Christian marriage and family life in the African context

Loading...
Thumbnail Image
Date
1999-11
Authors
Kauuova, Werner Rihungira
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The African Christian is in search of biblical principles when it comes to marriage and family life. The purpose of this dissertation is to provide means by which Christians in marriage and family can come to understand better that part of life in which they spend most of their time and energy. The dissertation has been divided into six chapters. Chapter 1 is the introduction. It gives an overview of the problem we are investigating. It also provides us with a historical background to the preaching of the Gospel in Africa. The argument in this chapter is that the missionaries were in total disregard of the African culture when they preached the Gospel. As a consequence the African converts rejected their own culture without any concrete understanding and accepted the culture of the missionaries that came with the Gospel. The result is that we are sitting with a Christianity in Africa that does not give answers to African problems, and in this regard, to marriage and family life. Chapter 2 deals with the traditional marriage customs in Africa. This chapter provides us with the context. It gives us a picture of marriage and family life in traditional Africa. Chapter 3 gives the Biblical theology for Christian marriage. The Bible as the Word of God plays a major role in this paper. There are issues that are particular to a specific culture, and there are principles that are applicable to all Christians. This chapter also serves as a reference to the chapters following it. The Biblical foundation that is established here comes back in Chapters 4 and 5. Chapter 4 gives answers to marriage and family life challenges. The approach in this chapter is to take the African context seriously and to apply the principle of continuity and discontinuity critically and responsibly. The Word of God has to triumph at the end. Chapter 5 deals with the family. The relationship between husband, wife and children is approached from a Biblical perspective. Leading a healthy family life is also a sign of growth. Christians need to grow. We cannot just remain like babies and drink milk from year to year. In Chapter 6 we make our concluding remarks and discuss the way forward for Christian marriage and family life in the African context. It is not optional for Christians to apply Biblical principles into their lives, it is an obligation. In this globalising and secularising world Christians need to spend more time in studying the Scripture so that they will know how to apply it in their daily lives. My stance as an evangelical Christian in Africa is also evident in this research. I tried to be as objective as I could in my approach, but it is not possible to be totally objective. This statement should not serve as an excuse for any child of God to act irresponsibly, but we must try to make His truth known to all men.
Afrikaans: Die verhandeling is in ses hoofstukke verdeel. Hoofstuk 1 is die inleiding. Dit gee 'n oorsig van die probleem wat ons ondersoek. Die hoofstuk voorsien ook 'n historiese agtergrond oor die prediking van die evangelie in Afrika. Die argument in hierdie hoofstuk is dat die sendelinge die Afrikakultuur totaal geïgnoreer het met die prediking van die Evangelie. As gevolg hiervan het die Afrika-Christen sonder enige goeie beoordeling sy kultuur verwerp en die sendeling se kultuur aangeneem. Nou sit ons met 'n Christenskap in Afrika wat nie antwoorde gee op die probleme van die Afrika-Christen nie. Vrae rondom die huwelik en die gesinslewe is nie voldoende beantwoord nie, want al die Afrikagebruike was net weggegooi. Kultuur en Openbaring kry ook aandag in hierdie hoofstuk. Kultuur kan nie totaal verwerp word nie, want daar is ook goeie dinge in die kultuur van . die heiden. Wat toegepas moet word is 'n metode van kontinuïteit en diskontinuïteit. Oor openbaring redeneer die navorser in hierdie hoofstuk dat God Homself ook aan die Afrikavolke geopenbaar het voor die koms van die evangelie. Op grond van Romeine 1:18-32 word betoog dat God deur die algemene openbaring Homself en sy wil aan die Afrikavolke bekendgemaak het. As gevolg van hierdie algemene openbaring kan daar ook goeie gebruike rondom die huwelik en die gesinslewe in die Afrikakultuur aangetref word. In hoofstuk 2 word die tradisionele huweliksgebruike in Afrika behandel. Die navorser sien dit as baie belangrik om al die gebruike rondom die Afrika kulturele huwelik te ondersoek voordat daar enige standpunt ingeneem kan word. Gebruike soos die 'bruidsprys', poligamie en die betekenis van die huwelik self word bespreek. Die betekenis van hierdie gebruike is baie maal verkeerd verstaan en het tot verkeerde gevolgtrekkings gelei. Hoofstuk 3 gee 'n Bybelse teologie vir die Christelike huwelik. Die Bybel as die Woord van God speel 'n betekenisvolle rol in hierdie navorsing. Daar is dinge wat eie is aan 'n sekere kultuur, maar daar is beginsels wat van toepassing is op alle Christene. Dus word aandag gewyaan daardie bo-kulturele huweliksbeginsels wat alle Christene oral temidde van verskillende kulture moet toepas. In hoofstuk 4 word aandag gegee aan die Christelike huwelik in Afrika. Nadat ons die Afrika tradisionele huweliksgebruike in hoofstuk 2 en die Bybelse teologie oor die Christelike huwelik in hoofstuk 3 bespreek het, kontekstualiseer ons die Bybelse beginsels in hierdie hoofstuk. 'n Vergelyking tussen die Afrika kulturele huwelik en die Hebreeuse huwelik word ook getref en interessante ooreenkomste en verskille kom na vore. In hierdie hoofstuk redeneer die navorser dat sekere Afrika tradisionele huweliksgebruike nie teen die Skrif ingaan nie. Dit is dus moontlik om in Afrika te trou sonder om die Westerse gebruike wat saam met die sendelinge gekom het oor te neem . Hoofstuk 5 handeloor die gesin. Die verhouding tussen man, vrou en kinders word bespreek. 'n Gesonde gesinslewe word in hierdie hoofstuk beklemtoon. Die begrip 'familie' of 'gesin' word breedvoerig bespreek om misverstande tussen die Afrika betekenis en die Westerse betekenis uit die weg te ruim en om sodoende 'n Afrika Christelike benadering te bevorder. Hoofstuk 6 bevat enkele slotopmerkings en die weg vorentoe. 'n Christelike huwelik en gesinslewe is moontlik in Afrika en dus word die Afrika-Christen uitgedaag om die evangelie relevant te maak in sy of haar eie kultuur. Christene moetleer om krities na hulle eie kultuur te kyk. Hierdie navorsing reflekteer ook die posisie van die navorser as 'n Bybelgelowige Christen.
Description
Keywords
Marriage -- Namibia -- Religious aspects -- Christianity, Families -- Namibia -- Religious aspects -- Christianity, Thesis (Ph.D. (Systematic Theology))--University of the Free State, 1999
Citation