Die funksionele doeltreffendheid van liggaamlike opvoeding in die rehabilitasieprogram van traumatiese parapleë aan die Elizabeth Conradieskool

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979-11
Authors
Booysen, Christoffel Jacobus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die doel van hierdie ondersoek is om te wys op die funksionele doeltreffendheid van liggaamlike opvoeding in die rehabilitasieprogram van die traumatiese parapleeg aan die Elizabeth Conradieskool. Ses traumatiese parapleë is as proefpersone gebruik. Nadat die behoeftes van elke geval bepaal is, het die liggaamlike opvoeder 'n oefenprogram volgens die behoeftes van di~ kind opgestel. Daarna is die kind aan gereelde toetse en ondersoeke onderwerp. Inligting uit hierdie toetse en ondersoeke het die liggaamlike opvoeder dan in staat gestelom te bepaal of daar vordering of agteruitgang is. Met hierdie inligting tot sy beskikking kon die liggaamlike opvoeder elke semester sy oefenprogram aanpas. Die hoofdoel met die liggaamlike opvoeding van die traumatiesparaplegiese kind, is om uiteindelik die kind te bring tot onafhanklikheid. Die traumaties-paraplegiese kind bereik onafhanklikheid deurdat hy: oor 'n sterk bolyf beskik wat dit vir hom moontlik maak om sy rolstoel vaardig te hanteer en/of met sy langbeenysters en krukke te loop sy blaas slegs op sekere vasgestelde tye hoef te ledig sy verlamde ledemate nie toelaat om gedurig druksere te ontwikkel nie aktief deelneem aan rekreatiewe sport, en sy gebrek aanvaar en daarmee saamleef, met die vaste voorneme om 'n bydrae tot die samelewing te lewer. Ten opsigte van bogenoemde verrig die liggaamlike opvoeder aan die Elizabeth Conradieskool 'n groot en verantwoordelike taak in die opvoeding van die traumaties-paraplegiese kind. Hy doen alles in sy vermoë om die kind toe te rus met In positief-Christelike lewens- en wêreldbeskouing en stel hy daardeur die kind in staat om deur opvoeding en onderwys tot volwaardige beskawingsmondige lid van die gemeenskap, land en volk opgehef te word. Aangesien die traumatiese parapleeg voorheen In normale lewe kon voer, en toe deur die toedoen van In ongeluk verlam is in sy onderlyf, het die liggaamlike opvoeding In groot ~n verantwoordelike taak en moet hy noodwendig steun op die hulp van ander vakwetenskappe om sodoende as In span saam te werk in die rehabilitasieprogram van die traumaties-paraplegiese kind. Deur die behoeftes van elkeen van die ses gevalle, by toelating tot die skool, te vergelyk met die resultate wat daarna deur die liggaamlike opvoeding behaal is, dan vind ons dat die liggaamlike opvoeding met al ses gevalle volwaardig in sy doel geslaag het. In Verdere studie in hierdie verband ten opsigte van ander liggaamlike gestremdhede, behoort In waardevolle bydrae te lewer.
Description
Keywords
Paraplegics, Paraplegia -- Physical therapy, Schools -- South Africa -- Kimberley, Children with disabilities -- Education -- South Africa -- Kimberley, Paraplegics -- Rehabilitation, Dissertation (M.A. (Physical Education))--University of the Free State, 1979
Citation