Collective ownership: how parents and schools can maintain discipline within the existing policy framework

Loading...
Thumbnail Image
Date
2017-01
Authors
Davids, Gale Esme
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Informed by a general view of learner misbehaviour and its negative influence and effects on the quality of teaching, this study explores the perceptions of parents concerning discipline in schools in the Mangaung Metropolitan Municipality District. Based on the assumption that discipline is not the sole responsibility of teachers and schools, the aim of this study was to consider how parents and schools can collectively maintain discipline within a policy framework. As such, this study was guided by the question: How can parents and schools collectively maintain discipline, within the context of the existing policy framework? Framed within an Interpretivist paradigm and informed by a qualitative approach, several key findings derived from this study. Firstly, a review of literature on democracy and values emphasised the important role of education to provide learners with the opportunity to embrace a democratic way of life. In this regard, it was noted that South African education should promote the constitutional values of democracy, social justice and equity, equality, non-racism, non-sexism, Ubuntu, an open society, accountability, the rule of law, respect, and reconciliation. However, in order to accomplish a democratic society, it is necessary to create a democratic environment conducive for effective teaching and learning. Such an environment is only possible when teachers, parents and the broader community uphold constitutional values. Secondly, a literature review regarding learner misbehaviour showed that violence are at the heart of learner misbehaviour in most South African schools. Problems of indiscipline due to inter alia, emotional and professional tension, bullying, gangster- related activities, drugs and alcohol not only have a negative effect on teaching and learning, but hold serious implications for the day-to-day functioning of teachers. Teachers are, however, not solely responsible for discipline as parents are co- responsible for the maintenance of school discipline. By upholding the ideals of a school’s code of conduct and through representation on school governing bodies, parents can contribute towards ensuring a safe environment conducive for effective teaching and learning. Thirdly, data generated through six semi-structured interviews with the parents of school-going children revealed that there is a significant relationship between parents’ understanding of their roles and responsibilities to maintain discipline at home, and their role in assisting schools to enhance positive learner behaviour. The findings revealed that parents are indeed of the opinion that they should work together with teachers towards positive learner behaviour. Through the analysis of the data, the concept of collective ownership gradually emerged and it became necessary to explore the existing policy framework which should inform collective ownership for discipline in schools. Fourthly, the analysis of education-related documents foregrounded the policy framework that should inform collective ownership for maintaining discipline in schools. These documents include a spectrum of documents having a direct bearing on education, namely White Paper on Education and Training (1995), Education White Paper 2: The Organisation, Governance and Funding of Schools (1996), the South African Schools Act (1996), the Manifesto on Values, Education and Democracy (2001), Alternatives to Corporal Punishment: The Learning experience (2000), and Examples of a Code of Conduct for a school (2008). Informed by the Constitution of the Republic of South Africa (1996), the underlying principles and values for collective ownership were highlighted. The document analysis indicated that the notion of collective ownership by parents and teachers entails shared decision-making, co- responsibility and co-accountability for maintaining of school discipline - all of which is protected and promoted within a policy framework. Lastly, and in order for parents and teachers to maintain school discipline within the existing policy framework, several suggestions are made. These include the development of sound two-way communication, the nurturing of a culture of parental involvement, the encouragement of parent-teacher partnerships, and the utilisation of the existing policy framework.
