Die verband tussen doelwitgerigtheid, motivering en akademiese prestasie by universiteitstudente

Loading...
Thumbnail Image
Date
1992-11
Authors
Smit, Magda Maria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Naskoolse opleiding word steeds duurder en akademiese mislukking op tersiere vlak raak op finansiele terrein vir die R.S.A.- belastingbetaler en vir die onsuksesvolle student onbekostigbaar. Buiten die finansiele implikasies het akademiese mislukking ook op persoonlike vlak nadelige implikasies vir die individu (Van Niekerk, 1967). Verskeie navorsers het reeds die belangrike invloed van die mens se vermoens, motivering, belangstelling, persoonlikheid en skolastiese prestasie vir akademiese prestasie op tersiere vlak ondersoek. Dit gebeur egter steeds dat 'n aantal studente wat aan die hand van hierdie faktore as potensieel suksesvolle studente geidentifiseer onsuksesvol is in hul studies (Haumann, 1990; Moller, 1968; Niebuhr, 1985). 'n Verdere oorweging vir hierdie studie is die tendens dat die konatiewe komponent van die mens hedendaags in die Westerse sielkunde verwaarloos word. In die Oosblok lande word die wil van die mens as 'n persoonlikheidseienskap beskou en in alle dimensies van die mens verreken (Selivanov, 1982). Na aanleiding van bogenoemde is besluit om ondersoek in te stel na die verband tussen doelwitgerigtheid, motivering en akademiese prestasie. So 'n bevinding sou dan as vertrekpunt kan dien vir verdere navorsing insake die wilsprosesse van die mens. Ten einde die navorsing teoreties te begrond, is die konatiewe teorie van Assagioli (1984) in hoofstuk 2 weergegee. Assagioli beskryf die wil van die mens aan die hand van drie kategoriee, naamlik aspekte (fasette van die wil), kwaliteite (wyses waarop die wil uitgedruk word) en fases (die wil as 'n proses). Die aspekte en kwaliteite van die wil is abstrakte begrippe wat empiriese verifikasie bemoeilik. Die fases van die wil is wel empiries meetbaar. Volgens Assagioli kan die wilsfases beskou word as 'n aaneengeskakelde ketting, waar die die ketting dan net so sterk is as sy swakste skakel. In hierdie navorsingsprojek is die eerste fase van enige wilsaksie, naamlik doelwitgerigtheid en motivering ondersoek. Assagioli (1984) bespreek in sy teorie van die konatiewe die wil as !n geheel en hy brei nie uit op doelwitgerigtheid en motivering nie. Doelwitgerigtheid en motivering is egter elk 'n onderwerp in eie reg binne die veld van die sielkunde. Vir navorsingsdoeleindes is doelwitgerigtheid dus in hoofstuk 3 bespreek en motivering in hoofstuk 4. Die navorser se ondersoekgroep was universiteitstudente wat akademiese prestasie as 'n tersaaklike en empiries verifieerbare prestasiegebied tot gevolg gehad het. Aangesien die ondersoek in twee fases verloop het, naamlik - die eerste fase waartydens die Studenteontwikkelingstaak- en Lewensstylvraelys se betroubaarheid ondersoek is en die tweede fase waarin die moontlike verbande tussen doelwitgerigtheid, motivering en akademiese prestasie ondersoek is, het die navorser dit wenslik geag om twee ondersoekgroepe te betrek. Ten opsigte van die eerste fase is 'n groep van 672 eerstejaarstudente aan die UOVS ewekansig getrek wat almal die Studenteontwikkelingstaak- en Lewensstylvraelys ingevul het. Gedurende die tweede fase van die ondersoek is 70 sielkunde-studente vanuit die totale groep tweedejaar sielkunde-studente ewekansig getrek. Kursuskeuse as moontlike steuringsverandelike is beheer deur slegs van tweedejaar sielkundestudente gebruik te rnaak. Doelwitgerigtheid en behulp van die motlvering is onderskeidelik met Studenteontwikkelingstaak en Lewensstylvraelys en die Prenternotiveringstoetse gemeet. Die betroubaarheid van die Studenteontwikkelingstaak- en Lewensstylvraelys is met behulp van Cronbach se alfakoeffisient ondersoek, aangesien hierdie vraelys nog nie vir Suid-Afrikaanse toestande gestandardlseer is nie. In hierdie studie is die berekende Cronbach alfakoëffisient vir die bogenoernde vraelys in sy geheel 0,80 wat daarop dui dat daar sterk itemhomogeniteit in hierdie meetinstrument aanwesig is. Die subskaal "Vestiging en verheldering van doelwitte" se berekende alfa-koeffisient is 0,81 wat dit bruikbaar gemaak het vir die doeleindes van hierdie studie. 'n Betekenisvolle korrelasiekoeffisient (p ≤ 0,05) is tussen doelwitgerigtheid ("Vestiging en verheldering van doelwitte"-subskaal van die Studenteontwikkelingstaak- en Lewensstylvraelys) en motivering ( "Skolastiese prestasie"-subskaal van die Prentemotiveringstoetse) verkry. Die korrelasiekoeffisient tussen akademiese prestasie en doelwitgerigtheid en die korrelasiekoeffisient tussen akademiese prestasie en motivering was nie beduidend nie. Die navorsingsresultate van hierdie studie bevind 'n verband tussen doelwitgerigtheid en motivering wat Assagioli se samevoeging van hierdie komponente binne een wilsfase ondersteun. Vorige navorsing het wel beduidende verbande tussen akademiese prestasie en motivering asook tussen akademiese prestasie en doelwitgerigtheid gevind. Die oënskynlike teenstrydige bevindinge van hierdie navorser word in hoofstuk 6 bespreek.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1992, Goals, Motivation, Academic achievement, University students
Citation