Die voorkoms van giste tydens hoenderproduksie

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-12
Authors
Laubscher, Willem Diederik Froneman
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhoging in die plasing van die aantal hoenders per oppervlakte verhouding in moderne pluimvee boerdery praktyke, skep In klimaat waar mikrobiese groei (insluitend patogeniese mikroorganismes) gestimuleer word. Die stimulering van mikroorganismes word veralopgemerk in respiratories geassosieerde vrektes in groeihokke. Op grond van die verhoging in vrektes van jong kuikens is daar gekyk na die mikrobiese populasies teenwoordig in die tracheas van groeihok kuikens met spesiale karakterisering van die gis populasies teenwoordig. Die data het aangetoon dat die tracheas van jong braaikuikens hoofsaaklik besmet word deur die teenwoordigheid van gis species. Ten spyte van lae populasies in die eerste weke na uitbroeiing, ontwikkel die gispopulasies vinnig tot essensieel 'n klimaks populasie tydens die vierde week in die groeihokke. Die karakterisering van die gispopulasies het daarop gedui dat die belangrikste species blyk as volg te wees: Debaryomyces hansenii, Candida b/ankii, Toru/aspora de/brueckii en Trichosporon beige/ii. Omdat giste ook 'n belangrike bydrae maak tot die bederf van hoenderkarkasse, en deel uitmaak van die normale mikrobiologiese populasie teenwoordig op die eetbare hoenderkarkasse en hoenderstukke, is die voorkoms van hierdie flora verder deur die prosesseringsaanleg gevolg. Alhoewel giste proporsioneel in kleiner getalle voorkom as bakterieë, kan die giste as sekondêre populasie ontwikkel wanneer die bakteriese populasie geinhibeer word soos gevind nadat die karkasse onderdompel is in chloorbevattende immersie-wentelverkoelings baddens tydens prosessering. Cryptococcus en Candida species domineer voor verkoeling van die karkasse tydens ontvering en ontweiding terwyl Debaryomyces species oorheers na verkoeling en tydens bevriessing. Die data dui verder daarop dat die implementasie van chloor as ontsmettingsmiddel tydens verkoeling geen invloed gehad het op die voorkoms van die gisspecies nie. Die bronne van giskontaminasie in die onmiddelike omgewing van die slag pale het dieselfde tipes van giste opgelewer as gevind op die karkasse. Weens die abnormale hoë getalle giste gevind op die karkasse, en die beperkte invloed van die ontsmettingsmiddels tydens verkoeling op die getalle van giste is verskillende bruikbare ontsmettingsmiddels in die immersie-wentelverkoelings bad ondersoek. Goeie inhiberende en dodings resultate is verkry met behulp van meeste van die produkte. Slegs chloor dioksied het egter In genoegsame dodingseffek gehad op Salmonella species en In betekenisvolle inhibering van gisgetalle.
Description
Keywords
Microbial contamination, Meat hygiene, Food contamination -- Safety measures, Dissertation (M.Sc. (Microbiology and Biochemistry))--University of the Free State, 2000
Citation