Systematic review of dietary interventions in autism spectrum disorder

Loading...
Thumbnail Image
Date
2013-02
Authors
King, Cornelia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Background: Autism spectrum disorders (ASD) are an ever-increasing group of neurobiological developmental disorders, affecting every aspect of the affected individual’s life. As a heterogeneous disorder of which the aetiology is unknown, many desperate attempts have been made to find a cure for this group of disorders. Methods of treatment currently suggested for the treatment of ASD include educational interventions, medical treatment, complementary and alternative methods of treatment, and dietary interventions. The efficacy of dietary interventions currently suggested in the lay media for the treatment of the signs and symptoms related to ASD is largely unknown. Objective: The aim of the study was to critically appraise dietary interventions suggested in peer-reviewed literature for the treatment of signs and symptoms related to ASD in children aged birth to 18 years. Methods: A systematic literature strategy was undertaken. The initial literature search yielded a possible 62 studies of which 33 studies were excluded for not adhering to the inclusion and exclusion criteria. To be included, studies had to evaluate a dietary intervention in children with ASD aged birth to 18 years, and be published in English between January 1990 and July 2012. The 29 included articles reported on gluten-free, casein-free (GFCF) diet; specific carbohydrate diet; elimination diet; ketogenic diet; detoxification diet and therapies; supplementation of digestive enzymes; probiotics; polyunsaturated fatty acids; inositol; vitamin and minerals; yeast-free diet and implementation of two or more methods of treatment simultaneously. Results: No firm conclusion about the efficacy of dietary interventions in the treatment of ASD could be made. The review was limited by the small number of scientific articles published on this topic, and the heterogeneous nature of the studies. A meta-analysis could thus not be conducted. Of the dietary interventions evaluated, the GFCF diet was most likely to yield a positive outcome. This could not be confirmed due to different methodological approaches and reporting used by the different researchers. The following factors did, however, impact on the outcome of the dietary interventions and should be taken into account when implementing a dietary intervention to treat ASD: the length of intervention period, the degree of adherence to the dietary modification, age of individuals, sign and symptoms perceived prior to the intervention, severity of the ASD, and the combination of the treatment given. Conclusion: Evidence-based research is yet insufficient to make any firm conclusion about the efficacy of the dietary interventions currently suggested for the treatment of ASD. Further research based upon methodologically sound research methods is thus recommended.
Afrikaans: Agtergrond: Die voorkoms van outisme spektrum afwykings is geweldig aan die toeneem. Hierdie groep neurobiologiese ontwikkelingstoornisse affekteer nie net elke aspek van die outistiese individu nie, maar ook die van sy/ haar geliefdes. Weens die heterogene aard van hierdie groep stoornisse is die etologie nog onbekend. Vele pogings is al gemaak om ‘n kuur vir outisme te vind en die metodes wat tans voogestel word vir die behandeling van outisme is soos volg: opvoedkundige intervensies, mediese behandeling, aanvullende en alternatiewe metodes van behandeling en dieetintervensies. Die ware uitkoms van dieet behandeling op die simptome van outisme is grootliks onbekend. Doel van die studie: Die doel van hierdie studie was om die dieetintervensies voorgestel vir die behandeling van die simptome in kinders (geboorte tot 18 jaar) met die breë spektrum van stoornisse krities te ondersoek en te vergelyk deur gebruik te maak van wetenskaplike joernale. Metodes: ‘n Sistematiese literatuur-soek strategie was gebruik om die studie uit te voer. Die aanvanklike literatuur-soek het 62 studies opgelewer. Drie-en-dertig van hierdie studies is weggelaat op grond daarvan dat dit nie aan die insluitings- en uitsluitings kriteria voldoen het nie. Studies is slegs ingesluit indien die studie ‘n dieetintervensie in kinders met outisme (geboorte tot 18 jaar) ondersoek het, en tussen Januarie 1990 en Julie 2012 gepubliseer is. Die 29 artikels wat vir die doel van hierdie studie ingesluit is, het data verteenwoordig van die volgende dieetintervensies: gluten-vrye, kaseien-vrye dieet; spesifieke koolhidraat dieet; uitsluitings- en elimineringsdieet; ketogene dieet; ontgiftigings dieet en terapieë; aanvulling van verteringsensieme; probiotika; poli-onversadigdevetsure; inositol; vitamien- en mineralaanvulling; gis-vrye dieet en inplementering van twee of meer voedingsverwante metodes van behandeling ter gelyke tyd. Resultate: Geen definitiewe gevolgtrekking kon oor die effek van dieetintervensies in die behandeling van die simptome wat verwant hou met outsime spektrum afwykings kon gemaak word nie. Hierdie studie was beperk ten opsigte van die klein hoeveelheid gepubliseerde artikels wat oor dieetintervensies in die behandeling van outisme beskikbaar is. Die heterogene aard van die data ook ook verder die studie beperk en ‘n meta-analise kon dus nie uitgevoer word nie. Van die dieetintervensies geëvalueer, het die gluten-vrye, kaseienvryeedieet die grootste waarskynlikheid tot ‘n positiewe uitkoms getoon. Die omvang van hierdie positiewe uitkoms kon egter nie bevestig word nie weens die verskillende metodologiese benaderinge wat deur die verskillende navorsers gebruik is. Die volgende faktore is gesien om die uitkoms van ‘n dieetintervensie te beïnvloed en behoort daarom in ag geneem word met die beplanning van dieetintervensies vir die behandeling van die simptome wat verwant hou met outsime spektrum afwykings: die tydperk van die dieet geïmplementeer is, die graad waartoe die dieet nagekom word, die ouderdom van die individu, simptome waargeneem in die outistiese individu, die graad van die outsime en die verskillende tipes behandeling wat gelyk geimplementeer is. Gevolgtrekking: Bewysgebaseerdenavorsing is nog onvoldoende en geen definitiewe gevolgtrekking kon oor die effek van dieetintervensies in die behandeling van outisme gemaak word nie. Verdere navorsing gebaseer op metiodiologies korrekte metodes word dus aanbeveel.
Description
Keywords
Autism, Dietary interventions, Dietary treatment, Children, Autism -- Nutritional aspects, Autism in children -- Diet therapy, Autistic children -- Treatment, Dissertation (M.Sc. (Dietetics))--University of the Free State, 2013
Citation