Die onvoltooide sendingtaak onder die bruin en swart inwoners van die Gamtoosvallei

Loading...
Thumbnail Image
Date
1991-11
Authors
Slabbert, Deon Lotter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Hoofstuk 1 bied ‘n omlyning van die sendingtaak in die Gamtoosvallei veral vanuit ‘n gemeeenteperspektief. God se sending – sy bediening deur sy Seun, word deur sy kerkvoorgesit en is die roeping van elke Christen. Die taak van veral die bedienaar van die Woord word aangedui vauit die Skrif en verskillende kerklike bepalinge, reglemente en formuliere. Dit kom na vore dat die bediening van die evagelie van die koninkryk te doen het met die opbou én uitbou van die gemeente. Vir die onvoltooide sendingtaak moet die kerk hom veral rig tot die nie-Christene. Die evagelie het nie net met die mens se geestelike nood te doen nie, maar met die hele mens in sy totale nood. In hoofstuk 2 word ‘n geografiese en historiese profiel geteken om aan te dui waar die Hankey-landdrosdistrik met die Gamtoosvallei as grootste deel daarvan, geleë is, wie daar woon, hoe die vroeë bewoners geleef het en veral hoe die landboubedryf ontstaan het met al die probleme daarmee gepaard gaande. Die geskiedenis van verskeie instansies soos die koöperasies, Pretoria Portland Cement naby Kleinfontein met sy kabelweg, bosbouplantasies by Longmore en Otterford en die Landelike Stigting in die Gamtoosvallei, word kortliks weergegee. Verder word die ontstaansgeskiedenis van verskeie belangrike kerke onder die Bruin en Swart inwoners ook bespreek. Wat in die verband uitstaan, is die vroeë vestiging en werk van die Londense sendingnenootskap te Hankey. Hoofstuk 3 wys op die sosio-ekonomiese omstandighede van die Bruin en Swart inwoners van die Gamtoosvallei as teikengroup van die navorsing. Uit statistiek word die verspreiding van die inwoners aangedui en is onder andere bepaal dat die teikengroup deel is van die 89% Bruin- en Swartmense wat verreweg die meeste van die totale aantal inwoners van die distrik uitmaak. Die omstandighede van die plaas- en dorpbewoners word ook uitgewys sowel as die belangrike werkgewers waarvan die landboubedryf die belangrikste is. Die Landelike Stigting se werksaamhede tussen 1985 en 1990 word ook uitgewys. In hoofstuk 4 word die werksaamhede van belangrike kerke onder die Bruin- en Swartmense bespreek. Daar word ook gewys op die rol van geestelike werkers en die godsdienstige versorging van gevangenes. Laastens word faktore aangedui wat die geestelike werk in die Gamtoosvallei nadelig beïnvloed. Hoofstuk 5 wil 'n missionêre bedieningstrategie vir die toekoms bied. Verskillende groepe mense binne en buite gemeenteverband moet met die evangelie bereik word. Vir 'n omvattende bedieningstrategie moet verskeie middele, metodes en riglyne aangewend en toegepas word om verskillende lewensterreine aan te spreek en te heilig. Op die godsdienstige terrein word die rol van die Ned Geref Kerk-familie in die Gamtoosvallei bespreek, hoe daar ekumenies saamgewerk kan word, hoe 'n bedieningstrategie binne gemeenteverband toegepas kan word en die rol wat evangeliseringsaksies saam met lektuurverspreiding en Christen werkgewers in die landboubedryf kan speel. Wat die opvoedkundige terrein betref, word sake bespreek soos plaas - en dorpskole, 'n program vir die opleiding van ongeletterdes en die aanleer van Xhosa deur geestelike werkers en bedienaars van die Woord. Op die sosiaal-maatskaplike terrein word gewys op behuising, lone, sport- en ontspanningfasiliteite, die rol van die Christen boervrou, die bestryding van maatskaplike euwels, werkloosheid en armoede asook 'n algemene gemeenskapsontwikkeling, laasgenoemde as voortbouing op die werk van die Landelike Stigting. Ten slotte word gewys op die Christene se roeping in die toekomstige sendingtaak. Dit is belangrik dat Christene van hul geloof in God sal getuig, op Hom sal hoop en Hom sal liefhê, maar ook sal bid vir die voltooiing van die sendingtaak onder die Bruin- en Swart inwoners van die Gamtoosvallei.
Description
Keywords
Missions -- South Africa -- Gamtoos Valley, Dissertation (M.Th.) - University of the Free State, 1991
Citation