Die geologie van die serie Stormberg in die sisteem Karoo, suid van Bethlehem, O.V.S.

Loading...
Thumbnail Image
Date
1964-08
Authors
Kingsley, Charles Seymour
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Gebied tussen Bethlehem en Fouriesburg, waarin alle etages van die Etage Bo-Beaufort tot die Etage Drakensberg verteenwoordig is, is gekarteer asook die veldgegewens opgeteken. Oor geskikte roetes in die gebied is monsters geneem waarop verskillende petrografiese ondersoeke gedoen is. Vanaf swaarmineraalstudies kon gevolgtrekkings gemaak word omtrent oorspronggebied en afsettingstoestande van die Serie Stormberg. Korrelgrootte en -verspreiding is in die sandstene deur sifanalise bepaal. 'n Vergelykende studie is met behulp van die mikroskoop op die sandstene sowel as op die dolerietindringings en lawavloeiings uitgevoer. Uit die resultate kon in hooftrekke die volgende afleidings gemaak word: Die oorsprongrotse van die sedimente moes hoofsaaklik vanaf granitiese stollingsgesteentes wat êrens na die suidooste geleë was afkomstig gewees het. Die afsetting van die sedimente moes in landelike meergebiede geskied het. Die Moltenolae se afsetting moes relatief vinnig onder nat toestande plaasgevind het, terwyl die Eooilae en Holkranssandsteen onder 'n geleidelike droeër-wordende klimaat gevorm is. Die laaste stadiums van afsetting van die Holkranssandsteen het gelyktydig met die eerste lawavloeiings plaasgevind. Laastens was die dolerietgange in hierdie gebied moontlik ook die toevoerkanale vir die basaltiese Drakensberglawa.
Description
Keywords
Geology -- South Africa -- Free State -- Bethlehem, Mountains -- South Africa -- Free State -- Bethlehem, Stormberg Range (South Africa), Dissertation (M.Sc. (Geology))--University of the Free State, 1964
Citation