Workplace bullying as psychological violence in institutions of higher learning

Loading...
Thumbnail Image
Date
2013-11-19
Authors
Ilongo, Fritz Ngale
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study aimed at exploring workplace bullying as psychological violence in institutions of higher learning in general and among the academic staff of the National University of Lesotho in particular. The purpose this study was to find out the sources and forms of workplace bullying in the National University of Lesotho, to determine the influence of workplace bullying on staff psychological wellness, to analyse how staff cope with workplace bullying, and develop workplace bullying and psychological wellness models for effective management of workplace bullying. The methodology for this study was the qualitative research approach, with an overarching intention of making meaning out of the meaning made by interviewees of their experiences related to workplace bullying. Data for this study was collected through a semi-structured interview on twenty academic staff members of the aforementioned institution. Data analysis was done through the iterative and inductive methods of the Interpretive Phenomenological Analysis (IPA), for the generation of an integrated narrative of interviewees’ meaning making of their experiences of workplace bullying. The findings of the study highlighted the following issues: Interviewees defined workplace bullying to include the following aspects: abuse of status, covert and or overt negative behaviors, premeditated intention to impose one’s will and suppress that of others, devaluing others, and causing harm to the victims of bullying. From the sources of workplace bullying in the present study, it emerged that university restructuring of the National University of Lesotho (NUL) is the most important source of workplace bullying, preceding management, colleagues, students, faculty academic hierarchy, and faculty administrative hierarchy in that order. Staff devaluing, expatriate syndrome, authoritarian management and usurpation of power, communication bullying, unknown politicized agenda, and economic/financial bullying were the main forms of workplace bullying experienced by the interviewees of the present study. Interviewees experienced negative self image, negative emotions, low energy level, and minimal self motivation as consequences of workplace bullying on their psychological wellness. Interviewees coped effectively and ineffectively with workplace bullying through denying-withdrawing-helplessness, group support systems, self valorization, physical exercises, and displacement. Two special cases were highlighted by this study in relation to the proactive mechanisms they used to cope with workplace bullying, i.e. a sense of self worth, resourcefulness, and an internal locus of control. In order to effectively manage workplace bullying, interviewees suggested the following strategies: inclusive staff valorization, open communication, professional humane change, continuity, and the provision of professional services. The researcher proposed the following models to facilitate understanding and management of workplace bullying: The Integral Model of Workplace Bullying, The Integral Model of Psychological Non-Wellness, workplace bullying in the National University of Lesotho in the light of the Integral Model of Workplace Bullying, The Integral Model of Workplace Bullying and Psychological Non-Wellness, Psychological Non-Wellness in NUL in the light of the Integral Model of Psychological Non-Wellness, and The Integral Anti-bullying and Psychological Wellness Enhancement Model (IAPWEM). Recommendations were also made by the researcher for the development by the Lesotho government of anti-bullying policies. Since this study revealed the link between workplace bullying and university restructuring in NUL, the researcher hopes that the necessary awareness raising intended through this study will elicit proactive, creative and in-depth concerted actions by all stakeholders of the higher education system of Lesotho in particular and of Africa in general. Finally, it is the fervent hope of the researcher that results of this study will also highlight the inevitability of the ongoing university reforms, while emphasizing the categorical imperative that this process be carried out in a humane spirit that treats university staff with dignity, respect, fairness, and justice, in order to mitigate the nefarious effects of workplace bullying.
