Show simple item record

dc.contributor.advisorBlignaut, C. S.
dc.contributor.advisorDe Jager, J. M.
dc.contributor.advisorHuman, J. J.
dc.contributor.authorGrobbelaar, Jan Adriaan
dc.date.accessioned2017-04-26T09:00:30Z
dc.date.available2017-04-26T09:00:30Z
dc.date.issued1985-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6164
dc.description.abstractAfrikaans: Gewasprodusente in die Middel-Vrystaat het gevind dat die inskakeling van 'n somergewas in bestaande wintergewasproduksiestelsels, met gepaardgaande langer braakperiodes, aanleiding gee tot verhoogde graanopbrengste en 'n vermindering in onkruidprobleme en wortelsiektes. Hierdie bevindinge het daartoe aanleiding gegee dat vrae by die gewasprodusent ontstaan het rondom die ekonomiese geregverdigheid van wisselbou- en braaklandstelseis. Die doel van hierdie studie was om ten spyte van 'n gebrek aan plaaslike navorsingsresultate, die voordele en nadele van wisselbou- en braaklandstelsels, soos gereflekteer deur langtermynwinsgewendheid, teenoor die van monokultuurverbouing op te weeg en om in die proses die mees ekonomiese stelsel te identifiseer. Vir hierdie doel is 'n hipotetiese boerdery-eenheid in die ondersoekgebied gekonstrueer. Die gewasopbrengste van koring en mielies is met behulp van gewasgroeimodelle bereken op basis van die daaglikse klimaatsomstandighede in die gebied vir die tydperk 1960 tot 1983. Daar is bevind dat koringopbrengs op braaklande gemiddeld 76% hoër as die by monokultuurkoring was, met 'n koêffisiênt van variasie van 19,6 % teenoor die 51,9 % van monokultuurkoring. Braaklandmielieopbrengste was 30% hoër as die van monokultuurmielies, met 'n koëffisiënt van variasie van 49,7% by albei. Ses verskillende gewasopvolgingstelsels is geëvalueer, naamlik monokultuurkoring, monokultuurmielies, langbraakkoring, koring-koring-Iangbraak, koring-mielie-wisselbou en koring-koring-mielie-wisselbou. Deur die wins van die boerdery-eenheid vir elke stelsel te bereken, is bepaal dat dit essensieel is om 'n ekonomiese evaluasie van gewasopvolgingstelsels tot op boerderywinsvlak deur te voer, aangesien alle koste-aspekte waarin verskille kan voorkom, nie op bruto marge- en netto inkomste-vlak in ag geneem kan word nie. So is daar bevind dat die stelsel met die laagste bruto boerderyproduksiewaarde die derde hoogste marge bo veranderlike koste en die tweede hoogste boerderywins op grond van gemiddelde opbrengs gehad het. Die koring-mielie-wisselboustelsel het die hoogste boerderywins getoon. Deur jaarlikse boerderywinssyfers oor die 24-jaartermyn te bereken, is bevind dat dit belangrik is om so 'n evaluasie nie net op gemiddeldes te baseer nie. Die monokultuurstelseIs, met die laagste gemiddelde winssyfers, het in minstens 7 van die 24 jaar die hoogste boerderywins gehad. Die stelsel met die hoogste gemiddelde winssyfer het in 3 van die 24 jaar 'n verlies getoon, terwyl die langbraakkoringstelsel in geen jaar 'n verlies getoon het nie. Deur jaarlikse absolute boerderywinssyfers met behulp van prysindekse te bereken, is bevind dat 'n ekonomiese evaluasie met konstante pryse aanleiding kan gee tot 'n verkeerde besluit. Die verhouding tussen die pryse van koring, mielies, boerderybenodigdhede en verbruikersitems het gedurende die 24-jaartermyn sodanig verander dat 'n bepaling van die absolute huidige waarde van die jaarlikse boerdery- winssyfers getoon het dat die langbraakkoringstelsel of die langtermyn meer winsgewend as die koring-mielie-wisselboustelsel was. Omdat bogenoemde boerderywinsberekenings slegs die vaste koste voortspruitend uit die belegging in losgoedkapitaalitems en nie die verskil in die jaarlikse gebruik en gepaardgaande vervangingskoerse in ag geneem het nie, is die interne opbrengskoers van elke gewasopvolgingstelsel op basis van hierdie berekening het die winsgewendheidsvolgorde op basis van absolute boerderywinssyfers bevestig, alhoewel die verhouding tussen die onderskeie stelsels verander het. Hierdie berekening kan dus ook 'n verandering in die winsgewendheidsrangorde van gewasopvolgingstelsels teweeg bring, wat nader aan die kol as enige van die vorige berekenings sal wees. In die laaste instansie is die risiko van elke stelsel in terme van die waarskynlikheid om in 'n bepaalde jaar nie in staat te wees om die vaste verpligtinge van die boerdery-eenheid na te kom nie, bereken. Hierdie waarskynlikheid was 11,3% by die langbraakkoringstelsel en 22,8% by die koring- mielie-wisselboustelsel, teenoor die 54,2% van monokultuur- mielies en die 47,7% van monokultuurkoring.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectAgriculture -- Economic aspects -- South Africa -- Free Stateen_ZA
dc.subjectShifting agriculture -- South Africa -- Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc.Agric. (Agricultural Economics))--University of the Free State, 1985en_ZA
dc.title'n Ekonomiese evaluasie van sommige gewasopvolgingstelsels onder droëlandtoestande in die Middel-Vrystaataf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record