The use of information and communication technologies and resilience in adolescence

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015-01
Authors
Theron, Francois Hugo
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: There has been an exponential uptake of information and communication technology (ICT) in the past decade. The majority of empirical research focuses on the possible adverse effects of this escalating ICT use on adolescent development. Few studies investigate any benefits of ICTs for adolescents. This study looks at the effect of frequency of ICT use on adolescent resilience, by examining its effect on social involvement, intrapersonal functioning and emotional regulation in adolescence. Gender and age-related differences are also studied. A criterion cohort design was used to gather data in two waves on a stratified, random sample of 1000 adolescents (across diverse demographic assemblages) from ten Free State high schools. Mean ages ranged from 13.9 years for Wave 1 to 16.4 years for Wave 2. A biographical questionnaire was used to gather information about age, gender and frequency of ICT use. The Behavioural and Emotional Rating Scale (BERS2) (Epstein & Sharma, 1998), and the Resiliency Scales for Children and Adolescents (RCSA) (Prince-Embury, 2006) were used to obtain strengths and resilience data. Participants were grouped into four groups based on their daily ICT use: a group with no use, two groups with moderate ICT use, and a group with excessive ICT use. The relationship between different variables in both cohorts was statistically analysed to determine the effects of gender, and the number of hours of daily ICT use, on participants’ social involvement, intrapersonal functioning, and emotional regulation. Most participants in Wave 1 (56%) and Wave 2 (83%) used ICTs moderately, with a smaller number of adolescents reporting excessive daily use (Wave 1 = 23%; Wave 2 = 16%). No ICT usage decreased drastically (21% to 0.23%) from Wave 1 to 2. More girls than boys (24% compared to 16%) didn’t use ICTs daily in Wave 1, whilst the proportion of boys and girls in all other ICT use groups of Wave 1 and 2 were remarkably similar. In Wave 1, sense of relatedness scores and hours of ICT use per day differed significantly (F=7.465; p=0.000). Group differences were found between the non-users and both moderate ICT user groups, as well as between the more than 0 to 3 hours per day ICT use group and excessive ICT users. The moderate user group’s sense of relatedness scores were the highest of all user groups, and the excessive user group’s scores were the lowest. Younger adolescents with dissimilar frequencies of ICT use significantly differed in terms of their emotional reactivity (F=6.811; p=0.000). Specific differences were found between the group that used ICTs more than 0 to 3 hours per day (lowest emotional reactivity scores) and the excessive ICT use group (highest emotional reactivity scores), with high emotional reactivity indicative of low emotional regulation. In Wave 1 and 2 there were significant differences between adolescent boys’ and girls’ intrapersonal strengths (Wave 1: F=5.847; p=0.016 and Wave 2: F=9.587; p=0.002), with females recording higher intrapersonal strength scores in Wave 1, and males in Wave 2. Wave 2 females and males differed significantly (F=6.103; p=0.014) on interpersonal strength scores, with older adolescent boys reporting higher interpersonal strengths than older adolescent girls. Older adolescents with different daily ICT usage, differed significantly on sense of mastery scores (F=4.666; p=0.010), with specific differences between the two moderate ICT user groups (with the more than 3 hours to 6 hours group reporting the highest sense of mastery scores). The older cohort’s girls reported significantly lower affective strength scores than the older boys. The results from this, the first large quantitative study of its kind in South Africa, contribute to the body of empirical work on ICT use and adolescent resilience. The findings can inform adolescent caregivers about the significant effect between moderate ICT use and optimal adolescent resilience, as well as possible detrimental effects of excessive use.
