, is in 1920 gestig en het tot in 1939 die Windhoekse musieklewe oorheers. Hans Muller was die leier van die mannekoor, kerkkoor en orkes. Hy was ook orrelis van die Christuskirche en het tot die Tweede Wêreldoorlog, die grootste bydrae tot die musiek in Windhoek gelewer. Na die Tweede Wêreldoorlog het Willi Frewer as dirigent van die Windhoekse Simfonie-orkes, 'n leidende rol in die Windhoekse musieklewe gespeel. Vanaf 1956 het Ernst Scherer met sy kore 'n groot bydrae tot die openbare beoefening van musiek gelewer. Hy het tot 1971 gereeld kooruitvoerings gehou, en operas en operettes opgevoer. Voor die Tweede Wêreldoorlog het die Windhuk Trio wat van 1921 tot 1936 bestaan het, en die Frewer-, Kehrmann- en Hatterscheidt-trio wat van 1935 tot 1937 bestaan het, veel tot die bevordering van kamermusiek in Windhoek bygedra. Na die oorlog het die Windhoekse Strykkwartet, wat van 1953 tot 1970 bestaan het, 'n belangrike bydrae tot die musieklewe in Windhoek gelewer. Hoewel musiekaanbiedinge deur die jare in hoeveelheid en omvang toegeneem het, het die aksent steeds op amateurmusici geval, dit wil sê persone wat in ander beroepe gestaan het en musiek in hul vrye tyd beoefen het. Die inisiatief het van indiwidue soos Hans Millier en Willi Frewer uitgegaan. Staatsgesubsidieerde musiekaanbiedinge het nie voor die totstandkoming van die Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (SWARUK) en die Staatskonservatorium bestaan nie. Die SA Kunsvereniging (Windhoek tak) het wel musiekkonserte gesubsidieer, maar die doelwit was die invoering van buitelandse musici, en nie soseer die bevordering van plaaslike talent nie. Musiekonderrig het op privaatbasis geskied en in die drie oudste skole is nie veel meer as skoolsang aangebied nie. In 1960 is klavieronderrig amptelik by regeringskole ingestel. Die Deutsche H6here Privatschule het deur die jare altyd 'n skoolkoor en -orkes gehad en het gereeld konserte met die leerlinge gehou. Die Convent of the Holy Cross het in 'n mindere mate ook konserte gehou, maar aktief aan die musiekeksamens van die Trinity College deelgeneem. Die Windhoek Hoêrskool het nie veel voor die sestigerjare op musiekgebied gedoen nie. Vanaf 1960 is klavierlesse in skooltyd gegee en in 1962 is musiek as skoolvak ingestel. Vanaf 1928 is daar, op 'n paar uitsonderings na, elke twee jaar 'n kunswedstryd in Windhoek gehou. Kunstenaars vanuit Suid-Afrika en die buiteland het Windhoek sedert so vroeg as 1899 besoek. Weens Windhoek se geografiese geïsoleerdheid, was dit aanvanklik seldsame gebeurtenisse en die besoekende kw.stenaars het konserte meesal op hul eie inisiatief en koste georganiseer en aangebied. Met die toename in lugverkeer in die jare vyftig het die besoeke toegeneem en sedert organisasies soos die SA Kunsvereniging en SWARUK konserte begin borg het, het Windhoek gereelde besoeke van gaskunstenaars ontvang. Gewyde musiek is in die Christuskirche uitgevoer, terwyl wêreldlike musiek in die sale van hotelle, klubs en skole aangebied is totdat die Kunsteater op 3 Oktober 1960 ingewy is. Die uitgerekte stryd met die Verenigde Volkere-Organisasie en tydperke van politieke onsekerheid het ook 'n sterk invloed op Windhoek se musieklewe gehad. Dit is waarskynlik om hierdie rede dat musici deur die jare gekom en gegaan het, maar min 'hulle vir In lang tyd in Windhoek gevestig het. Dit was een van die groot probleme waarmee die Windhoekse Simfonie-orkes deur die jare te kampe gehad het en wat veronderstel was om opgelos te word met die stigting van die Staatskonservatorium in 1971. Die volgende persone het 'n besondere bydrae tot die musiek in Windhoek gelewer: Hans Muller (1885-1955), Willi Frewer (1911-1969), Heinrich Voigt (da~ums onbekend) I dr Max Weiss (1901-1972) I Gerald Fainsi~qer (1914- ), dr Hans Maske(1927-1976), Ernst Scherer (1925- )I dr Friedrich Hornburg (1911-1969) en mev Ruthilde Hillig.
Description
Keywords
Dissertation (M.Mus.) - University of the Free State, 1982, Windhoek
Citation