'n Kritiese evaluering van die teorie en taksering van kognitiewe ontwikkeling volgens W. G. Perry

Loading...
Thumbnail Image
Date
1990-07
Authors
Nel, Helena Dorothea
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In 'n literatuuroorsig word tot die gevolgtrekking gekom dat resente kri hek met betrekking tot Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling die toereikendheid van formele operasies as die hoogste vlak van kognitiewe ontwikkeling ernstig in twyfel trek. Deur formele logika as die eindpunt van kognitiewe ontwikkeling te beskou, word onvoldoende erkenning aan die relativistiese aard van die werklikheid verleen, is die individu nie toegerus om progressiewe sin te maak uit die talle teenstrydighede wat hom omring nie en kan hy nie konkrete en subjektiewe ervarings prosesseer of 'n verbintenis tot 'n persoonlike perspektief maak nie. Alhoewel die Perry-skema van kognitiewe en etiese ontwikkeling blykbaar aan bogenoemde vereistes voldoen, is taksering van ontwikkeling volgens dié skema twee dekades né die bekendstelling daarvan, steeds 'n probleem. Voordat daar ernstige aandag gegee kan word aan die ontwikkeling van 'n meetinstrument is ditegter nodig om die eiesoortige vereistes wat dié skema stel, te ondersoek. Ten grondslag van die skema veronderstel Perry oënskynlik 'n relativistiese wêreldbeskouing, maar spreek homself nooit uit oor die implikasies wat dit vir sy skema of ontwikkelingsielkunde oor die algemeen inhou nie. Teenstrydighede vorm ook 'n sentrale tema binne dié skema, maar weer eens spreek Perry homself nie uitoor die verhouding tussen die Perry-skema en 'n dialektiese benaderingswyse nie. Wanneer daar vanuit die oogpunte van die dialektiek en relativisme krities na die skema gekyk word, word die volgende duidelik: - Die Perry-skema verreken tot 'n groot mate die vereistes wat 'n relativisties-dialektiese benaderingswyse met betrekking tot wedersydse beïnvloeding tussen die individu en sy omgewing stel. - Ontwikkeling soos deur die Perry-skema beskryf word, kan in terme van 'n relativisties-dialektiese benaderingswyse as beweging deur die tyd-ruimte-kontinuum gekonseptualiseer word. - Die Perry-skema voldoen egter nie aan die vereistes wat In relativisties-dialektiese benaderingswyse met betrekking tot nie-absolute tyd en ruimte stel nie. Veral deur sy gebruik van 'n lineêre ontwikkelingskaart skep Perryonvermydelik die indruk van absolute tyd en ruimte. Een van die gevolge van hierdie praktyk is dat daar toenemend meer uitsonderingsreëls geformuleer moet word om verskillende waarnemings te akkommodeer. Die inkonsekwentheid wat dit tot gevolg het, is duidelik: Die student moet leer om die relatiewe aard van die werklikheid te ontdek, maar sy ontwikkeling is absoluut - 'n vordering van links na regs deur nege posisies. - Perry se voorgestelde oplossing - 'n ontwikkelingsmetafoor in die vorm van 'n wyerwordende spiraal met die nodige horisontale decalage - sal waarskynlik slegs die skema meer gekompliseerd maak sonder dat dit enige probleem saloplos omdat die basiese onaanvaarbare beginsels van absolute tyd en ruimte behou word. Met betrekking tot taksering van die Perry-skema lyk dit asof 'n meetinstrument en meting (wat volgens huidige definisies staties en absolutisties is) onversoenbaar is met die aard van 'n relativisties-dialektiese benaderingswyse en eerder van die behoeftes van die navorsers moet voldoen as wat dit deur die aard van die ontwikkelingsteorie genoodsaak word. Dit kom voor of die werklike behoeftes in verband met ontwikkelingsielkundige navorsing geleë is in die ontwikkeling van 'n metode waardeur verskillende tyd-ruimte-intervalle met mekaar in verband gebring kan word en die geografie van die tyd-ruimte-kontinuum ontleed kan word. Dit het dus nodig geword dat ontwikkelingsielkundiges moet wegbeweeg van 'n metodologie waarmee gepoog word om 'n relativistiese werklikheid op absolute wyse te bestudeer.
Description
Keywords
Personality and culture, Interpersonal relations, Group counseling, Students -- Psychology, Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1990
Citation