Temperatuurstudie van die Oranjeriviergebied met die oog op gewasverbouing

Loading...
Thumbnail Image
Date
1971-01
Authors
Myburgh, Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Daar is ondersoek ingestel in dié deel van die Republiek van Suid- Afrika wat begrens word deur die breedtegrade 26.5 en 32, en die oosterlengtegraad 30 en die weskus, na die geskiktheid van temperatuurtoestande vir die verbouing van die volgende vrugtesoorte en gewasse: sultanas; appelkose; pere; perskes; appels; koring; rys; katoen; lusern; aartappels; suïkermieHes; tamaties en groente, Die temperatuurbehoeftes van die verskillende vrugtesoorte en gewasse is verkry uit die beskikbare literatuur. Temperatuurdata van 127 weerstasi.es is gebruik vir die opstel van isotermkaarte van die ondersoekgeb ied, Die dele waar die temperatuur aan die vereistes van die verskillende vrugtesoorte en gewasse voldoen, is met behulp van die isotermkaarte uitgeken en gekarteer. Die gemiddelde maandelikse temperature is in alle gevalle as maatstaf vir die mate van aanpassing gebruik. Waar nodig, is die gemiddelde maandel ikse minimum en maksimum temperature, die seisoensgemiddeldes en die gemiddelde voorkoms van skadelike uiterste maksimum en minimum temperature ook in aanmerking geneem. Die temperatuur van die ondersoekgebied wissel van baie warm in die westelike en noordwestelike binneland, tot koel in die berggebïede van die suidoostelike Kaapprovinsie, Lesotho en die oostelike Oranje-Vrystaat, In teenstelling met die groot jaarlikse en daaglikse temperatuurwisselinge van die binneland, is die temperatuur van die kusgebiede besonder gelykmatig, Die ooskusgebied ondervind subtropiese toestande terwyl die weskus koel-gematig is. As gevolg van die uiteenlopende temperatuurtoestande, is die ondersoekgebied geskik vir 'n groot verskeidenheid vrugtesoorte en gewasse. In die koeloostelike en sentrale Oranje-Vrystaat en die berggebiede van die suidelike Kaapprovinsie is die wintertemperature laag genoeg om die kouebehoeftes van die meeste bladwisselende vrugtebome, bv. appelkose, pere, perskes en appels te bevredig. Lae minimum temperature tydens die lente kan skade by vroeë cultivars van dié vrugsoorte veroor saak, Die koudste dele is veral geskik vir appels, wat laat blom en goed aard onder koel somertoestande. Laat winterkoring kan met welslae in die oostelike en sentrale Oranje- Vrystaat en die hoogliggende dele van die suidelike Kaapprovins ie verbou word. Hierdie gebiede is ook geskik vir someraanplantings van koelweergewasse. Sulke aanplantings is selde onderhewig aan uiterste hoë of lae temperature. Die Oos- Vrystaat is om hierdie rede veral baie geskik vir die verbouing van somerkoring en aartappels. Die noordwestelike Vrystaat en die Kaapprovinsie, in die omgewing van die samevloei van die Vaal- en Oranjeriviere, kan as 'n oorgangsgebied van die koel sutdoostel.ike hooglande tot die warm Noordweste beskou word, Om hierdie rede is dit 'n marginale verbouingsgebied vir 'n groot aantal gewasse. Dit is egter baie geskik vir die verbouing van sultanas, lusern en tamaties. Die noordwestelike en westelike binneland is warm, en toestande is daar gunstig vir die verbouing van hitteliewende gewasse, bVDrys, suikerrntelte s, katoen, sultanas en lusern. Die besondere hoë temperature van die benede- Oranjevallei is selfs vir gewasse soos lusern en sultanas ongunstig. Die gematigde temperatuur van die weskusgebied is gunstig vir die meeste koelweergewasse. Die wintertemperature is egter te hoog vir bladwisselende vrugte, Ryp kom selde voor en tamaties en aartappels kan dwarsdeur die winter geplant word. Die benede-Oranjevallei, die omgewing van Klawer en die ooskusgebied is om dieselfde rede geskik vir winteraanplantings van aartappels en tamaties, Laasgenoemde twee gebiede Is ook baie geskik vir lusernverbouing.
Description
Keywords
Plants, Cultivated, Plants, Cultivated -- Free State, Plants -- Effect of hail on, Harvest and climate, Dissertation (M.Sc.Agric. (Agricultural Sciences))--University of the Free State, 1971
Citation