Molecular diagnosis of familial hypercholesterolaemia in the diverse South African population

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-11
Authors
Callis, Magdalena
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Coronary heart disease (CHD) is one of the leading causes of mortality in Westernised countries and accounts for approximately 25% of all deaths. Elevated lipid and lipoprotein levels leading to atherosclerosis, affects about 4.8 million South Africans, placing them at high risk for developing CHD. Familial hypercholesterolaemia (FH) and familial defective apolipoprotein B-100 (FDB) are autosomal co-dominant inherited lipid disorders, the hallmark of these phenotypes being the elevation of plasma cholesterol concentrations and premature mortality from cardiovascular complications. Molecular defects in the low density lipoprotein receptor (LDLR) gene and apolipoprotein B (APOB) gene, respectively, underlie the phenotype in FH and FDB. DNA analysis of these loci, using a combination of three mutation screening strategies, was performed in the diverse South African population. No FDB-causing mutation was detected in any of the clinically defined hypercholesterolaemic patients included in the study, which underlines the low prevalence of this lipid disorder in the South African population. A high sensitivity of extensive combined mutation screening strategies was demonstrated, since molecular lesions were detected in all Jewish hypercholesterolaemic patients analysed. Despite this, the gene defects could not be identified in all the clinically defined Afrikaner FH patients analysed. The disease phenotype in these patients may be caused by mutations in other genes underlying autosomal dominant hypercholesterolaemia (ADH). The high prevalence of FH in several of the genetically distinct populations of South Africa, particularly the Afrikaners and Jews (-1/70), allows a population-based screening strategy. In addition to the three previously described Afrikaner founder mutations (0154N, 0206E and V408M), two possibly minor founder mutations, D200G and S258L, were detected in Afrikaner FH homozygotes. Inclusion of these LDLR gene defects in routine DNA screening would improve the diagnostic service for FH. The Jewish founder mutation, 652de1GGT, predominates in the majority (57%) of South African Jewish patients screened. This mutant allele became more prevalent in FH Jews of Lithuanian lineage (75%). LDLR gene mutation, N407K, identified in an Afrikaner-Jewish FH patient who is also heterozygous for mutation, 0206E, appears to be associated with a mild FH phenotype. Follow-up family studies demonstrated that genotype-phenotype correlation studies are of utmost importance for the implementation of preventive treatment strategies. Gender, age, race, home language, historical affiliation with specific religious groups, geographical distribution, as well as specific disease phenotypes may impart to the heterogeneous distribution of mutant alleles in a homogeneous population. The distribution of the three founder-related Afrikaner LDLR gene defects was shown to correlate significantly with home language (Afrikaans or English) and historical membership with the Gereformeerde Church. Analysis of the angiotensin-converting enzyme (ACE) gene insertion/deletion (I/D) polymorphism in the Afrikaner population supports the notion that age and the genetic background of population subgroups may contribute to the heterogeneity of this genetic marker. The potential for different degrees of linkage disequilibrium of the ACE I/D polymorphism with other potentially significant sequence changes in the gene and the modest degree of increased risk for CHD associated with the ACE DD genotype, argued against the likelihood of this marker being a clinically useful indicator of increased risk for CHD in Afrikaner FH patients. This study highlights the potential prognostic value of DNA diagnosis in populations where a small number of mutations cause the disease in the vast majority of affected cases. The possible role of modifier genes in the phenotypic expression of FH has to be considered within a specific population context, since gene-environment interaction most likely contributed to the unique genetic make-up of the diverse South African population. A comprehensive multilocus risk assessment strategy, including complete genotyping and accurate interpretation of genetic data, should in future be applied to determine an individual's risk for the development of CHO. Molecular analysis of patients with the FH phenotype may be considered a prerequisite for accurate diagnosis, genetic counselling and optimal treatment targeted at the cause of the disease.
