'n Kritiese evaluering van onderwyspraktikumstelsels by residensiële onderwyserskolleges vir blankes in Natal

Loading...
Thumbnail Image
Date
1980-11
Authors
Kock, Alexander Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Hierdie studie handeloor onderwyspraktikum by Natalse residensiële kolleges. In hoofstuk een word 'n literatuurstudie as basis gebruik om probleme in verband met onderwyspraktikum te identifiseer en om kategorieë te ontwerp vir die ordening van doelstellings. Die doel is dan om die situasie in Natal te meet aan die inligting wat uit die literatuurstudie blyk. Verder word 'n aantal begrippe omskryf ten einde semantiese misverstande te voorkom. Hoofstuk twee word gewy aan 'n beskrywing van die praktikumstelsels by die drie onderhawige kolleges, nl. die Natal Training College, die Durbanse Onderwyskollege en die Edgewood College of Education. In elke geval word die geskiedenis kortliks nagegaan, daarna word die huidige opset indringend bespreek en laastens word In blik op die toekoms gewerp. In hoofstuk drie word die stelsel by elke kollege noukeurig ontleed met behulp van gegewens wat verskaf is deur vierdejaarstudente, praktikumdosente en hoofde van meewerkende skole. Die gegewens is verkry met behulp van vraelyste wat in die Bylae opgeneem is. Die belangrikste gevolgtrekkings waartoe geraak word, is die volgende: 1. Die organisasie van die praktikumstelsels gee aanleiding tot probleme. 2. Die belangrikste probleme het te doen met die duur van die sessies, oorlading van skole, kunsmatigheid van veral die evalueringsituasie en die antipatie wat tussen skole en kolleges heers. 3. Nieteenstaande hierdie probleme, staan die meeste betrokkenes positief teenoor die stelsel en word deurlopende onderwyspraktikum aanvaar as die beste metode om praktiese ervaring op te doen. In hoofstuk vier word die volgende uitgangspunte by die ontwerp van In ideale stelsel gestel. 1. Onderwyspraktikum vorm In deel van onderwysersopleiding. 2. Voorskrifte van die Kriteria ten opsigte van die totale duur van die praktikum, moet nagekom word. 3. Simulasietegnieke het In kernbelangrike rol in onderwysersopleiding. 4. Die doelstellings wat geidentifiseer is, is geldig en hulle verwesenliking sal uiteindelik geld as toets vir die doeltreffendheid van die stelsel. 5. Die skool moet in volle vennootskap staan met die kollege. Die ideale stelsel van praktikum wat voorgestaan word, behels die "Woensdagoggendstelsel" vir eerstejaars en deurlopende praktikumsessies vir seniors. Die rol van die praktikumdosent, die skoolhoof en die onderwyser word omskryf en klem word gelê op die gebruik van simulasietegnieke - ook vir remediëring. Ten besluite word In aantal aanbevelings gedoen ter afronding van die ideale stelsel. 1. Herbesinning oor doelstellings met die oog op die identifikasie van opleidingsdoelwitte, is wenslik. 2. Die gebruik van simulasietegnieke moet uitgebrei en intensief bestudeer word. 3. Evalueringstegnieke moet met die oog op verbetering voortdurend bestudeer word. 4. Daar moet voorsiening gemaak word vir remediërende werk op georganiseerde skaal. 5. Studente wat nie aan die minimum-vereistes ten opsigte van praktikum voldoen nie, behoort uitgeskakel te word. 6. Skoolhoofde moet opgelei word vir die belangrike rol wat hulle moet vervul. In Komitee van skoolhoofde moet die Kollege-senaat adviseer in verband met onderwyspraktikum. 7. Onderwysers wat betrokke is by praktikum, moet gekeur en opgelei word vir hulle taak. 8. Praktikumdosente moet gekeur en opgelei word. Voorkeur moet verleen word aan vakspesialiste (vir praktikumleiding - veral vir evaluering) bo algemene praktikumdosente. 9. Die totale praktikumtydperk moet eweredig versprei wees oor die totale kursus. Sessies moet aaneenlopend wees en vir verskillende jaargroepe versprei word oor die akademiese jaar. Slegs een student moet in elke klas (of by elke onderwyser) geplaas word, maar eerstejaars kan voordeel trek indien hulle twee-twee geplaas word. Plasing van In student by In bepaalde onderwyser moet met groot omsigtigheid geskied. 10. Skole moet verantwoordelikheid aanvaar vir geprogrammeerde opleiding in algemene skooladministrasie. 11. Gedurende praktikumsessies moet studente volledig inskakel by die skoolprogram - ook ten opsigte van buite-kurrikulêre werk. 12. Dosente moet in noue voeling bly met inspekteurs en vakadviseurs. 13. Die hoof en sy personeel het In besondere verantwoordelikheid teenoor In onderwyser in sy eerste diensjaar.
Description
Keywords
Teachers -- In-service training -- South Africa, Universities and colleges -- South Africa, Student teachers -- South Africa -- Natal, Education -- South Africa, Dissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1980
Citation