'n Ondersoek na personeelbestuursproses in landboukooperasies in Suid-Afrika

Loading...
Thumbnail Image
Date
1977-11
Authors
Hougaard, Pieter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Namate die produsering van voedsel al hoe belangriker word, word die eise wat aan kooperasies gestel word,groter. Om hierdie groter eise die hoof te kan bied, word die verantwoordelikheid wat aan personeel gestel word ook al hoe groter. Om beskikbare personeel dus optimaal te benut, het lynbestuur. die hulp van opgeleide personeelspesialiste nodig om hulle in dié belangrike taak by te staan. Hierdie verhandeling poog om aan te toon wat alreeds gedoen word en wat in die toekoms·gedoen sal moet word om te verseker dat die personeelbestuurder genoegsame bystand aan lynbestuur in hierdie verband sal kan gee. In hierdie verhandeling is 'n uiteensetting van personeelbestuur gegee en is daar onder meer gelet op wat personeelbestuur is, hoekom dit nodig is, en gee aan aspekte soos die personeelvoorsieningsproses, opleiding en ontwikkeling, verhouding en kommunikasie, vergoeding en grensvoordele. Ten einde 'n idee aan die leser te gee wat kooperasies is, hoe hulle ontstaan en ontwikkel het en die plek wat hulle in die samelewing beklee, is daar 'n hoofstuk net aan kooperasies gewy. Daar word kennis geneem van hoe kooperasies in die laaste helfte van die vorige eeu in die vorm van verbruikerskooperasies oorsee tot stand gekom het. In Suid-Afrika het landboukooperasies eers werklik hulle beslag gekry toe die land met baie moeilike omstandighede te kampe gehad het. Dit het die boere leer saamstaan en meegebring dat kooperasies mettertyd uitgebou en ontwikkel kon word. Vir die empiriese gedeelte van die ondersoek is gegewens deur middel van 'n vraelys by 92 kooperasies ingesamel. Daar is in sekere gevalle van die Chikwadraat- metode gebruik gemaak om te bepaal of daar 'n statisties beduidende verband tussen sekere veranderlikes bestaan. Resultate is onder andere verkryoor (a) die toename van personeelgetalle in die afgelope twee jaar; (b) die verskillende personeelfunksies soos dit in landboukooperasies verrig word; (c) die getalle personeel wat aan personeelwerk toegesê is, en hulle kwalifikasies; (d) probleme ten opsigte van personeelbestuur; (e) beleide en praktyke ten opsigte van indiensneming, opleiding, vergoeding, verhoudinge, ens. Daar is onder meer bevind dat verskeie kooperasies reeds redelik groot is en dat die kooperasies met meer as 150 personeel met meer personeeIprobleme te kampe het as die kleiner kooperasies. Kooperasies is betreklik swak toegerus met personeeldepartemente en personeel wat uitsluitlik vir personeelwerk gesekondeer is. Verskeie personeelpraktyke is reeds betreklik algemeen in gebruik, terwyl 'n sterk behoefte aan ander aangevoel word. Daar is ondermeer tot die gevolgtrekking gekom dat waar kooperasies groter word en verskeie probleme ondervind en behoeftes aangevoet word, verskeie veranderings aangebring sal moet word op die terrein van personeelbestuur. Ten slotte kan enkele van die aanbevelings net kortliks aangestip word: -Kooperasies kan dit beslis oorweeg om in 'n groter mate van personeelspesialiste gebruik te maak. -Waar koóperasies reeds van opgeleide personee Imense gebruik maak of oorweeg om dit te doen, moet hulle dit oorweeg om die personeelman direk aan die Hoofbestuurder verantwoordelik te maak -Personeelwerk ten opsigte van swart werkers is 'n aspek wat baie meer aandag sal moet verdien. -Daar is bevind dat daar op die gebied van geordende en georganiseerde opleiding nog 'n groot leemte bestaan en dat koope rasies baie kan doen om hierdie probleem die hoof te bied. -Personeelnavorsing is nog 'n aspek waarna indringend gekyk sal moet word. Waar navorsingsprojekte geloods word, kan personeelmense hulle bydrae maak deur saam te werk en inligting te verskaf.
Description
Keywords
Management, Personnel management -- South Africa, In-service training -- Management, Dissertation (M.Com. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1977
Citation