Die kwaliteit van sekere aspekte van verpleegsorg vanuit die oogpunt van sekere pasiënte in die blanke algemene verpleegopleidingshospitale in die Oranje-Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979-09
Authors
Vermaak, Maud Vera
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Hierdie studie is In beskrywende opname om vas te stel hoe pasiënte die verpleegsorg wat hulle ontvang, beleefo Die volgende navorsingsvrae is gestelg I. Voorsien verpleegkundiges, volgens die oordeel van hul pasiënte, doeltreffend in die basiese behoeftes van daardie pasiënte, byvoorbeeld in hulle gemak en higiëniese behoeftes? 20 Voorsien verpleegkundiges in hul pasiënt• e se behoeftes ten opsigte van inligting en voorligting oor hulle siekte en behandeling? Dit sluit inligting aangaande die hospitaal= omgewing, roetine en diagnostiese toetse in, en voorligting oor aanpassings wat nodig mag wees weens hulle siektetoestand. 30 Voorsien verpleegkundiges in hul pasiënte se psigo=sosiale behoeftes, byvoorbeeld aan hulle behoefte aan die verligting van angs? In Literatuurstudie is onderneem en in die drie hoofstukke wat op die inleidende hoofstuk volg, bespreek. Eerstens word un historiese oorsig oor die ontwikkeling van die konsep "verpleging" in die V.S.A., Brittanje en Suid-Afrika, sedert die instelling van opleiding vir professionele verpleegkundiges deur Florence Nightingale, gegee. Vandag onderskryf Suid= Afrikaanse verpleegkundiges die siening van Peplau (1952, p.4) wat lui: " ... nursing is an interpersonal process, and often a therapeutic one .0. the operations involved in the nursing process are interpersonal and technical ones, but the process itself cannot be defined as technical. 10 Navorsing wat reeds gedoen is aangaande die pasiënt se belewenis van sy verpleegsorg word ondersoek. Dit gee un aanduiding van watter aspekte van verpleegsorg leemtes toon, wat as leidrade kan dien vir die navorsingsvrae en die ontwerp van die instrument. un Ondersoek na die metodes waarvolgens navorsing oor dié onder= werp gedoen is, het ook inligting verskaf wat gebruik kon word by die ontwerp van die instrument vir die studie. Na on uiteensetting van die voorlopige studie word die ontwerp van die hoofondersoek bespreek. un Vraelys met 64 vrae is opgestel na aanleiding van die literatuurstudie en die voorlopige onder= soek. Dit is gebruik om gestruktureerde onderhoude te voer met 192 volwasse pasiënte in mediese en chirurgiese sale van die vyf algemene opleidingshospitale vir Blanke verpleegkundiges in die Oranje-Vrystaat. Die response op die vrae is uiteengesit in verhouding tot die biografiese data, maar relatief min beduidende verskille is aangetoon, byvoorbeeld tussen respondente in die stedelike en plattelandse hospitale, tussen mans en vroue, tussen verskillende beroepsgroepe, ensovoorts. Die algemene beeld wat uit die resultate na vore tree, is dat on groot meerderheid van die respondente tevrede was met hul verpleeg= sorg. Geen patroon van ontevredenheid is uitgewys nie. Waar hulle kritiek uitges.preek het, of ongelukkig was, was dit oor spesifieke insidente of spesifieke aspekte van versorging. Die response wys leemtes in verpleegsorg uit waarvan die respon= dente onbewus was en wat hulle dus nie as leemtes ervaar het nie. Navorsingsvraag 1 In Gemiddeld van 7% respondente het leemtes ervaar in basiese versorging wat oorwegend handvaardigheid vereis, byvoorbeeld on bed was. Daar was egter In gemiddeld van 20% wat nie die nodige aandag ontvang het ten opsigte van versorging wat waarnemings'" vaardighede as voorvereiste gehad het en wat die toepassing van professionele kennis vereis het nie, byvoorbeeld die hantering van slapeloosheid. Navorsingsvraag 2 On Gemiddeld van 29% respondente het nie die nodige oriëntering, inligting en voorligting ontvang nie. Navorsingsvraag 3 Getuienis is gevind dat swak fisiese versorging en gebrekkige inligting en voorligting, spanning veroorsaak het by respondente, maar die getuienis kon nie statisties bepaal word nie. Volgens die response op vier vrae wat spesifiek oor angs gehandel hetg het 13%, 36%, 50% en 96% van diegene wat ondersteuning benodig het, dit nie gekry nie. Aanbevelings is gemaak om kliniese onderrigprogramme op te knap sodat studente se waarnemingsvaardighede, die toepassing van teoretiese kennis en interpersoonlike vaardighede ontwikkel word. Daar is ook aanbeveel dat psigiatriese verpleegkonsultante in algemene hospitale aangestel word om verpleegkundiges te help met die uitoefening van hul ekspressiewe funksie.
Description
Keywords
Nursing care, Nursing -- Standards, Nursing services -- Administration, Dissertation (M.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 1979
Citation