Fortologiese dimensies by bejaardes met alzheimer se siekte of rumatoide artritis

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-06
Authors
Viljoen, Michelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Since the 1980s, positive Psychology has become more prominent in contrast to the negative focus that characterized the early development of Psychology. Increasingly, the focus is not only on the origin, nature and treatment of dysfunctional behaviour, namely psychopathology, but also on situations in which the person can face his or her circumstances. The reasons for health rather than the causes of illness are also being investigated. Aaron Antonovsky (1979) did pioneer work by doing research on health, and introduced his construct "salutogenesis" to the world. Many studies relating to his work followed. The concept of Antonovsky has been extended and adapted to investigate human strengths. The term psychofortology was introduced by Wissing and Van Eeden (1999) to specifically investigate the factors underlying the psychological strengths within the individual. The purpose of this study is to determine how the theory of psychofortology is established, should a chronic and life threatening stressor be present. A comparative study was therefore done to investigate the role of the presence of psychofortological factors in the elderly who suffer from Alzheimer's disease, rheumatoid arthritis or neither of these diseases. A literature study was conducted on the nature of each of the constructs in order to understand the interaction between the illness, psychofortological factors and the construct of quality of life of the aged. A qualitative analysis approach was used to determine the subjective life experience of each of the study participants. No significant differences between the three groups under investigation regarding the experience of quality of life could be shown. The conclusion is that in the aged who are subjected to different stressors, the presence of fortological factors enable them to experience a positive quality of life. Due to the practical restrictions of the study (inter alia, the small studygroup) it is recommended that this research be repeated on a larger scale.
Afrikaans: Positiewe Sielkunde het sedert die tagtigerjare sterk op die voorgrond getree in teenstelling met die negatiewe aanslag wat die ontstaanjare van die Sielkunde gekenmerk het. Daar word toenemend nie net meer gefokus op die oorsprong, aard en remediëring van disfunksionele gedrag, te wete die psigopatologie nie, maar daar word ook gelet op situasies waarin die persoon sy of haar omstandighede kan trotseer. Die redes vir gesondheid eerder as die oorsake van siekte kom ook onder die soeklig. Aaron Antonovsky (1979) doen baanbrekerswerk deur die oorsprong van gesondheid na te vors en sy konstruk van "salutogenese" aan die wêreld bekend te stel. Dit het tot vele verdere opvolgstudies in die Sielkunde gelei. Die konsep van Antonovsky word mettertyd verbreed en aangepas om die sterktes van die mens te ondersoek. Die term psigofortologie word voorgestel deur Wissing en Van Eeden (1999) om spesifiek die faktore onderliggend aan sielkundige sterkte binne die mens te ondersoek. Die doel van hierdie ondersoek is om te bepaal hoe die teorie van die psigofortologie vergestalt word indien daar 'n kroniese of selfs lewensbedreigende stressor teenwoordig is. 'n Vergelykende studie is gevolglik gedoen om die rol van die aanwesigheid van psigofortologiese faktore by bejaardes wat aan Alzheimer se siekte, rumatoïde artritis of nie een van voorafgenoemde siektes nie lei, te ondersoek. 'n Literatuurstudie is gedoen oor die aard van elkeen van die toestande ten einde die interaksie tussen die siektetoestande, psigofortologiese faktore en die konstruk "lewenskwaliteit" van die bejaarde te begryp. In Kwalitatiewe ontledingsbenadering is gebruik om die subjektiewe lewenservaring van elke lid van die ondersoekgroep te bepaal. Geen betekenisvolle verskille kon tussen die drie ondersoekgroepe aangedui word ten opsigte van die belewing van lewenskwaliteit nie. Die gevolgtrekking is gemaak dat die teenwoordigheid van fortologiese faktore by bejaardes wat aan uiteenlopende stressore blootgestel word, hulle in staat stelom steeds positiewe lewenskwaliteit te ervaar. As gevolg van praktiese beperkings in die ondersoek (onder andere die klein ondersoekgroep) word aanbeveel dat hierdie navorsing op 'n meer omvattende skaal herhaal word.
Description
Keywords
Quality of life, Adjustment (Psychology), Stress (Psychology), Alzheimer's disease, Rheumatoid arthritis, Dissertation (M.Sc. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 2000
Citation