'n Evaluering van samelewingsdiensleer as opleidingskomponent van magisterstudente in sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
2004-11
Authors
Fourie, André James
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The sosio-political changes and cultural diversity in South Africa forced the psychology profession to adapt to the demands of the changing society. The psychology training programme, which is based on the European and American models of training, is, according to all indications, not relevant in a South African context. Service learning (SL) is an attempt to accommodate the strive to relevancy. One of the University of the Free State’s (UF’s) contributions to reconstruction and development of the country and outreach to communities, is its commitment to service learning. The Department of Psychology at the UF enclosed a service learning element as component of their training programme in the master’s degree in Psychology. In it’s strive for quality, the UF has a policy, which requires regular evaluation and monitoring. The Department of Psychology also has the need to evaluate their training and practice in order to give momentum to their aims and aspirations for relevancy. The SL-component of the master’s degree in Psychology at the UF is evaluated by involving the three partners of the course. The ex-students (service provider), learners who used the service (community) and the teachers and learners who did not use the service ( service receivers), were involved in the study. They completed questionnaires, which were developed by the researcher to determine the various partner’s perceptions and experiences of the service. The results showed that all three partners reported a positive experience of the SL. The experience was significantly more positive where learners who used the service were concerned, as in the case of those who did not use the service.
Afrikaans: Die sosio-politieke veranderinge en kulturele diversiteit in Suid-Afrika het die sielkundeprofessie genoodsaak om by die eise van die veranderende samelewing aan te pas. Die sielkundeopleiding wat gebaseer is op die Europese en Amerikaanse modelle van opleiding is volgens alle aanduidings nie relevant in ‘n Suid-Afrikaanse konteks nie. Samelewingsdiensleer (SDL) is ‘n poging om die strewe na relevansie aan te spreek. Een van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se bydraes tot heropbou en ontwikkeling van die land en uitreik na gemeenskape, is sy verbintenis tot SDL. Die Departement Sielkunde aan die UV het as komponent van hul opleiding ‘n SDL element in hul magisterkursus in sielkunde ingeskryf. In sy strewe na kwaliteit het die UV beleid in plek wat vereis dat sy SDL programme aan gereelde evaluering en monitering onderwerp word. Die Departement Sielkunde het op sy beurt ook die behoefte om hul opleiding en praktyk te evalueer ten einde aan hul strewe na relevansie, momentum te bied. Die SDL-komponent van die magistergraad in sielkunde aan die UV is geevalueer deur die drie vennote wat daarby betrokke is te betrek. Die oud-studente (diensverskaffer), leerders wat van die diens gebruik gemaak het (gemeenskap) en die onderwysers en leerders wat nie van die diens gebruik gemaak het nie (diensontvangers) is by die studie betrek. Hulle het vraelyste voltooi wat deur die navorser ontwikkel is om te bepaal wat die onderskeie vennote se belewenisse en persepsies van die diens is. Die resultate dui daarop dat al drie die vennote ‘n positiewe belewenis van die SDL rapporteer. Daar was ‘n beduidende meer positiewe belewenis onder leerders wat van die diens gebruik gemaak het, as die wat nie van die diens gebruik gemaak het nie.
Description
Keywords
Psychology -- Study and teaching (Higher) -- South Africa -- Free State, Service learning -- South Africa -- Free State, Universities and colleges -- South Africa -- Free State -- Public services, Service provider, Community, Service receiver, Experiences, Evaluation, Partners, Relevancy, Psychology training, Dissertation (M.A. (Counselling Psychology))--University of the Free State, 2004
Citation