Die invloed van ioniserende strale en elektrone op die chromosome van die mens
Loading...
Date
1974-12
Authors
Jansen, Stander
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Moorhead se limfosiet-kultuurtegniek is gewysig en aangewend om die in vitro effek van X-strale, elektrone en addisioneel, drie verskillende tipes sitostatika, op menslike
metafase-chromosome te ondersoek.
Dosisse van 500, 750 en 1000 roentgen 90 kV X-strale is
aangewend. Bestraling van hierdie kulture het in In waterbad by 37°C plaasgevind. Dieselfde dosisse deur middel van
4 MeV elektrone is toegedien teen In dosistempo van 200 rad
per minuut. Hierdie prosedures is in teenstelling met die
geval by X-strale, by kamertemperatuur uitgevoer.
Die drie sitostatiese middels, nl. endoksaan, 5-fluoro-urasiel en bleomisien, is as voorbeelde van alkilerings-agense,
antimetaboliete en antibiotika onderskeidelik, teen konsentrasies van 30, 20 en 0,4 µg/ml aangewend. Hierdie konsentrasies stern ooreen met dié wat aan pasiënte toegedien
word.
Kultuurperiodes het 72 uur by X-strale en sitostatika en
96 uur by elektron-toediening geduur. Bestraling en byvoeging van sitostatika is 24 uur na opstel van kulture gedoen.
Die effek van bogenoemde behandelingsmetodes is bepaal in
terme van die hoeveelheid en tipes aberrasies geproduseer
by die onderskeie dosisse en konsentrasies. 'n Vergelykende studie is gemaak van die effekte van die verskillende
tipes straling en sitostatika. Klassifikasie van chromosoom- en chromatied-aberrasies is gedoen volgens die V.V.O.
verslag aangaande die effek van bestraling, waarby chromosoom- chromatiedbreuke as addisionele tipes aberrasies gevoeg is.
Uit die resultate kon aangetoon word dat die duur van die
selsiklus verleng met stygende dosisse X-strale, terwyl die
verlenging onder dieselfde omstandighede by elektron-toediening konstant gebly het. In soverre dit die sitostatika
betref, het 5-fluoro-urasiel In totale inhibering van timidielsuur tot gevolg gehad, waardeur D.N.A.-sintese, waar van
timidielsuur In voorloper is, verhoed is. Die tydsduur van
die selsiklus is die minste geaffekteer deur bleomisien-toediening terwyl die invloed van die endoksaan nie bepaal kon
word nie, weens die afwesigheid van aberrasies wat as indikators gebruik is in die berekening van bogenoemde effek.
Hierdie berekenings is gedoen deur bepaling van die persentasie sekerheid dat generasie 1 metafases ondersoek is, deur
die aantal disentriese chromosome met fragmente teenwoordig,
te vergelyk met dié sonder fragmente. Eersgenoemde word aanvaar as verteenwoordigend van die eerste generasie metafases
wat na bestraling of byvoeging van sitostasika hul verskyning
in die kultuur maak, terwyl laasgenoemde as verteenwoordigend van generasies 2 en 3 beskou word.
Die mees algemene tipe chromosoom- en chromatied-aberrasies wat voorgekom het, was koldelesies. 'n Lineêre verband tussen toegediende dosis en frekwensie van voorkoms
is slegs by twee tipes aberrasies gevind. Sentriese ringe
en fragmente het 'n lineêre styging met toename in dosis
X-strale getoon, terwyl chrornatiedbreuke 'n lineêre daling
teenoor 'n stygende dosis elektrone getoon het. Die res
van die aberrasies het 'n meer komplekse patroon van wisseling by die onderskeie dosisse en tipes bestraling en
sitostatika getoon. Tog was die biologiese belangrikheid
van die individuele tipes aberrasies ten opsigte van subletale en letale selskade, duidelik hieruit waar te neem.
Die verskille in aberrasie-opbrengste deur X-strale geproduseer soos vergelyk met die gepubliseerde bevindings, kan
verklaar word deur die relatiewe hoë dosisse gebruik, die
nou grense tussen laagste en hoogste dosisse, asook die addisionele tipes aberrasies wat tot die klassifikasie-sisteem
gevoeg is en wat nie voorheen deur navorsers in 'n volledige
aberrasie-klassifikasie ingesluit is nie.
Ten spyte van beperkinge in die identifikasie van sekere
chromosomale- en chromatied-aberrasies deur kleurtegnieke
anders as bandpatrone, word hierdie metode steeds as 'n
gevoelige dosismeter vir die bepaling van geabsorbeerde
dosis en tipe bestraling beskou, en werp dit ook lig op die
onderlinge verskille in chromosomale-aberrasies deur die
onderskeie tipes sitostatika geproduseer. Die insluiting
van chromosoom- en chromatiedbreuke in die klassifikasiesisteem
van aberrasies is as geregverdig bevind, aangesien
dit aberrasies is wat met 'n groot mate van sekerheid bepaal kon word en goed inpas by die algemene aberrasie-patroon.
Description
Keywords
Human chromosomes, Chromosome abnormalities, Radiation, Dissertation (M.Med.Sc. (Biophysics))--University of the Free State, 1974