A therapeutic approach for victims of non-battering marital rape

Loading...
Thumbnail Image
Date
1998-05
Authors
Coetzee, Wilna A.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In general there exists a misconception that marital rape is always associated with battering. The importance of non-battering marital rape involving minimal physical force, and usually initiated by sexual conflict, can be overlooked, as most information (In marital rape stems from studies on wife battering. Non-battering marital rape is often regarded as a less damaging type of marital rape and fewer victims are likely to be identified. These women may be trapped in damaging relationships for years and their mental health may suffer as a result. The objective of the study was to explore and describe the life world of victims of non-battering marital rape. The data was used to generate a therapeutic approach for victims of non-battering marital rape in order to improve their mental health. This qualitative, explorative, descriptive and contextual research was conducted in two phases. During phase one the life world of 17 victims of non-battering marital rape was explored and described within multiple case studies. The data was analysed accordinq to the methods of Tesch and Giorgi. A cross validation report indicating categories, subcategories and related themes, reflected the life world of non-battering rnarital rape victims, and indicated how the bio-psychosocial functioning of the victims was affected by non-battering marital rape. A literature control enhanced the trustworthiness of the results by a comparison of the results of the study with the theory in literature. Phase two of the research constituted the generation of a therapeutic approach for victims of non-battering marital rape within a multimodal perspective. The approach generated during the second phase focussed on improving the biopsychosocial functioning of the victim of non-battering marital rape by describing different therapeutic intervensions. If the bio-psychosocial functioning of the victim can be improved, her quality of life should improve and she should be able to function more effectively in the community. This research contributed to a better understanding of the life world of victims of non-battering marital and the therapeutic approach from which they could benefit. It was recommended that non-battering marital rape should form part of the frame of reference of health care workers by means of education. This would result in more victims of non-battering marital rape being identified and thus involved in therapeutic intervention.
Afrikaans: Daar bestaan in die algemeen 'n wanopvatting dat verkragting binne die huwelik altyd met aanranding geassosieer word. Aangesien die meeste inligting oor verkragting binne die huwelik van studies oor vrouegeweld afkomstig is, kan die belangrikheid van rlÏe-gewelddadige verkragting binne die huwelik wat minimale fisieke geweld behels en gewoonlik deur seksuele konflik geïnisieer word, oor die hoof gesien word. Nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik word dikwels as 'n mider skadelike tipe verkragting beskou, gevolglik kan minder slagoffers geïdentifiseer word. Hierdie vroue kan vir jare vasgevang wees in skadelike verhoudings en hul geestesgesondheid kan gevolglik daaronder ly. Die doel van die studie was om die leefwêreld van die slagoffer van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik te verken en te beskryf. Die data is aangewend om 'n terapeutiese benadering vir slagoffers van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik te genereer om sodoende hul geestesgesondheid te bevorder. Hierdie kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsing is in twee fases gedoen. Gedurende fase een is die leefwêreld van 17 slagoffers van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik in veelvoudige gevallestudies verken en beskryf. Die data is ge-analiseer volgens die metodes van Tesch en Giorgi. 'n Kruisvalideringsverslag wat die kategorieë, subkategorieë en verbandhoudende temas aandui, het die leefwêreld van die slagoffer van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik gereflekteer en aangedui in hoe 'n mate die bio-psigososiale funksionering van die slagoffers deur sodanige verkragting beïnvloed is. 'n Literatuurstudie het die vertrouenswaardiqheid van die resultate bevorder deur die vergelyking van resultate van die studie met die teorie in die literatuur. Fase twee van die navorsing het die generering van 'n terapeutiese benadering vir slagoffers van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik binne 'n multimodale perspektief behels. Die benadering wat tydens die tweede fase gegenereer is, het gefokus op die bevordering van die bio-psigososiale funksionering van die slagoffers van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik met behulp van die beskrywing van verskillende terapeutiese intervensies. Deur middel van die bevordering van die biopsigososiale funksionering van die slagoffer van, behoort haar lewe te verbeter en behoort sy meer effektief in die gemeenskap te funksioneer. Die navorsing het bygedra tot 'n beter begrip van die leefwêreld van slagoffers van nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik en die terapeuties benadering waarby hulle kon baat. Daar is aanbeveel dat nie-gewelddadige verkragting binne die huwelik deel van die verwysingsraamwerk van gesondheidsorgwerkers behoort te vorm deur middel van opleiding. Die resultaat sal wees dat meer slagoffers van nie-gewelddadige verkraqtinq binne die huwelik geïdentifiseer en gevolglik by terapeutiese intervensie betrek sal word.
Description
Keywords
Rape in marriage -- South Africa, Abused wives -- South Africa, Therapeutics, Thesis (D.Phil. (Clinical Psychology)) - University of the Free State, 1998
Citation