Afrikaans: Koronêre hartvatsiekte (KHVS) is een van die hoofoorsake van mortaliteit in Westerse lande en dra by tot nagenoeg 25% van alle sterftes. Verhoogde lipied- en lipoproteïen vlakke lei tot aterosklerose en affekteer ongeveer 4.8 miljoen Suid-Afrikaners deur hulle in In hoë risikogroep vir die ontwikkeling van KHVS te plaas. Familiële hipercholesterolemie (FH) en familiële defektiewe apolipoproteïen B-100 (FOB) is outosomaal ko-dominante oorerflike lipiedsiektes, met verhoogde plasma cholesterol konsentrasies en premature sterftes vanweë kardiovaskulêre komplikasies as sleutelkenmerke van die fenotipe. Molekulêre defekte in die lae digtheid lipoproteïenreseptor (LDLR) geen en apolipoproteïen B (APOB) geen, onderskeidelik, is onderliggend aan die FH en FOB fenotipes. DNA analise van hierdie lokusse deur die gebruik van In kombinasie van drie mutasie-siftingstrategieë, is in die diverse Suid- Afrikaanse bevolking uitgevoer. Geen FDB-veroorsakende mutasies kon in enige van die klinies gedefinieërde hipercholesterolemie pasiënte wat ondersoek is, opgespoor word nie. Dit beklemtoon die lae voorkoms van hierdie lipiedsiekte in die Suid- Afrikaanse bevolking. Die uitgebreide, gekombineerde mutasie-siftingstrategie het In hoë sensitiwiteit openbaar, aangesien mutasies by alle Joodse hipercholesterolemie pasiënte op wie analises uitgevoer is, aangetoon kon word. Daarenteen is mutasies nie by alle klinies gedefinieërde Afrikaner FH pasiënte wat ondersoek is, identifiseer nie. Die siektefenotipe by hierdie pasiënte kan moontlik veroorsaak word deur mutasies in ander gene wat by outosomale dominante hipercholesterolemie (ADH) betrokke is. Die hoë voorkoms van FH in verskeie populasie groepe in Suid-Afrika, veral die Afrikaners en Jode (-1/70), leen homself tot In populasie-gerigte siftingstrategie. Bykomend tot die drie reeds beskryfde Afrikaner stigtersmutasies (D154N, D206E and V408M), is twee moontlike kleiner stigtersmutasies, D200G en S258L, in Afrikaner FH homosigote opgespoor. Insluiting van hierdie LDLR geendefekte by die roetine DNA siftingstrategie sal In verbeterde diagnostiese diens vir FH teweegbring. Die Joodse stigtersmutasie, 652de1GGT, is teenwoordig in die meerderheid (57%) Suid-Afrikaanse Joodse pasiënte wat ondersoek is. Hierdie mutante alleel kom meer algemeen voor by Joodse FH pasiënte van Litauaanse afkoms (75%). Die LDLR geenmutasie, N407K, identifiseer in In Afrikaner-Joodse pasiënt wat ook heterosigoties vir mutasie, D206E, is, blyk geassosieerd te wees met In matige FH fenotipe. Opvolgondersoeke het getoon dat genotipe-fenotipe korrelasie studies in families van uiterste belang is by die implementering van voorkomende behandeling-strategieë. Geslag, ouderdom, ras, huistaal, geskiedkundige verwantskap aan spesifieke godsdienstige groepe, geografiese verspreiding, sowel as spesifieke siektefenotipes, mag almal deelagtig wees aan die heterogene verspreiding van mutante allele in 'n homogene bevolking. Die verspreiding van die drie LDLR Afrikaner stigtersmutasies korreleer statisties beduidend met huistaal (Afrikaans of Engels) en geskiedkundige lidmaatskap aan die Gereformeerde Kerk. Analise van die "angiotensin-converting enzyme" (ACE) geen invoeging/delesie (110) polimorfisme in die Afrikanerbevolking, staaf die gedagte dat ouderdom en genetiese agtergrond van bevolkingsubgroepe tot heterogeniteit van hierdie genetiese merker kan bydra. Die potensiaal van verskillende grade van koppelingsdisekwilibrium van die ACE polimorfisme met ander potensieël belangrike volgordeveranderings in die geen en die matige verhoogde risiko vir KHS wat met die ACE DD genotipe geassosieerd is, skakel die moontlikheid dat hierdie merker 'n klinies bruikbare indikator vir verhoogde KHS risiko is, grootliks uit. Hierdie ondersoek benadruk die potensiële prognostiese waarde van DNA diagnose in bevolkings waar 'n klein aantal mutasies die siekte in die meerderheid geaffekteerde gevalle veroorsaak. Die moontlike rol van modifiserende gene by die fenotipiese uitdrukking van FH moet binne 'n spesifieke bevolkingskonteks beskou word, aangesien geen-omgewing interaksie baie waarskynlik 'n bydrae tot die unieke genetiese samestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking gemaak het. 'n Uitgebreide multilokus risikobepalingstrategie wat volledige genotipering en akkurate interpretering van genetiese resultate insluit, behoort in die toekoms gebruik te word om 'n individu se risiko vir die ontwikkeling van KHVS te bepaal. Molekulêre analise van pasiënte met 'n FH fenotipe, kan as voorvereiste beskou word vir akkurate diagnose, genetiese raadgewing en optimale behandeling wat op die oorsaak van die siekte gerig is.
Description
Keywords
Coronary heart disease, Denaturing gradient gel electrophoresis, Familial defective apolipoprotein B-100, Familial hypercholesterolaemia, Genotype-phenotype correlation studies, Heteroduplex-single strand conformation polymorphism, Low density lipoprotein receptor gene, Modifier genes, Molecular diagnosis, Mutation screening, South African population, Hypercholesteremia -- South Africa, Thesis (Ph.D. (Neurology))--University of the Free State, 2000
Citation