Die administrasie en organisasie van sport aan enkele onderwyserskolleges: 'n kritiese ondersoek

Loading...
Thumbnail Image
Date
1983-12
Authors
De Man, Leon Albertus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die doel van die studie was om 'n ondersoek na die administrasie en organisasie van sport aan enkele onderwyserskolleges te loods en om sodoende 'n funksioneel doeltreffende stelsel van sportadministrasie en -organisasie daar te stel. Ten einde begripsverwarring met betrekking tot die ondersoek te voorkom, is sekere begrippe soos van toepassing op die verhandeling gebruik, in die tweede hoofstuk geanaliseer en verklaar. Die samestelling van die vraelys wat in die ondersoek gebruik is, is breedvoerig in hoofstuk drie bespreek. Daarin is sterk gesteun op die beginsels van sport, sportadministrasie, -organisasie, en georganiseerde sportbeoefening om die bestaande stelsels van sportadministrasie en -organisasie soos toegepas aan elke kollege deeglik te ondersoek. In hoofstukke vier, vyf en ses is die huidige stand van sportadministrasie en -organisasie aan die verskillende kolleges met behulp van hierdie vraelys deeglik onder die soeklig geplaas en georden. Uit die resultate van die ondersoek het die georganiseerde karakter van sportbeoefening aan elke kollege duidelik geblyk. Die uitstaande kenmerke, positiewe aspekte asook die tekortkominge en knelpunte in die stelsels van sportadministrasie en -organisasie aan die kolleges het duidelik uit die ondersoek na vore gekom. Met hierdie inligting ter beskikking is daar in die laaste hoofstuk gepoog om 'n moontlike funksionele en werkbare stelsel van sportadministrasie en -organisasie aan onderwyserskolleges voor te stel. Aspekte in dié stelsel wat bespreek en toegelig is, is gegrond op die beginsels van doeltreffende sportadministrasie en -organisasie. Met die nodige aanpassings behoort hierdie stelsel aan enige onderwyserskollege suksesvol geïmplementeer te word.
Description
Keywords
Sports -- South Africa, Universities and colleges -- Sports -- South Africa, Dissertation (M.A. (Physical Education))--University of the Free State, 1983
Citation