Die sosiaal-kritiese funksie van die Marxistiese godsdiensfilosofie met verwysing na die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde

Loading...
Thumbnail Image
Date
1989-10
Authors
Pelser, Andre Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Ten grondslag aan die beweerde krisis waarin die Marxisme sou verkeer, lê die vraag of die Marxistiese teorie nog hoegenaamd enige relevansie en aktualiteit vir hedendaagse samelewings inhou. Teen die agtergrond van dié proefskrif geargumenteer dat hierdie problematiek die Marxistiese teorie word met veral nog 'n een van sy aspekte, naamlik sy godsdiensfilosofie, relevant en aktueel is - ook vir die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde. Met die konstruering van 'n kritiek op die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde aan die hand van die Marxistiese godsdiensfilosofie, illustreer die studie die hedendaagse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie. Vir dié doel word die Swart Teologie van Allan Boesak histories-vergelykend betrek om die relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie vir Suid-Afrika te illustreer en uit te wys. Ofskoon die studiemetode hoofsaaklik tot In literatuurverkenning en -vergelyking beperk IS, word dit ook deur 'n krities-verkennende, -vergelykende en dokumentêr-historiese metodiek onderlê. Dit blyk uit die klassieke godsdiensfilosofie van Karl Marx dat dit nie vir hom bloot om kritiek op godsdiens per se gaan nie. Sy godsdienskritiek impiliseer vir Marx bowenal ook 'n samelewingskritiek. Meer spesifiek het Marx dit teen die polities-Iegitimerende karakter van godsdiens, en gepaardgaande daarmee godsdiens se tempering en onderdompel ing van enige revolusionêre bewussyn. Teenoor die ortodokse Marx se oënskynIike skerp afwysing van godsdiens verteenwoordig die neo-Marxiste, Ernst Bloeh, Roger Garaudy en Milan Machovee, 'n kennelike verandering in die verhouding tussen die Christendom en die Marxisme. Meer spesifiek hang die toenadering van die neo-Marxisme tot godsdiens saam met 'n uitgesproke waardering vir die lewe en werk van Christus, asook vir die sosiaal- revolusionêre potensiaal van godsdiens. Bloeh, Garaudy en Machovee verleen 'n vars betekenis aan die klassieke godsdiensfilosofie in 'n poging om godsdiens se potensiaal as 'n impetus vir sosio-politieke verandering vas te lê. Die bewerking van Marxistiese impulse meer die aanloop tot 'n illustratiewe in Swart Teologie vorm onder uitwysing van die eietydse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie. Swart Teologie ontleen sy analitiese en konseptuele apparatuur aan die Marxistiese teorie. Van groot waarde veral is die praxis-ondertoon 'n die Marxistiese teorie en die Marxistiese opvatting van die mens as 'n kreatiewe historiese subjek. Vanuit hierdie kader betoog Boesak dat die CaIvinisme in Suid-Afrika tot 'n Wit Teologie verskraaI is, dit wiI sê tot 'n ideologie wat die bevoorregte politieke en ekonomiese posisie van die blankes regverdig en die apartheidsbeleid Skriftuurlik legitimeer. Dit blyk uit die konstruksie van 'n kritiek op die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde dat Boesak en ook ander kritiese teoloë of bewustelik of onbewustelik van aksente eie aan die Marxistiese godsdiensfilosofie gebruik maak om hul teologiese standpunte te formuleer en hul teenstand teen apartheid te verwoord. Soos in die geval van die Marxistiese godsdiensfilosofie, loop ook Boesak se godsdiensfilosofie oor 'n politieke program van aksie. Meer nog, deur die bewerking van die Marxistiese godsdiensfilosofiese impulse in sy eie teologiese stellingname iIlustreer Boesak impilisiet die eietydse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie as 'n kritiek op die bestaande sosio-politieke werklikheid. Hierby het vier verdere temas in besonder as positiewe aspekte van die Marxistiese godsdiensfilosofie in die studie na vore gedring. Die eerste hiervan is dat kritiek op die sosio-politieke werklikheid, en nie op godsdiens as sodanig nie, voorrang by die Marxistiese godsdiensfilosofie geniet. Saam hiermee gaan die tweede bevinding, naamlik dat ateïsme nie die grondslag van die Marxistiese godsdiensfilosofie uitmaak nie, maar dat dit eerder 'n bykomstigheid of gevolg is. In die derde plek is bevind dat die Marxistiese godsdiensfilosofie vanweë sy maatskaplike besorgdheid en politieke bewustheid skerp afwysend staan teenoor tradisionele, pietistiese godsdiensopvattings. Vierdens is tot die slotsom geraak dat die Marxistiese godsdiensfilosofie die wesenlike rol wat die politieke terrein in die ervaringswerklikheid van die mens speel, op die voorgrond plaas.
Description
Keywords
Communism and Christianity, Communism and religion, Marxian school of sociology, Black theology, South Africa -- Religion, Thesis (D.Soc.Sc. (Sociology))--University of the Free State, 1989
Citation