Die voorkoming van post-traumatiese stres: die evaluering van 'n ontlontingsprogram

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000
Authors
Jansen van Vuuren, Sonet
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: From the literature it is evident that PTSD is a serious disorder which affects all segments of the society. A number of researchers have conducted research with reference to the prevalence of PTSD in the broader society and in high-risk groups. The development of PTSD is related to exposure to a traumatic incident, and does not develop in the absence of these instances. From the literature it is also evident that some controversy exists regarding the possibility to prevent the development of PTSD. Some writers are of the opinion that intervention directly after exposure to a traumatic situation can prevent the development of PTSD, while others are of the opinion that in certain instances intervention can do more harm than good. The hypothesis was stated that exposure to a trauma intervention proqrarnrne will reduce the development of PTSD in high-risk groups in order to determine the effectiveness of this intervention programme. Literature states that a variety of biological, psychodynamic, social and cultural factors are related to the development of PTSD. The hypothesis that various variables (such as biological variables, type of trauma and the involvement of the victim, and the way in which the intervention programme was experienced) are related to the development of PTSD, was formed. In the first instance PTSD was studied as a psychiatric disorder. Thereafter it was important to discuss trauma as a cause of PTSD. There was referred to crime in South Africa and the impact that it has on exposure to traumatic incidents in our country. Seventy-seven victims of trauma, who were seen by the trauma workers between December 1998 and December 1999, were included in the study. The prevalence of PTSD was determined in this group, and the chi-square test for independence was administered to determine the relationship between various dependent and independent variables and the prevalence of PTSD. Results are as follows: o A total of 31% of the subjects was diagnosed with PTSD. o From the study it was clear that only two variables seemed to be related to the development of PTSD: D The incidence of PTSD in people involvement in trauma (persons who were victims of a traumatic incident) was higher than in those who were only eyewitnesses or friends/family of the victim. D Time of intervention. Persons who were subjected to a shorter period of intervention (less than half an hour) tended to develop PTSD to a higher degree than those who had undergone a longer period of intervention. Apart from important conclusions that could be made from the results, the study was valuable due to the fact that it is, however, evident that further research regarding the effectiveness of the intervention programme is inevitable.
Afrikaans: Uit die literatuurstudie blyk dit dat PTSV'n ernstige versteuring is, wat alle segmente van die samelewing affekteer. Talle navorsers het al studies uitgevoer met betrekking tot die bepaling van PTSV in die algemene populasie, en ook in groepe wat blootgestel is aan verskillende tipes trauma. Die ontwikkeling van PTSV hou verband met blootstelling aan traumatiese gebeurtenisse, en kan nie ontwikkel in die afwesigheid van hierdie situasies nie. Uit die literatuur is voorts afgelei dat redelike kontroversie bestaan rakende die moontlikheid om die ontwikkeling van PTSV te voorkom. Sommige skrywers meen dat intervensie onmiddellik na blootstelling aan 'n traumatiese gebeurtenis die ontwikkeling van PTSV kan voorkom, terwyl ander meen dat trauma-intervensie in sekere gevalle meer skade kan aanrig as wat dit positiewe gevolge kan hê. Die hipotese dat blootstelling aan 'n traumaintervensieprogram die voorkoms van PTSV by hoërisiko-groepe sal verminder, is gestelom sodoende die effektiwiteit van die intervensieprogram te beoordeel.Uit die literatuur is verder afgelei dat verskeie biologiese, psigodinamiese, sosiale en kulturele faktore in verband staan met die ontwikkeling van PTSV. Die hipotese dat verskeie veranderlikes, naamlik biografiese veranderlikes, tipe trauma en betrokkenheid daarby en die belewing van die intervensieprogram met die ontwikkeling van PTSV verband hou, is gevorm. Eerstens is PTSVas psigiatriese versteuring bestudeer. Daarna was dit ook nodig om trauma, as oorsaak van PTSV te bespreek. Hier is ook verwys na misdaad in Suid-Afrika en die invloed daarvan op die blootstelling aan trauma in ons land. 'n Belangrike deel van die studie was dan ook om verskillende psigoterapeutiese benaderings vir die behandeling van PTSV te bespreek. Na die bespreking van verskillende resultate is die metode van ondersoek bespreek. Sewe en sewentig persone wat in die tydperk Desember 1998 tot Desember 1999 deur die traumaspan terapeuties begelei is, is in die ondersoekgroep ingesluit. 'n Bepaling van die voorkoms van PTSV in hierdie groep is gedoen en 'n chi-kwadraattoets vir onafhanklikheid is uitgevoer ten einde die verband tussen die onderskeie afhanklike veranderlikes en die voorkoms van PTSV te ondersoek. Resultate kan as volg aangemeld word: o 'n Totaal var"!31% van die ondersoekgroep is gediagnoseer met PTSV. o Enkele van die onafhanklike veranderlikes blyk in die studie 'n verband. met die voorkoms van PTSV te toon: o In gevalle van betrokkenheid by trauma (persone wat self slagoffers van 'n traumatiese insident was) was die voorkoms van PTSV hoër as by diegene wat slegs ooggetuies of vriend/familie van die slagoffer was. o Tydsduur van intervensie. Persone wat onderwerp was aan 'n korter tydsduur van intervensie (minder as 'n halfuur) was meer geneig om PTSV te ontwikkel as diegene wat 'n langer tydperk van intervensie ondergaan het. Benewens belangrike afleidings wat uit resultate gemaak kon word, was die studie waardevol in die opsig dat dit duidelik toon dat verdere navorsing ten opsigte van die effektiwiteit van die intervensieprogram noodsaaklik is.
Description
Keywords
Stress (Psychology), Post-traumatic stress disorder -- Treatment, Crisis intervention (Mental health services), Dissertation (M.Soc.Sc.(Clinical Psychology))--University of the Free State, 2000
Citation