Afrikaans: Ingelig deur 'n algemene siening van leerder wangedrag en die negatiewe invloed en uitwerking daarvan op die kwaliteit van onderrig, ondersoek hierdie studie die persepsies van ouers met betrekking tot dissipline in skole in die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteitsdistrik. Gebaseer op die aanname dat dissipline nie die uitsluitlike verantwoordelikheid van onderwysers en skole is nie, was die doel met die studie om te oorweeg hoe ouers en skole gesamentlik dissipline kan handhaaf binne 'n beleidsraamwerk. As sodanig is hierdie studie gelei deur die vraag: Hoe kan ouers en skole gesamentlik dissipline binne die konteks van die bestaande beleidsraamwerk handhaaf? Geraam binne 'n Interpretivistiese paradigma en ingelig deur 'n kwalitatiewe benadering, is verskeie belangrike bevindings in hierdie studie afgelei. Eerstens, beklemtoon 'n oorsig van die literatuur oor demokrasie en waardes die belangrike rol van onderwys om aan leerders die geleentheid te bied om 'n demokratiese leefwyse uit te leef. In hierdie verband is daar opgemerk dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel die grondwetlike waardes van demokrasie moet bevorder, naamlik maatskaplike geregtigheid en regverdigheid, gelykheid, nie-rassigheid, geslagsgelykheid, Ubuntu, 'n oop samelewing, aanspreeklikheid, die oppergesag van die reg, respek, en versoening. Ten einde 'n demokratiese samelewing te kweek, is dit nodig om 'n demokratiese omgewing wat bevorderlik is vir effektiewe onderrig en leer te skep. So ‘n omgewing sal slegs moontlik wees wanneer onderwysers, ouers en die breër gemeenskap grondwetlike waardes handhaaf. In die tweede plek toon die literatuuroorsig dat gevalle van geweld in die meeste Suid- Afrikaanse skole onderliggend tot leerderwangedrag is. Probleme wat ontstaan as gevolg van ʼn gebrek aan dissipline weens onder andere emosionele en professionele spanning, bullebakkery, bendeverwante aktiwiteite, dwelms en alkohol, het nie net 'n negatiewe uitwerking op onderrig en leer nie, maar hou ook ernstige implikasies vir die dag-tot-dag funksionering van onderwysers in. Onderwysers is egter nie alleen verantwoordelik vir dissipline nie, siende dat ouers mede-verantwoordelik is vir die handhawing van skooldissipline. Deur die voorlewing van die ideale van ʼn skool se gedragskode en deur middel van verteenwoordiging op skoolbeheerliggame kan ouers bydra tot die versekering van 'n veilige omgewing wat bevorderlik is vir effektiewe onderrig en leer. Derdens het die data wat met behulp van ses semi-gestruktureerde onderhoude met ouers van skoolgaande kinders gegenereer is, aan die lig gebring dat daar 'n beduidende verband is tussen ouers se begrip van hul rol en verantwoordelikhede om dissipline te handhaaf by die huis, en hul ondersteunende rol aan skole om positiewe leerdergedrag te bevorder. Die bevindinge het getoon dat ouers wel van mening is dat hulle saam met onderwysers moet werk om positiewe leerdergedrag te bevorder. Deur die ontleding van die data het die konsep van kollektiewe eienaarskap geleidelik na vore gekom en daarom was dit nodig om die bestaande beleidsraamwerk te verken wat kollektiewe eienaarskap vir dissipline in skole moet rig. In die vierde plek het die ontleding van onderwysverwante dokumente die beleidsraamwerk wat veronderstel is om kollektiewe eienaarskap vir die handhawing van dissipline in skole in te lig, aan die orde gestel Hierdie dokumente sluit 'n spektrum van dokumente in wat 'n direkte invloed op die onderwys het, naamlik die Witskrif oor Onderwys en Opleiding (1995), Onderwys Witskrif 2: Die Organisasie, Beheer en Befondsing van skole (1996), die Suid-Afrikaanse Skolewet (1996), Die Manifes oor Waardes, Onderwys en Demokrasie (2001), Alternatiewe vir Lyfstraf: Die leerervaring (2000), en Voorbeelde van 'n gedragskode vir 'n skool (2008). Met behulp van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) is die onderliggende beginsels en waardes vir kollektiewe eienaarskap uitgelig. Die dokumentontleding het aangedui dat die idee van kollektiewe eienaarskap deur beide ouers en onderwysers neerkom op gedeelde besluitneming, mede-verantwoordelikhede en mede-verantwoordbaarheid vir die handhawing van skooldissipline - dus aangeleenthede wat alles beskerm en bevorder word binne die beleidsraamwerk. Laastens en ten einde vir ouers en onderwysers om skooldissipline binne die bestaande beleidsraamwerk in stand te kan hou, is 'n paar voorstelle gemaak. Dit sluit in die ontwikkeling van gesonde tweerigtingkommunikasie, die kweek van 'n kultuur van ouerbetrokkenheid, die aanmoediging van ouer-onderwyser vennootskappe, en die benutting van die bestaande beleidsraamwerk.
Description
Keywords
Learner misbehaviour, South African schools, School discipline, Parents involvement, Dissertation (M.Ed. (Education Studies))--University of the Free State, 2017
Citation