Ekonomiese bedingingsvermoë in internasionele verhoudinge

Loading...
Thumbnail Image
Date
1977-12
Authors
Van der Westhuizen, Johan Lukas
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die doel van hierdie studie is om, in die lig van die klassieke teorieë oor internasionale ekonomiese betrekkinge en die huidige internasionale ekonomiese verhoudinge, die ekonomiese bedingingsvermoë van state te probeer ontleed. Deur middel van on bespreking oor die klassieke teorieë van internasionale ekonomiese betrekkings is onagteryrond geskep wat as on teoretiese basis, vir die res van die studie dien. Die invloed van moderne ekonomiese teorieë volg, asook on bespreking oor die tussenstaatlike ekonomiese konflik en die magstryd wat tussen die Ooste en die Weste op die internasionale ekonomiese toneel heers. Die internasionale ekonomiese krisis word ontleed met besondere verwysing na die Bretton-Woods-stelsel, die begrippe inflasie on Teoretiese beskouing van die ekonomiese magsvermoë van die nasionale staat, gepaardgaande met ekonomiese en militere hulpverlening word ondersoek met besondere aandag aan die ekonomiese interafhanklikheid van state. Die ekonomiese grondslae van die verskillende ideologieë op die tussenstaatlike toneel word volledig in oënskou geneem met veral nasionalisme, kapitalisme, kommunisme en sosialisme as die hoofriglyne. Op die ideologiese vlak word voortdurend onaktiewe stryd gevoer waarin geen ruimte vir vreedsame naasbestaan gelaat word nie. In hierdie stryd word daar van alle denkbare strydmetodes gebruik gemaak - ook van ekonomiese oorlogvoering. Die ekonomiese teorieë van Marx, Engels en Lenin word ook bespreek. Na aanleiding van bogenoemde teorieë oor die ekonomie, die nasionale magsvermoë en die beskouings van die verskillende ideoloë, word die buitelandse beleid van state in oënskou geneem as die middel waardeur die ekonomiese be dingingsvermoë op die tussenstaatlike toneel toegepas word. Die ontwikkeling van die moderne tegnologie is vandag vooropgestel in die wereld en daarom het ons dit goedgedink om ook die invloed hiervan op internasionale verhoudinge aan te toon. Veral die tegnologiese ontwikkelings op industriële en militere gebied het spesiale aandag geverg, want die oorwig waaroor die V.S.A. en sy bondgenote aanvanklik op die gebied van strategiese kernwapens beskik het, het geleidelik gekrimp totdat 'nskaakmatposisie bereik is. Hierdeur is vryheid van optrede in strategiese maneuvreringsruimte in die internasionale magstryd ernstig aan bande gele. Die ekonomiese imperialisme van die geïndustrialiseerde state van die wêreld het ook sedert dekolonisasie geweldig invloed uitgeoefen en op die internasionale handel. Weens die skaarste aan beskikbare grondstowwe moes die supermoondhede hulle wend na nuwe metodes om die kruipende natuurlike hulpbronne van die wêreld vir hulle eie gegebruik te verseker. Dit is gedoen deur middel van die daarstelling van ekonomiese invloed in die ontwikkelende en onverbonde state van die wereld. Die ekonomiese bedingingsvermoë van state is verder ook verhoog deur middel van hulle lidmaatskap aan die internasionale en regionale ekonomiese organisasies. Dit is die verhoog waarvandaan hulle hul ekonomiese posisie in die wêreld verstewig en invloedsfere rondom hulle bou. Internasionaal het ons spesiale aandag geskenk aan die IMF en die verskillende ekonomiese organisasies van die V.V.O. Regionaal het die verskillende regionale ekonomiese organisasies onder die soeklig gekom. Laastens word die ekonomiese bedingingsvermoë van Suid-Afrika onder oë geneem. As gevolg van die rykdom van natuurlike hulpbronne het ons tot die slotsom gekom dat Suid-Afrika in 'nbaie gunstige posisie verkeer. Weens ons strategiese belangrikheid aan die Suidpunt van Afrika het ons in die huidige magspel tussen die supermoondhede betrokke geraak. Suid-Afrika se positiewe groeikoers en die ontwikkeling op tegnologiese gebied het ook onverhoogde bedingingsvermoë tot gevolg gehad - beide ekonomies en militer. In die ekonomiese en politieke situasie van die wereld sal Suid-Afrika as gevolg van sy ekonomiese bedingingsvermoë 'n al hoe groter wordende rol speel. Alleen die toekoms sal egter vir ons leer of dit vir ons beskik is dat die Afrikanerdom op die Vasteland van Afrika behoue sal bly.
Description
Keywords
International relations, Economics, Inflation, Dissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1977
Citation