A distributed leadership communication strategy for improved learner academic perfomance

Loading...
Thumbnail Image
Date
2017-07
Authors
Lethole, Lieketseng Gloria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Addressing the problem of learner academic performance at Lesotho high schools is a long-standing phenomenon. In this study, the researcher explored the influence of distributed leadership practice on improving the learner academic performance of high school learners and interpersonal communication needed for addressing learner academic performance at schools, in order to ensure how the principals could use distributed leadership practice and interpersonal communication to enhance the academic performance of the learners. In the study, a literature search was conducted focusing on applicable theoretical frameworks and on the outcomes of past research. In particular, literature from national and international studies on how distributed leadership can impacts functioning of learner academic performance was consulted. The study employed a qualitative approach to what distributed leadership communication strategy may be effective in improving learners’ academic performance. Individual, indepth interviews were employed to collect data from participants. They comprised the principals of four high schools, Grade 10 teachers, parents, the chief and counsellor, as well as the chairpersons of the board chosen from four high schools in the Berea district of Lesotho. A key finding revealed that distributed leadership practice is not adequately practised at the high schools. Leadership and communication strategies for principals need effective training sessions. Currently no workshops are provided by the Ministry of Education and Training for teachers and principals to attend because of insufficient funds. These are strongly needed in order to equip leaders with the necessary skills. Parent community partnership within the school seems limited, which leads to hampering learners’ academic performance.
Afrikaans: Die aanspreek van die probleem rakende leerders se akademiese prestasie in Lesotho hoërskole is ’n fenomeen wat al lankal bestaan. In hierdie studie het die navorser die invloed van die praktyk van gedeelde leierskap op die verbetering van hoërskoolleerders se akademiese prestasie in skole ondersoek, asook die interpersoonlike kommunikasie wat benodig word om leerders se akademiese prestasie aan te spreek, om sodoende te bepaal hoe skoolhoofde gedeelde leierskap en interpersoonlike kommunikasie kan gebruik om die akademiese prestasie van die leerders te verhoog. ’n Literatuursoektog, gefokus op toepaslike teoretiese raamwerke en die uitkomste van vorige ondersoeke is in die studie onderneem. Daar is in die besonder gekyk na nasionale en internasionale studies oor hoe gedeelde leierskap leerders se akademiese prestasie kan beïnvloed. Die studie het ’n kwalitatiewe benadering gevolg na hoe ’n kommunikatiewe strategie by gedeelde leierskap effektief kan wees om leerders se akademiese prestasie te verbeter. Individuele, diepgaande onderhoude is gebruik om data van deelnemers in te samel. Dit het bestaan uit die skoolhoofde van vier hoërskole, graad 10-onderwysers, ouers, die hoof en berader, asook die voorsitters van die raad gekies uit vier hoërskole in die Bereadistrik van Lesotho. ’n Sleutelbevinding het aangedui dat gedeelde leierskapspraktyk nie voldoende by die hoërskole beoefen word nie. Leierskap- en kommunikasiestrategieë vir skoolhoofde benodig effektiewe opleidingsessies. Tans bied die Ministerie van Onderwys en Opleiding as gevolg van onvoldoende geld geen werkswinkels vir onderwysers en skoolhoofde aan nie. Hierdie is uiters noodsaaklik ten einde leiers met die nodige vaardighede toe te rus. Ouer-gemeenskapsbetrokkenheid by skole skyn beperk te wees, wat lei tot die belemmering van leerders se akademiese prestasie.
Description
Keywords
Distributed leadership, Interpersonal communication, School-community partnership, Learner academic performance, Poor performance, Motivation in education, Academic achievement, Dissertation (M.Ed. (Education Management))--University of the Free State, 2017
Citation