'n Toepassing van die intellektuele en motoriese leerprosesse op klaviertegniek

Loading...
Thumbnail Image
Date
1985-06
Authors
Ballot, Hester du Toit
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die teks word voorafgegaan deur 'n probleemstelling waarin die redes vir en metode van navorsing vir die verhandeling kortliks uiteengesit word. Deel I is 'n ondersoek na die intellektuele en motoriese leerprosesse. Die intellektuele leerproses word eers in breë trekke uiteengesit wat betref perseptuele en konseptueIe leer, waarna elk individueel in fases onderverdeel word. Hierdie onderverdelings word eers ten opsigte van algemene leer verduidelik, waarna dit op klavieronderrig in die algemeen toegepas word. Hierna word kortliks klem gelê op die beginsels van onderrig, die doel van musiekopleiding, hoe musiek verstaan word en kommunikasie tydens onderrig. Die motoriese leerproses word uiteengesit met betrekking tot: - motoriese leerwyses/onderrigtipes; - faktore wat die motoriese leerproses beinvloed; - die aanbieding van inligting; - faktore wat instruksie beinvloed; - die fases van die motoriese leerproses. Deel I word afgesluit met 'n bespreking van kennis van die resultaat, waarsonder geen leer plaasvind nie. Deel II is item vir item op deel I gebaseer: 'n toepassing van die intellektuele en motoriese leerprosesse op klaviertegniek. Perseptuele en konseptueIe leer word (ook ten opsigte van hulonderverdelings) op die aanleer van klaviertegniek toegepas. Aangesien alle leer afhanklik is van insig in die beginsels waarop feite berus, word die beginsels van klaviertegniek vervolgens uitvoerig bespreek: - estetiese vereistes; - klaviertoon en die beginsels van toonproduksie; - intellektuele en psigiese beheer; - hefboomwerking; - visuele beweginsvorme; - gekoordineerde spierwerking. Hierop volg besprekings van die onderrigbeginsels van klaviertegniek, die doel van tegniese onderrig, hoe tegniek verstaan word en kommunikasie tydens tegniese onderrig. Die tegniese leerproses word voorts uiteengesit met betrekking tot tegniese leerwyses/onderrigtipes: - faktore wat die tegniese leerproses beinvloed; - die aanbieding van tegniese inligting; - faktore wat tegniese instruksie beinvloed; - die aanbied van inligting gedurende die fases van die tegniese leerproses. Aangesien die fyn motoriese proses van klavierspel nie sonder toegewyde oefening aangeleer word nie, word oefendissipline en die vorming van bewegingspatrone uitvoerig bespreek. Laasgenoemde is ook van talle bruikbare praktiese voorbeelde (in notasie) voorsien. Die verhandeling behoort ook as riglyn in die praktyk nuttig te wees. Ten einde bekendwording met die inhoud te vergemaklik, is 'n gedetailleerde indeks ná die bibliografie ingevoeg.
Description
Keywords
Piano -- Technique, Piano -- Instruction and study, Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 1985
Citation