Afrikaans: Daar is ‘n eksponensiële toename in informasie en kommunikasie tegnologie (IKT) gebruik oor die laaste dekade. Die meerderheid van empiriese navorsing fokus op die moontlike nadelige uitwerking van hierdie toename op adolessente ontwikkeling. Min studies ondersoek die moontlike positiewe effekte van IKT by adolessente. Hierdie studie kyk na die uitwerking van die frekwensie van IKT gebruik op adolessente veerkragtigheid, deur die effek op sosiale betrokkenheid, intrapersoonlike funksionering en emosionele regulering in adolessensie te bestudeer. Geslags- en ouderdomsverskille word ook bestudeer. ‘n Kriterium kohort metodologie is gebruik om data in twee insamelingspunte op ‘n gestratifiseerde, ewekansige steekproef van 1000 adolessente (vanuit diverse demografiese afkomste) van tien Vrystaatse skole in te vorder. Hulle gemiddelde ouderdomme strek van 13.9 jaar vir insamelingspunt 1 (W1) tot 16.4 jaar vir insamelingspunt 2 (W2). ‘n Biografiese vraelys is gebruik om inligting oor ouderdom, geslag en frekwensie van IKT gebruik in te vorder. Die Gedrags- en Emosionele Beoordelingskaal (Behavioral and Emotional Rating Scale – BERS2) (Epstein & Sharma, 1998), en die Veerkragtigheidskaal vir Kinders en Adolessente (Resiliency Scales for Children and Adolescents – RSCA) (Prince-Embury, 2006) is gebruik vir datainvordering. Studiedeelnemers is opgedeel in vier groepe, gebaseer op hulle daaglikse IKT gebruik: ‘n groep met geen gebruik, twee groepe met matige gebruik, en ‘n groep vir oormatige IKT gebruik. Die verhouding tussen verskillende veranderlikes in beide kohorte was statisties ontleed om die effekte van geslag, en die aantal ure daaglikse IKT gebruik, op studiedeelnemers se sosiale betrokkenheid, intrapersoonlike funksionering en emosionele regulering te bepaal. Die meeste studiedeelnemers in W1 (56%) en W2 (83%) het IKT matig gebruik, met slegs ‘n klein hoeveelheid adolessente wat oormatige gebruik gerapporteer het. Geen IKT gebruik het drasties afgeneem (21% tot 0.23%) van W1 tot W2. Meer meisies as seuns (24% teenoor 16%) in W1 het geen IKT per dag gebruik nie, terwyl die verhouding van seuns en dogters in alle ander IKT gebruiksgroepe van beide W1 en W2 merkwaardig eenders was. In W1 het gevoel van verwantskap en ure IKT gebruik per dag statisties beduidend verskil (F=7.465; p=0.000). Groepsverskille is gevind tussen die geen gebruiksgroep en beide die matige gebruiksgroepe, sowel as tussen die meer as 0 ure tot 3 ure IKT gebruiksgroep en die oormatige IKT gebruikers. Die matige gebruikers se gevoel van verwantskap telling was die hoogste van al die gebruiksgroepe, en die oormatige gebruiksgroep se telling die laagste. Jonger adolessente met verskillende IKT gebruiksfrekwensies verskil beduidend in terme van hul emosionele reaktiwiteit (F=6.811; p=0.000). Spesifieke verskille is gevind tussen die meer as 0 tot 3 ure IKT gebruiksgroep (laagste emosionele reaktiwiteit telling) en die oormatige gebruiksgroep (hoogste emosionele reaktiwiteit telling), met ‘n hoë emosionele reaktiwiteit telling kenmerkend van lae emosionele regulering. In die jonger en ouer kohorte was daar betekenisvolle verskille tussen die seuns en die dogters se intrapersoonlike sterkte tellings (W1: F=5.847; p=0.016 en W2: F=9.587; p=0.002), met die meisies wat die hoër intrapersoonlike sterkte telling aanteken in W1, en die seuns in W2. W2 meisies en seuns verskil betekenisvol in terme van hulle interpersoonlike sterkte telling (F=6.103; p=0.014), met die ouer seuns wat hoër interpersoonlike sterkte rapporteer as die meisies. Ouer kohort adolessente met verskillende daaglikse IKT gebruik, verskil betekenisvol met betrekking tot gevoel van bemeestering tellings (F=4.666); p=0.010), met spesifieke verskille tussen die twee matige IKT gebruiksgroepe (met die hoogste gevoel van bemeestering telling te vinde by die meer as 3 tot 6 ure gebruiksgroep). Die ouer adolessente meisies rapporteer statisties beduidend laer affektiewe sterkte tellings as die ouer seuns. Die resultate van hierdie, die eerste uitgebreide kwantitatiewe studie van sy soort in Suid-Afrika, lewer ‘n waardevolle bydrae tot die bestaande volume empiriese werk oor IKT gebruik en adolessente veerkragtigheid. Die bevindinge kan versorgers van adolessente inlig oor die beduidende effek tussen matige IKT gebruik en optimale adolessente veerkragtigheid, asook oor die moontlike nadelige gevolge van oormatige gebruik.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Child Psychology))--University of the Free State, 2015, Adolescence, Information and communication technology (ICT), Resilience, Social involvement, Intrapersonal functioning, Emotional regulation, South Africa, Gender
Citation