Die lewensbeskoulike siening van 'n groep finalejaar-onderwysstudente ten opsigte van voorhuwelikse liefdesverhoudinge

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982-12
Authors
Fouche, Carel Frederik Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Soos die titel aandui, handel hierdie verhandeling oor die lewensbeskoulike siening van 'n groep finalejaar-onderwysstudente ten opsigte van voorhuwelikse liefdesverhoudinge. Voorhuwelikse geslagsverkeer is 'n universele verskynsel wat reeds sedert die vroegste tye bestaan. Verskeie wette wat 'n verbod plaas op voorhuwelikse geslagsverkeer en ander vorme van onsedelikheid word eksplisiet in die Ou en Nuwe Testament aangetref, bv. Lev. 18:1-30, Deut. 22:13-29, Matt. 5:27-32 en 1 Kor. 7:2. Die monogame huwelik is 'n skeppingsordinansie van God wat deur Hom geheilig is en daarom mag die mens nie onkuis buite of binne die huwelik lewe nie. Verder is die huwelik ook 'n weerspieëling van die verbond tussen God en die mens (Jes. 54: 5; Jer. 2: 1-4) waarin daar nie plek is vir 'n derde persoon nie. (Eseg.23:38) Geslagsverkeer vóór of buite die huwelik word eksplisiet deur die Heilige Skrif as hoerery bestempel soos dit duidelik blyk uit Deut. 22: 13-21. Hoerery bly nie ongestraf nie, soos afgelei kan word uit die Bybelse gegewens met betrekking tot die sedelose optrede van bv. Lot en sy dogters, Dawid en Batseba asook Amnon en Tamar. Daar is op gewys dat die huwelik as hoeksteen die liefde tussen man en vrou het en dat 'n huwelik nie kan slaag as die liefde nie teenwoordig is nie. Enersyds blyk dit ook dat hoewel dit in die huwelik nie net gaan om die seksuele nie, die rol van die fisieke liefde nie geringgeskat kan word nie - dat dit 'n gawe van God is wat slegs binne die huwelik beoefen mag word. Selfbeheersing en kuisheid voor die huwelik, ook tydens die verlowing, is 'n Goddelike opdrag wat nie verontagsaam mag word nie. Die korrekte keuse van 'n huweliksmaat is essensieel vir die sukses van 'n huwelik. Te midde van 'n progressiewe losbandige wêreld- en lewensbeskouing word dit al hoe moeiliker vir die mens om 'n kuis en rein lewe te lei. Die humanistiese gees van vrye liefde en seksuele losbandigheid begin toenemend veld wen. Verskeie faktore is hiervoor verantwoordelik waaronder toenemende godsdienstige afvalligheid, afbreking van gesagsinstellings en 'n valse lewens-wêreldbeskouing die belangrikste is. Die seksuele word tot die uiterste grense - selfs die perverse - geëksploiteer. Gewaagde kleredrag, reklame, televisieprogramme, rolprente, verhale en sekere popmusiek dien daartoe om die vrye seksuele verkeer te propageer. Die jongmens word in so 'n mate hiermee gekonfronteer dat dit by hom die gedagte laat posvat dat dit normaal en byderwets is om vryelik seksuele gunste uit te deel en te ontvang. Hiermee hang saam die negatiewe voorbeeld wat deur baie volwassenes in dié opsig gestel word. Die huwelik word geringgeskat. soos blyk uit die hoë egskeidingsyfer en die toenemende saamwonery van ongetroudes (agamie). Die huweliksverhouding van baie jongmense se ouers wek ook by hulle 'n negatiewe ingesteldheid teenoor die huwelik. In samehang hiermee is voorbehoedmiddels vryelik beskikbaar en speel die vrees vir swangerskap nie meer so 'n groot rol by die besluit tot geslagsgemeenskap voor die huwelik al dan nie. Te min aandag work ook deur die ouers, die skool en die kerk gegee aan die brandende vraagstuk rondom die problematiek van voorhuwelikse liefdesverhoudinge. Dit is dus nie verrassend dat 'n sekere persentasie jongmense meen dat die Bybel nie vrye seksuele verkeer summier veroordeel nie, soos blyk uit die ondersoek wat in dié verband gedoen is. 'n Groot persentasie jongmense openbaar egter dat die Woord van die Here nog dien as rigsnoer en norm vir hulle lewens, ook ten opsigte van hulle verhouding met die teenoorgestelde geslag.
Description
Keywords
Unmarried couples, Church and social problems -- South Africa, Dissertation (M.A. (Biblical Science))--University of the Free State, 1982
Citation