Die rol van kreatiwiteit en eksperimentele klastegnieke in die musikale ontwikkeling van die hedendaagse skoolkind

Loading...
Thumbnail Image
Date
1984-01
Authors
Koortzen, Anna Cecilia Maria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die inhoud van hierdie verhandeling gee 'n algemene oorsig oor die historiese agtergrond en totstandkoming van eksperimentele musiek soos deur baanbrekers o.a. Kodaly, Grff, Schafer, Paynter, Brian, Dennis en andere begin en ontgin is. Die waarde van kreatiewe eksperimentele musiek op etiese en sosiale vlak vir die kind, vanaf voorskoolse vlak tot aan die einde van sy skoolloopbaan, en die rol van die opvoedkundige word deeglik ondersoek en bespreek. Verder word 'n oorsig en uiteensetting van die totstandkoming van die nuwe verantwoorde en toepaslike notasiesisteem bespreek - soos van toepassing in die klasmusieksituasie. Die daarstelling en opstelling van partiture, grafieke, getalle, sketse en dirigeermetodes word bespreek. Vokale improvisasies, ontwikkeling van konsepte en die skep van melodieë, klank improvisasies t.o.v. vokale klanke en woordimprovisasies, word bespreek en uiteengesit. Ten opsigte van instrumentale improvisasies word tegniese vaardighede wat ontwikkel word, vervaardiging van instrumente, wenke vir die stimulering van instrumentale improvisasie en.die gebruik van notasie en partiture bespreek. Ten opsigte van kreatiewe bewegingsleer word 'n kort samevatting van die basiese beweging, faktore wat bewegings beheer en idees vir kreatiewe beweging deur waarneming, konsepte, woorde, gedigte, kuns, ens. bespreek. So - ook word speletjies om kreatiwiteit te stimuleer wat o.a. instrumentale gesprekke, materiaalsimfonie, middernag in 'n speelgoedwinkel, klankprente, ens. ingesluit. Ten slotte word projekte en kreatiewe beluistering oor die godsdiens, geskiedenis, aardrykskunde, omgewingsfaktore, die wetenskap, kunste, etniese groepe en kontemporêre tegnieke bespreek.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Music))--University of the Free State, 1984, Creativity, Creative thinking
Citation