Die voorspellingsgeldigheid van die ESSI lees- en speltoets vir niemoedertaalsprekers

Loading...
Thumbnail Image
Date
2014-10
Authors
Van Wyk, Debbie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of the study was to determine the predictive validity of the English version of the ESSI Reading and Spelling Test for non-mother tongue primary school learners. Because the study was undertaken in the Free State Province, grade 5 to 7 learners from the three most important African language groups, namely Sesotho, isiXhosa and Setswana, were involved as non-mother tongue speakers. In total, the achievements of 812 learners in the reading and spelling tests of the ESSI were obtained. Predictive validity was investigated by correlating the learners' scores in the ESSI Reading and Spelling Test with their academic achievement (November examination index (average across all six core subjects). These correlations were done for the three African language groups separately, and in all instances, coefficients with medium to large effect sizes were found. Therefore, it can be accepted confidently that the English version of the ESSI indeed possesses the necessary predictive validity for non-mother tongue speaking learners (Sesotho, isiXhosa and Setswana) in grades 5 to 7. The results further indicated that the average achievement of learners of various language groups in a particular grade in the reading and spelling tests did not differ significantly from one another. In addition, it was found that the two genders were indeed inclined to perform differently in the tests. Where significant differences were found, the girls obtained significantly higher average scores than the boys did.
Afrikaans: Die doel van die studie was om die voorspellingsgeldigheid van die Engelse weergawe van die ESSI Lees- en Speltoets vir nie-moedertaal primêreskoolleerders te bepaal. Aangesien die studie in die Vrystaat Provinsie onderneem is, is graad 5- tot 7-leerders uit die vernaamste drie Afrikataalgroepe, naamlik Sesotho, isiXhosa en Setswana as nie-moedertaalsprekers betrek. In totaal is 812 leerders se prestasie in die les- en speltoetse van die ESSI verkry. Voorspellingsgeldigheid is ondersoek deur die leerders se punte in die ESSI Lees- en Speltoets met hul akademiese prestasie (November-eksamenpunte) in Afrikaans en Engels (taal), Wiskunde (syferkundigheid) en 'n algemene indeks (gemiddelde oor al ses kernvakke) te korreleer. Heirdie korrelasies is vir die drie Afrikataalgroepe afsonderlik gedoen, en in al die gevalle is die koëffisiënte met medium tot groot effekgroottes gevind. Daar kan dus met vertroue aanvaar word dat die Engelse weergawe van die ESSI wel oor die nodige voorspellingsgeldigheid vir nie-moedertaalsprekende leerders (Sesotho, isiXhosa en Setswana) in grade 5 tot 7 beskik. Die resultate het verder aangetoon dat die gemiddelde prestasie van leerders van verskillende taalgroepe in 'n bepaalde graad in die lees- en speltoetse nie beduidend van mekaar verskil het nie. Verder is gevind dat die twee geslagte wel geneig is om verskillend in die toetse te presteer. Waar beduidende verskille oorgekom het, het die dogters regdeur beduidend hoër gemiddelde tellings as die seuns behaal.
Description
Keywords
Predictive validity, Non-mother tongue speakers, Academic achievement, ESSI reading and spelling test, Dissertation (M.Soc.Sc. (Psychology))--University of the Free State, 2014
Citation