Afrikaans: Hierdie studie ondersoek afknouery by die werk as ’n vorm van psigiese geweld aan hoëronderwysinstellings in die algemeen en onder die akademiese personeel van die Nasionale Universiteit van Lesotho in die besonder. Die doel van hierdie studie was om die oorsake en verskillende vorms van afknouery by die werk by die Nasionale Universiteit van Lesotho te ondersoek; om die invloed van die afknouery by die werk op die sielkundige welstand van personeel vas te stel; om te analiseer hoe personeel afknouery by die werk hanteer; asook die ontwikkeling van modelle rakende die hantering van afknouery by die werk en psigiese welstand vir die effektiewe hantering van afknouery by die werk. In hierdie studie het die navorser van die kwalitatiewe navorsingsbenadering gebruik gemaak met die oorkoepelende doel om beter begrip te hê vir die ervarings van deelnemers met betrekking tot afknouery by die werk. Data vir hierdie studie is ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude met twintig akademiese personeellede aan die genoemde instelling. ’n Data-analise is gedoen deur die iteratiewe en induktiewe insamelingsmetodes van die Interpreterende Fenomenologiese analise (IPA), ten einde ’n algemene geïntegreerde begrip te verkry van hoe deelnemers betekenis verleen aan hul ervarings van afknouery by die werk. Die bevindings van die studie beklemtoon die volgende aspekte: Deelnemers se definisies van afknouery by die werk sluit die volgende aspekte in, naamlik: die misbruik van status, verskuilde of openlike negatiewe gedrag, voorbedagte voorneme om ’n mens se wil af op ander af te dwing en te onderdruk en dié van ander te devalueer, en om van die slagoffers van afknouery by die werkskade te berokken. Vanuit die bronne rakende afknouery by die werk wat in die huidige studie gebruik is, blyk dit dat die herstrukturering van die Nasionale Universiteit van Lesotho (NUL) aangehaal is as die belangrikste bron van afknouery by die werk en in die volgende volgorde geïdentifiseer is: afknouery by die werk deur die bestuur, kollegas, studente, fakultêre akademiese en administratiewe hiërargieë. Die personeel in hierdie studie het personeel-devaluasie, uitgewekene-sindroom, outoritêre bestuur, oorname van krag, kommunikasiebullebakkery, onbekende verpolitiseerde agendas en ekonomiese/finansiële bullebakkery as die belangrikste vorme van afknouery by die werk geïdentifiseer. Deelnemers ervaar negatiewe selfbeeld, negatiewe emosies, lae energievlakke, en minimale selfmotivering as gevolge van die negatiewe effek van afknouery by die werk op hulle sielkundige welstand. Deelnemers hanteer afknouery by die werk effektief of oneffektief deur middel van “ontkenning-onttrekking-hulpeloosheid”, groep-ondersteuningsisteme, selfvalorisering, fisiese oefening en verplasing. Twee spesiale aspekte is deur hierdie studie uitgelig met betrekking tot die proaktiewe meganismes wat deelnemers vir die doeltreffende hantering van afknouery by die werk kan gebruik, naamlik 'n gevoel van eiewaarde, vindingrykheid, en ’n interne lokus van beheer. Ten einde die doeltreffende bestuur van afknouery by die werk te verseker, het deelnemers die volgende strategieë voorgestel: inklusiewe personeelvalorisering, oop kommunikasie, professionele verandering van mense, kontinuïteit en die voorsiening van professionele ondersteuningsdienste. Die navorser stel die volgende modelle voor om beter begrip en bestuur van afknouery by die werk te fasiliteer, naamlik: “Die Integrale Model van Afknouery by die Werk, die Integrale Model van Sielkundige Nie-welstand, Afknouery by die Werk aan die NUL in die lig van die Integrale Model of Sielkundige Nie-welstand, en die Integrale Anti-Afknou en Sielkundige Welstandsversterkingsmodel (IAPWEM). Die navorser maak ook aanbevelings vir die ontwikkeling van ’n anti-afknoubeleid deur die Lesotho-regering. Aangesien hierdie studie die belangrike verband tussen afknouery by die werk en die universiteit-herstrukturering aan die NUL belig, hoop die navorser dat hierdie studie sal lei tot die nodige bewusmaking van en proaktiewe, kreatiewe en diepgaande, daadwerklike stappe deur alle belanghebbendes by die hoëronderwysstelsel van Lesotho in die besonder en van Afrika in die algemeen. Ten slotte hoop die navorser dat die resultate van hierdie studie die aandag sal vestig op die onafwendbaarheid van die deurlopende universiteitshervorming, terwyl dit die kategoriese belangrikheid beklemtoon dat hierdie proses op ’n menslike wyse uitgevoer moet word sodat universiteitspersoneel met waardigheid, respek, regverdigheid en geregtigheid behandel word ten einde die immorele gevolge van afknouery by die werk te versag.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Psychology of Education))--University of the Free State, 2013, National University of Lesotho, Bullying in the workplace, Education, Higher -- Lesotho, Institutions of higher learning, Psychological violence
Citation