'n Ondersoek na die verbetering van produktiwiteit in die kleinhandel

Loading...
Thumbnail Image
Date
1978-12
Authors
Linstrom, Frederick Ernst
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die rede waarom hierdie ondersoek gedoen is, is omdat daar nog baie min bekend is oor produktiwiteit 'n die kleinhandel in Suid-Afrika. Indien maksimum produktiwiteit in die kleinhandel bereik kan word, behoort dit 'n 'wesenlike bydrae te lewer om pryse in toom te hou. Die doel van die ondersoek was eerstens om deur middel van 'n literatuurstudie vas te stel: wat produktiwiteit is watter faktore fn invloed op produktiwiteit uitoefen hoe produktiwiteit gemeet kan word hoe produktiwiteit verbeter kan word in die kleinhandel Tweedens was die doelom deur middel van fn empiriese ondersoek -die produktiwiteit en produksie van verkoopspersone in 'n departementele winkel op verskillende maniere te meet -vas te stelof daar 'n beduidende verband bestaan tussen die produktiwiteit (en produksie) van verkoopspersone in 'n departementele winkel, aan die een kant, en die volgende biografiese gegewens (wat gewoonlik op aansoekvorms voorkom): huwelikstatus kinders (ja/nee) geslag ouderdom jare verkoopsondervinding jare diens by betrokke onderneming opvoedkundige kwalifikasie afstand van werk salaris Die metode: 'nStelsel om die verkope (geldwaarde) en aantal transaksies beklink van verkoopspersone te bepaal, is by die betrokke onderneming ingestel. Die biografiese gegewens is uit die persoonlike lêers verkry. Die verkoopsyfers en aantal transaksies is oor een jaar (Julie tot Junie) versamel. Een honderd agt en twintig verkoopspersone (wat almal minstens nege maande in diens was as verkoopspersone) se gegewens is gebruik. Die produktiwiteit (en produksie) van die individuele verkoopspersone is soos volg bereken: Metode 1: Waarde van verkope Salaris Metode 2: Waarde van verkope X aantal transaksies gemiddelde waarde van gemiddelde aantal verkope in afdeling transaksies in afdeling X gemiddelde salaris in afdeling X 100 eie salaries 1 Metode 3: Waarde van verkope X aantal transaksies gemiddelde waarde gemiddelde aantal van verkope in transaksies in afdeling afdeling Om te bepaal of die verkoopspersone se produktiwiteit en produksie, soos hier gemeet, 'n beduidende verband toon met hulle biografiese gegewens, is daar gebruik gemaak van die Chi-Kwadraat toets en t-toets. Belangrikste gevolgtrekkings en aanbevelings 1. Wat is produktiwiteit. Uit die literatuur blyk dit dat produktiwiteit die verhouding uitvoer tot invoer is, met ander woorde, hoe doelmatig en doeltreffend die invoere aangewend word om ‘n bepaalde uitvoer te verkry. 2. Die faktore wat produktiwiteit beinvloed. Dit blyk dat produktiwiteit deur ‘n verskeidenheid faktore beïn: vloed word, wat soos volg opgesom kan word: (a) Faktore in die persoon self (b) Faktote in die persoon se omgewing (c) Faktore in die werksituasie In die empiriese ondersoek is geen beduidende verband gevind tussen produktiwiteit van verkoopspersone in 'n afdelingswinkel en die biografiese gegewens ondersoek nie. Om die sukses van ‘n produktiwiteitsverbeteringsprogram te verseker moet daar op al hierdie faktore gelet word en nie net op sekeres nie. 3. Die meting van produktiwiteit. 'nVerskeidenheid for mules word in die literatuur voorgestel vir die meting van produktiwiteit, gewoonlik gebaseer op die een of ander benadering soos byvoorbeeld, finansieel, ekonomies of personeel. Hulle dui almal ‘n verhouding uitvoer tot invoer aan. Arbeidsproduktiwiteit in die kleinhandel word gewoonlik uitgedruk as die verhouding verkope tot arbeidskoste of verkope tot man-ure. Om individue van verskillende afdelings te kon vergelyk in die impiriese ondersoek, is korreksies aangebring vir die gemiddelde verkope, transaksies en salaris in elke afdeling. ,4. Die verbetering van produktiwiteit.Uit die literatuur blyk dit dat daar genoeg tegnieke bestaan wat in die kleinhandel gebruik kan word om produktiwiteit te verbeter. Die beste oplossing is waarskynlik om 'n kombinasie van die volgende tegnieke te gebruik: metodestudie werksmeting aanpassing van die verkoopspersoneel se persoonlike hoedanighede by dié van die klante keuring en opleiding aanpassing van personeelvoorsiening by klante-vloei en posverryking.
Description
Keywords
Retail business, Retail trade, Dissertation (M.A. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1978
Citation