Die kunslewe in Bloemfontein vanaf 1940 tot 1978

Loading...
Thumbnail Image
Date
1980-01
Authors
Smit, Arinah
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Soos in die inleidende hoofstuk gemeld, het die kernprobleem van hierdie studie die onverskilligheid wat ten grondslag van die kunslewe in Bloemfontein lê, geword. Die volgende aanhaling uit E. Berman se boek, Art and Artists of South Africa, beskryf die toestand van sake duidelik: "The geographical position of Bloemfontein as central city of South Africa would suggest it as an obvious focal point for national cultural activity. However, art-life in the Orange Free State has seldom evinced much dynamism. The art-societies operating in the province have tended to be extremely conservative and unadventurous and the advantagés of the situation of the main city have never been exploited ... A number of successful South African artists, including Walter Battiss and Cecil Higgs, are natives of the Orange Free State, but they have long ceased to live in the province and have had no influence on its artistic developments." Die faktore wat aanleiding gee tot die probleem is drieërlei van aard en kan gesoek word in die verhouding tussen kunstenaars en publiek, die verhouding tussen die afsonderlike kunstenaars en die gebrekkige opvoeding in kunswaardering. 10.1 Die eensydigheid van die skolekurrikulum Albei plaaslike kunsverenigings in Bloemfontein en verskeie individuele kunsliefhebbers fuet die erns van hierdie tekort begryp en gepoog om die toestand te verbeter. Die kunsverenigings het prbbeer om skool= kuriders by hul bedrywighede te betrek - meestalop 'n basis van wedywering en beloning (vgl. p. 26 en 44). Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging is ook daarop ingestelom kinders se belangstelling in die beeldende kunste op 'n praktiese manier aan te wakker. In aansluiting hierby is oor die jare heen herhaaldelik pogings aangewend om die beeldende kunste by die algemene skolekurrikulum ingesluit te kry. Reeds vroeg in die jare twintig het dr. Samuel Henri Pellissier hom beywer vir die uitbreiding van die leerplan om kulturele vakke ook in te sluit (vgl. p. 66 en 67). Vyftig jaar later was daar egter nog weinig verbetering op hierdie gebied te bespeur en het Mike Edwards dit betreur dat die minimum tyd aan kultuurvakke soos kuns en sang afgestaan word. (p. 228). Daarbenewens word met gereëlde tussenposes vir 'n kinderkunssentrum geagiteer (p. 228 en 242). Die feit dat 'n paar kunsliefhebbers die belang van so'n sentrum insien, is egter onvoldoende. Indien die publiek en belanghebbende provinsiale en staatsinstansies nie die waarde van kinderkuns besef nie en indien hulle nie die leemtes van 'n eensydige leerplan kan insien nie, sal daar nooit motivering wees wat tot die oprigting van so'n sentrum en tot die uitbou van die skolekurrikulum sal lei nie. 10.2 Die verhouding kunstenaar tot publiek: die aard van Bloemfontein se gemeenskap As provinsiale hoofstad is Bloemfontein die hart van die Oranje-Vrystaat. Die aard van die stad en die provinsie is inter-afhanklik. Dat die Oranje-Vrystaat die mees landelike gebied in Suid-Afrika is, is onteenseglik waar. Tereg kan Bloemfontein dan ook 'n "landelike stad" genoem word. Die gemeenskap steun basies op In Christelike grond= beginsel en is minder vatbaar vir die moderne irrasionele, passiewe grondmotief wat in die kuns gestalte vind in absurde style en die ontvlugting in die metafisiese. Dit sou ook oneerlik van diesulke kunstenaars wees om In moderne kunsrigting aan te gryp net omdat dit as mode beskou word: op dié manier sou die kunstenaar sy uitgange van sy lewensbron vervreem. Dit is myns insiens hierin waar die tekorte in die verhouding tussen Bloemfontein se kunsbewuste publiek en kunstenaars vasgepen kan word. Die gemeenskap berus in sy geheel op 'n eenvoudige en natuurlike beginsel. Instede daarvan dat hierdie beginsel in eerlikheid aanvaar en ten volle ontgin is, het dit skynbaar tot In minderwaardigheidskompleks gelei; en tot 'n snobistiese verheerliking van die moderne kuns sonder dat die dekadente motief waaruit dit gevoed word, ten volle besef en verstaan word. Die publiek verontagsaam die feit dat kuns 'n weerspieëling van die aard van die gemeenskap is en gaan soek elders na kunsvoorwerpe van waarde. Hierdie kunsvoorwerpe is noodwendig vreemd aan die eie aard (p. 227). Dit is egter nie net die publiek wat aan hierdie tweespaltgedagte skuldig is nie. Die kunstenaars en -kritice lei ook aan en onder die miskenning van die eie aard. Dit is dus onvermydelik dat die kunstenaars en publiek bymekaar verby sal leef. 10.3 Die verhouding tussen kunstenaars onderling Die kunstenaar put in 'n groot mate die inspirasie vir sy werk uit homself: uit sy eie aard, ondervindings, beskouing en sy eie oordeel van die werklikheid. Hy is ook in In mindere mf meerdere mate van menslike verhoudings afhanklik. Dit is ook uit die gang van die kunsgeskiedenis duidelik dat hy eweneens op kontak met mede-kunstenaars en op kennisname van reeds bestaande kunsvoorwerpe steun: om aan die hand van die wisseling van gedagtes en waarneming van kunswerke In 'n benouende atmosfeer. Tot dusver het die pogings om nuwe en prikkelende blik op sy eie werk en idees te kry. Die verhouding tussen kunstenaars en hulle verhouding tot die bestaande kunsvoorwerpe, werk dus bevrugtend op die individuele kunstenaar se werk in. Daar bestaan nie in Bloemfontein 'n plek waar kunstenaars in die gang van hul soeke na bevrugtende invloede, kan ontmoet nie. Die A.C. White-galery het 'n beperkte kunsversameling en die galery self is afgesonder en het 'n volwaardige en lewende kunsmuseum en -sentrum in die stad tot stand te bring, op niks uitgeloop nie. So 'n museum sou as brandpunt vir die kunslewe in Bloemfontein dien: dit sou 'n deel uitmaak van plaaslike kunstenaars se voedingsbron en aan die hand van lesings en uitgestalde werke sou die publiek die waarde en belang van die beeldende kunste besef en ook dat kuns nie net versiering en belegging is nie, maar weerspieëling van een of ander lewens= beskouing.
Description
Keywords
Art -- South Africa -- Bloemfontein, Art -- South Africa, Intellectual life, Bloemfontein (South Africa) -- Intellectual life, Dissertation (M.A. (History and Fine Arts))--University of the Free State, 1980
Citation