'n Ondersoek na, en evaluasie van voorgeboorte versorging en -voorligting soos verskaf aan gesonde, blanke, gehude primigravidas in die stad en distrik van Bloemfontein waarvan die bevallings hanteer is in die Nasionale Hospitaal, Bloemfontein.

Loading...
Thumbnail Image
Date
1975-01
Authors
Williams, Esther
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die ervare geneesheer en die ervare vroedvrou is daar wel deeglik bewus van dat voorgeboorte versorging en -voorligting aan die swanger vrou noodsaaklik is. voorgeboorte versorging het ten doel die optimale liggaamlike, emosionele en geestelike voorbereiding vir swangerskap, baring en die puerperium. Om te verseker dat die swanger vrou in goeie fisiese gesondheid verkeer, moet die geneesheer en die vroedvrou tydens elke voorgeboorte ondersoek die nodige kliniese en spesiale ondersoeke uitvoer. Goeie fisiese gesondheid tydens swangerskap word ook in stand gehou en bevorder deur voorligting te verskaf oor die belang van fn gebalanseerde dieet, die noodsaaklikheid van vars lug en oefening tydens swangerskap, en ook die belang van genoeg rus en ontspanning. Emosionele en geestelike voorbereiding vir swangerskap en baring, sowel as morele steun gedurende hierdie tydperk, is fn noodsaak: like aspek van voorgeboorte versorging van die swanger vrou. Hier lS ditveral die vroedvrou wat fn belangrike rol kan speel deur te luister na die vrae, deur vrese en probleme te bespreek, en deur taktvolle en eenvoudige verduidelikings aan die swanger vrou te verskaf. Eenvoudige verduidelikings oor die verloop van swangerskap en baring is noodsaaklik vir elke swanger vrou, veral die primigravida. Deur kennis en voorligting te verskaf, kan die geneesheer en die vroedvrou daartoe bydra om die swanger vrou se vrees vir die onbekende uit die weg te ruimo uit die resultate van hierdie ondersoek blyk dit dat die voorgeboorte versorging van die swanger vrou, soos plaaslik verskafp voldoende is m.b.t. die voorkoming van komplikasies. Daar bestaan egter ‘n paar leemtes in die versorging van die swanger vrou uit hierdie ondersoek het dit pertinent geblyk, dat die emosionele en geestelike voorbereiding van die swanger vrou baie meer aandag en tyd regverdig as wat tans die geval iso Daar moet voorsiening gemaak word vir tyd, sowel as vir 'n rustige atmosfeer, om nodige voorligting en kennis aan die swanger vrou oor te dra. In die versorging van die swanger vrou, moet die geneesheer en die vroedvrou individuele versorging en onverdeelde aandag aan elke vrou gee. Deur die gebruik van die multidissiplinere gesondheidspan, kan tekorte en leemtes in die versorging van die swanger vrou voorkom word. So bv. is die dieetkundige die aangewese persoon om inligting oor dieet te verskaf aan die swanger vrou, terwyl die ervare vroedvrou 'n baie belangrike rol kan vervul deur die verskaffing van morele ondersteuning aan die swanger vrou. Emosionele voorbereiding vir die bevalling en die puerperium kan ook suksesvol aangebied word deur die ervare vroedvrou. Die toekomstige vader moet betrek word by die voorligting wat aan swanger vroue verskaf word, om die nodige aanpassings wat die geboorte van 'n baba noodwendig meebring, te vergemaklik. Optimale versorging van die swanger vrou is dus die taak en verantwoordelikheid van elke spesifieke lid van die multidissiplinere gesondheidspan. Goeie voorgeboorte versorging en voorligting verseker 'n gesonde, gelukkige moeder en 'n lewendeg gesonde baba. Deur die toekomstige vader by ‘n onderrigprogram te betrek, word hy in staat gestelom die nodige emosionele steun aan sy vrou te verskaf en ook om te help met die versorging van die baba. Daardeur word die gesinslewe op ‘n stewige grondslag geplaas; en dit is belangrik, want ‘n gesonde gesinslewe vorm die grondslag van elke individu se gevoel van veiligheid en sin vir identiteit.
Description
Keywords
Pregnancy, Prenatal care, Nasional Hospital -- Bloemfontein, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing Science))--University of the Free State, 1975
Citation