Die geologie van 'n gebied rondom Uis, Suidwes-Afrika

Loading...
Thumbnail Image
Date
1970
Authors
Koornhof, J. C.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
'n Regionale, geologiese opname van 'n gebied, ongeveer 950 km2 in groottes is in die gebied oos van die Brandberg, Suidwes-Afrika, uitgevoer. Die dorpie Uis, wat sy ontstaan aan die ontginning van tindraende pegmatiete te danke het, lê feitlik in die middel van die gebied. Die gebied word gekenmerk deur 'n halfwoestynklimaat, en al die geomorfologiese eienskappe van so 'n omgewing kan waargeneem word. Die geologiese formasies wat in die gebied dagsoom, behoort tot die Sisteem Damara, die Salemgraniet, doleriet en jonger oppervlakafsettings. Die Sisteem Damara bestaan uit 'n basale opeënvolging van hoofsaaklik kwartsiet, wat deur 'n groot dikte van skis oorlê word. Ondergeskikte lae van marmer kom in die boonste gedeeltes van die skis voor. Die sedimentêre gesteentes het intense regionale metamorfose ondergaan en die hoogste graad van die groenskisfasies is bereik. Ten minste twee periodes van vervorming kan onderskéi words die f1-periode het noordoosstrekkende isoklinale plooiing, waarvan die plooivlakke na die suidooste hel, tot gevolg gehadj die plooivlakke van die f1-periode het 'n oostelike strekking en 'n steil helling na die suide. As gevolg van hierdie herplooiing het opvallende koepel vormige strukture met 'n oos-noordoostelike strekking, ontstaan. In die diep gedeeltes van die sinklinale troe het grootskaalse anatektiese smelting van die-sedimente plaasgevind. Die produk hiervan is die Salêgraniet, waarvan ten minste drie ouderdomme, nl.'n sintektoniese, 'n laattektoniese en 'n na-tektoniese fasey onderskei kan word, elkeen met sy eie kenmerke. Die láat-tektoniese graniet kom as 'n opvallende diapiriese struktuur voor, en gee die indruk dat die sedimente om hierdie struktuur gevou is. Slegs die tindraende pegmatiete in die omgewing van Uis besit enige ekonomiese waarde. Hierdie liggame het 'n algemene noordoostelike strekking; hulle is onreëlmatigsilindries in vorm en duik teen 'n vlak hoek na die noordooste. Die gevolgtrekking word gemaak dat die strukturele kontrole vir die inplasing van die pegmatietliggame deur die interaksie van die f1-periode van plooiing op die f1-periode. verskaf is. Die pegmatiet self is egter aan die na-tektoniese graniet verwant. Indringings van doleriets in die vorm van gange, maar ook as opvallende tregtervormige intrusies, kom ook voor. Geen bevredigende verklaring vir laasgenoemde strukture het uit die ondersoek voortgevloei nie. Oppervlakafsettings in die vorm van kalkreet, puin en sand kom oor groot areas voor, sodat dagsome dikwels as redelik tot swak beskryf moet word.
Description
Keywords
Geology, Geology -- South West Africa, Dissertation (M.Sc. (Geology))--University of the Free State, 1970
Citation