Die verband tussen selfkonsep, motivering en Engels tweedetaalprestasie onder graad 10- en 11 leerders in die Noord-Kaap

Loading...
Thumbnail Image
Date
2017-06
Authors
Coetzee, Marna Mareta
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Literacy is essential for each learner's future and success, especially literacy in English. English is regarded as the world language and as South Africa's lingua franca. Consequently, English is used as language of instruction at schools and tertiary institutions. Pressure is therefore exerted on education to develop skills and literacy in English as a second language at an appropriate level so that English can be used as an academic language. Individual differences lead to a variation in English learning outcomes, but researchers argue that the context in which English is taught has the main effect on language performance. South African researchers emphasise that the performance in English is extremely low. In addition, the current literature study investigates the role of extrinsic factors in the learning of English language skills and literacy. For the purpose of the study, Cummins's interdependence hypothesis was used to determine the influence of home language and already acquired literacy skills on the performance of English as second language. Epstein's overlapping sphere of influence was used to investigate the learning environments’ (home context, school and environment) influence on English second-language performance. In addition, intrinsic factors such as self-concept and motivation were investigated, using the multidimensional self-concept model (Shavelson et al., 1976) and the self-determination theory (Deci & Ryan, 1985; 2000a). Research findings show that literacy skills in the home language have to be well established and developed in order to perform well in English and to develop a good level of literacy in English. Furthermore, the findings show that a learner's English second-language performance and literacy development should be a shared responsibility between parents/guardians, the school and the society, and that cooperation and support from these learning environments is of paramount importance. Finally, the study confirms that self-concept and motivation play a prominently role in English second-language performance and literacy development.
Afrikaans: Geletterdheid is noodsaaklik vir elke leerder se toekoms en sukses, veral die geletterdheid in Engels. Engels word beskou as die wêreldtaal en as Suid-Afrika se lingua franca. Gevolglik word Engels as onderrigtaal in skole en tersiêre instansies gebruik. Druk word dus op die onderwys geplaas om vaardighede en geletterdheid in Engels Tweedetaal op ʼn gepaste vlak te ontwikkel, sodat Engels as akademiese taal gebruik kan word. Individuele verskille lei tot ʼn variasie in Engels leeruitkomste, maar navorsers argumenteer dat die konteks waarin Engels aangeleer word as die belangrikste invloed op taalprestasie dien. Suid-Afrikaanse navorsers beklemtoon dat prestasie in Engels uiters laag is. Daarbenewens ondersoek die huidige literatuurstudie wat die rol van ekstrinsieke faktore op die aanleer van Engels taalvaardighede en geletterdheid is. Vir die doel van hierdie studie is Cummins se interafhanklikheidshipotese gebruik om die invloed van die huistaal en reeds verworwe geletterdheidsvaardighede op die prestasie van Engels Tweedetaal te bepaal. Epstein se oorvleuelende invloedsferemodel is gebruik om die leeromgewing (huiskonteks, skool en omgewing) se invloed op Engels tweedetaalprestasie te ondersoek. Verder is intrinsieke faktore soos selfkonsep en motivering ondersoek deur gebruik te maak van die multidimensionele selfkonsepmodel (Shavelson et al., 1976) en die selfdetermineringsteorie (Deci & Ryan, 1985; 2000a). Navorsingsbevindings toon dat geletterdheidsvaardighede in die huistaal goed vasgelê en ontwikkel moet word om gevolglik goed in Engels te presteer en ʼn goeie geletterdheidsvlak in Engels te ontwikkel. Verder toon die bevindings dat ʼn leerder se Engels tweedetaalprestasie en geletterdheidsontwikkeling ʼn gesamentlike verantwoordelikheid van ouers/voogde, die skool en gemeenskap behoort te wees en dat samewerking en ondersteuning vanaf hierdie leeromgewings van kardinale belang is. Laastens bevestig die studie dat selfkonsep en motivering ʼn prominente rol in Engels tweedetaalprestasie en geletterdheidsontwikkeling speel.
Description
Keywords
South Africa, English second-language performance, Literacy skills, Extrinsic factors, Self-concept and motivation, English language -- Study and teaching -- Secondary -- South Africa -- Northern Cape, English language -- Study and teaching -- Foreign speakers, Dissertation (M.Ed. (Psychology of Education))--University of the Free State, 2017
Citation