Die implikasies van Deuteronomium 6 vir die opvoeding van die verbondskind

Loading...
Thumbnail Image
Date
1975-09
Authors
Olivier, Gerhardus Elias
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Uit die navorsing wat gedoen is oor die datering en outeurskap,van Deuteronomium het die volgende duidelik geblyk: (a) dat die basis van hierdie boek met sy sterk didaktiese en paranetiese inslag aan die groot Israelitiese opvoeder, Moses, toegeskrywe moet word; (b) alle post- en a-Mosaica moet toegeskrywe word aan die werk van In latere hand of hande. Deut. 6:4 is die sentrale teks van hoofstuk 6 en dit lui: "Hoor, Israel, die HERE onse God is In enige HERE." Dit vorm die hart van die Ou-Testamentiese verkondiging en dit gaan uitsluitlik om God, maar dan nie om,God soos wat Hy in Homself is en bestaan nie" maar soos Hy is in Sy verhouding tot Israel: "onse God." Hy is IsraeI se enigste God en daar mag geen ander gode voor Sy aangesig, bestaan nie. Die opvoedkundf.qe implikasie wat hieruit, vloei is dat enige iets anders as Verbondsgefundeerde onderwys vir die gelowige Israeliet In bewys was van apostasie; dit impliseer verder dat In ander god gedien word en dat die opvoeding oor hom gaan. Sonder ware opvoeding kan daar nie ware aanbidding wees nie. Israel moet anders wees as die ander volkere soos sy God anders is as die ander gode. Die kind moet heilig wees soos Hy heilig is (Lev. 11: 44). Kinders moet opqevoed word tot die eksklusiewe diens aan Jahweh. In hierdie studie,het dit deurgaans geblyk dat die onderhawige opvoedkundaqe verbondswet klem op die gehoorsaamheid aan die verbondseise laat val. Géhoot-saamheid(l) aan God en aan Sy gebooie, insettinge en verordeninge is die inuner= werkende re.frein. Gehoorsaamheid is dus die erkenning van die gesag van .df.e Vader. .OmGod te vrees en lief te hê, . . . beteken om Sy gebooie gehoorsaam te onderhou - die begrippe beskryf dus die regte verhouding en gesindhede tot God. Wanneer die woorde "met jou hele siel, met jou hele ver= stand en .met; al jou krag" ("6:·6)by die liefde gevoeg word,. beskryf dit dus die t.otaliteit van die mens se wil en be= staan - die kind moet God gehoorsaam wees in al die uitgange van sy hart. Die besondere gehoorsaamheidsrelasie in die verbond tree' ook na vore in die spesifieke duiding van die kennis. Dit 'moet nie opgevat word as teoretiese kennis om sigself ontwil nie, maar as "praktiese" kennis ten dienste van ge= hoorsaamheid (nie die ken nie, maar die doen) . .Die "praktiese" inslag van die kennis tree onder meer na vore in die nasionale doelstelling met die opvoeding en onderwys. Moses kan beskou word as een van die be Lanqri.k see argi tekte van nasionale opvoeding. Die lewe van Ou . Israel was nasionáal-godsdienstig en godsdienstig-nasionaal en so kan hulle opvoeding gekarakteriseer word. Die streng handhawing van die opvoeding, gegrond op hoë godsdienstige en sedelike ideale, het die konfederatiewe eenheid van die volk bewaar soos geen staatkundige stelsel dit kon doen nie - en daarna in die diaspora, 'n identiteitsbehoud kon bolwerk wat uniek is in die wêreld qeskedenis . Die nasionale opvoedirig was egter nie ,die doel op sigself nie, maar dit staan ten dienste, aan die verwagte Messias. So kry die opvoeding in Israel - en Deut. 6 - 'n unieke religieuse diepte: elke kind wat gebore en opgevoed word, kan die Messias wees - of Sy draer. God, die eintlike Opvoeder van Israel, beveel die ouers (die vader) omhullë kinders in hulle volk se qeskiedenis: (d.i. die geskiedenis waarin God Homgeopenbaar net) en in Sy verbondseise op te voed. Deut. 6: 7 lê sterk klem op die verbondsbetrokkenheid van die ouers in hulle opvoedingstaak - die gesin is die primêre opvoedkundige instansie. Al is meer aandag aan die opvoeding van die seuns (veral die eersgeborene) gegee, is onderrig aan die dogters nie verwaarloos nie. Géén volk het aan die vrou so 'n hoë, posisie in die gesinsopvoeding gegee as juis Israel ni.e , Israel leer Jahweh uit die geskiedenis ken eh juis hieroor moes die kind onderrig word in sy volk se geskiedenis. Die onderrig in die geskiedenis het twee wesenlike elemente be vat ; (i) volledige betrokkenheid op die verlede, op 'n boodskap wat met die geskiedenis en in die geskiedenis oorgelewer is en wat tot die Verbondskind spreek; (ii) volledige betrokkenheid op die toekoms, maar wat reeds toeganklik is op grond van wat in die verlede gebeur het' en wat nog tot die kind spreek. Volledige betrokkeneheid hierby is volledige betrokkenheid by die oproep tot die s.ghoorsaamheid aan God se gebooie. Die groot feeste het in die bg. verband 'n kardinale rol vervul: (Later kry die feeste ook landboukundige implikasies. By die veranderde lewensomstandighede, dit wil sê na die intog in die Heilige Land, toon die Israelitiese opvoeding 'n aanpasbaarheid. Nou leer die feeste dat die opbrengste van die land óók van God kom). Uit die studie blyk dit duidelik dat die opvoedkundige implikasies van Deut. 6 veel groter omvang gehad het as in 'n moderne klaskamer. Dit was naamlik die didaktiese dryfkrag agter en riglyn vir die (opvoedkundige) reformasies / van Josia, (II Kon. 22:8 - 23:3: II Kron. 34:14 - 33) en waarskynlik ook dié van Josafat (II Kron. 17:7 - 9). Wanneer Israel nie daarin kon slaag om hierdie opvoedingsbevel van God uitte voer nie, het die volk verval in apostasie in die Bybel is daar talle voorbeelde! Die teokrasie as werklikheid en ideaal in Israel se pedagogiese struktuur bring 'n heel nuwe element na vore: dit is die verbondsverhouding waarin God tot Sy volk staan en dit was die teenstelling verbondsgehoorsaamheid of verbondsverbreking wat Israel se opvoeding beheers het. In die Nuwe-Testametniese perspektiet word Deut. 6 nie armer aan opvoedkundige betekenis nie. Inteendeel. Die vervulling van die profesieë in die volheid van die tyd het gehoorsaamheid uit wederliefde vir Hom wat ons" so uitnemend lief gehad het dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, 'n liefdesplig gemaak wat grondliggend is vir alle Christelike opvoeding, onderwys en wetenskap. Want as die religieuse dryfkrag "van laasgenoemde geld onverswak: "Daarom moet jy die HERE "jou God liefhê, met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag" (6:6: Matt. 22:37) .
Description
Keywords
Deuteronomy, Bible -- O.T. -- Deuteronomy, Bible -- Deuteronomy -- Criticism, interpretation, etc, Dissertation (M.A. (Biblical Studies))--University of the Free State, 1975
Citation