Suid-Afrika se vlootmagte 1922-2012

Loading...
Thumbnail Image
Date
2017-12
Authors
Wessels, Andre
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
SUN MeDIA Bloemfontein (SUN PReSS imprint)
Abstract
Afrikaans: Suid-Afrika, met drie landsgrense deur see omsoom en ’n kuslyn van ongeveer 2 800 km, is ’n maritieme moondheid. Die Suid-Afrikaanse vlootmagte vorm uiteraard ’n belangrike deel van dié land se gewapende magte en verdedigingstelsels. Alhoewel die benaming, Suid-Afrikaanse Vloot (SAV), eers sedert 1 Januarie 1951 gebruik word, dateer die geskiedenis van Suid-Afrika se vlootmagte terug tot ten minste 1922. In hierdie publikasie word die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse vlootmagte vanaf 1922 tot 2012 op akademiese wyse geboekstaaf deurdat die ontstaan en ontwikkeling van die vlootmagte op verantwoordbare wyse beskryf en geanaliseer word. Nadat die vlootgeskiedenis vanaf 1922 tot 1945 bespreek is, word die daaropvolgende hoofstukke aan elk van die volgende tipes vaartuie, asook die rolle wat hierdie vaartuie in die SAV gespeel het, gewy: fregatte, torpedojaers, mynveërs en mynjagters, patrolliebote, hidrografiese opmetingskepe, gevegsteunskepe, duikbote en laastens ander vaartuie, soos byvoorbeeld, sperboomvaartuie. Vlootgebeure word deurgaans geëvalueer teen die agtergrond van die politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika, terwyl gebeure in die internasionale arena ook toegelig word.
Description
This publication is available from AFRICAN SUN MeDIA: http://dx.doi.org/10.18820/9781928424055
Keywords
Maritime history, History
Citation
Wessels, A. (2017). Suid-Afrika se vlootmagte 1922-2012. http://dx.doi.org/10.18820/9781928424055
Collections