Die effek van die vervanging van vismeel met alternatiewe proteïenbronne in diëte van baber (Clarias gariepinus) litlinge

Loading...
Thumbnail Image
Date
2008-05
Authors
Booysen, Rohan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Intensiewe visproduksie benodig voere met 'n hoë proteïeninhoud (Hecht, Uys & Britz, 1988). Voer is gewoonlik die grootste veranderlike koste-item in kommersiële produksie en daarom word die winsgewendheid van 'n intensiewe-produksie eenheid grootliks bepaal deur die beskikbaarheid en koste van voerproteïen. Vismeel is tradisioneel die grootste komponent van alle visvoere (Hecht, Uys & Britz, 1988). Die hoë koste van vismeel het gelei tot die soektog na alternatiewe proteïenbronne, veral die wat nie geskik is vir menslike inname nie. In die studie is ondersoek ingestel na die effek van die vervanging van vismeel met alternatiewe proteïenbronne in diëte van (Clarias gariepinus) baberlitlinge. Die volgende plantproteïenbronne is in die studie gebruik nl. sojaboonoliekoekmeel, spirulina, grondboonoliekoekmeel en katoensaadoliekoekmeel. Dit is opgeweeg teen 'n forelproduksierantsoen en 'n visdieet met vismeel as proteïenbron. Die sisteem wat opgestel is, was 'n geslote hersirkuleringseenheid wat uit dertig bakke bestaan. Die sisteem het 'n totale volume van +/- 800 liter water en die vloeitempo van die water in die sisteem was +/- S liter per minuut. Die temperatuur van die water is gehandhaaf op 28 +/- O.SoC.Driehonderd 10-week-oue babertjies is ewekansig verdeel tussen dertig bakke. Vyf bakke is toegedeel aan elke dieet m.a.w. ses rye met vyf bakke elk. Die totale biomassa is weekliks in elke bak geweeg en die voer is dienooreenkomstig aangepas. Die vissies is teen 2% van die totale biomassa gevoer vir die eerste vier weke en teen 3% vir die oorblywende vier weke. Die eksperiment is gestaak na 'n agt weke voerperiode. Wat groei betref is gevind dat die vissies wat die vismeeldieet ontvang het die hoogste gemiddelde massatoename van die ses diëte gehad het alhoewel huloorlewing nie baie goed was nie. Die mortaliteite van die vissies wat die spirulina-dieet ontvang het was egter die laagste van al die diëte. Dit was duidelik uit die studie dat vissies beter gegroei het op die vismeel dieet maar dat die wat die spirulina-dieet ontvang het weer meer bestand was teen strestoestande met gevolglik laer mortaliteite. Daar is dalk 'n moontlikheid om verskillende proteïenbronne te kombineer om optimale groei en weerstand teen strestoestande te bekom en sodoende die gebruik van vismeel as die enigste bron van proteïen in visdiëte te verminder. Verdere navorsing is egter nodig.
Description
Keywords
Catfishes -- Feeding and feeds, Catfishes -- Nutrition, Dissertation (M.Sc.Agric. (Animal, Wildlife and Grassland Sciences))--University of the Free State, 2008
Citation