Die moontlikheid van 'n konstruksie van verborge gebreke in vorderingsregte in die algemeen en aandele van 'n maatskappy in besonder

Loading...
Thumbnail Image
Date
1968-09
Authors
Rautenbach, John Walter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke in die verkoopte saak wat op 'nverkoper by die koopkontrak rus, is 'n beginsel wat al lank in ons reg erken en toegepas word. Dit is trouens ook 'n deel van ons reg wat al by herhaalde geleenthede die aandag van ons howe geniet het, en dus het dit ons howe in staat gestel om 'n stel reëls op te bou wat, volgens De Wet en Yeats, "logies, verfynd en prakties bruikbaar is". Daar bestaan geen basiese probleme by hierdie deel van ons reg nie. Al hierdie gevalle wat al voor ons howe gedien het, het egter gegaan oor koopkontrakte waar die voorwerp van die koop 'n liggaamlike saak was wat dan die verborge gebrek besit het. Nou word dit ook verder in ons reg erken dat daar, naas hierdis soorte, ook nog ander tipe koopkontrakte bestaan waar die koopvoorwerp nie noodwendig 'n liggaamlike saak hoef te wees nie, waar ook uit 'n onliggaamlike voorwerp soos 'n vorderingsreg kan bestaan. Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke is 'n natuurlike gevolg wat by elke koopkontrak, tensy dit by ooreenkoms deur die partye uitgesluit is, intree. Dus is dit net soseer 'n natuurlike gevolg by koopkontrakte waar vorderingsregte verkoop word, as dié waar 'n saak verkoop word. So 'n geval het, sover ek kon vasstel, egter nog nooit voor ons howe gedien nie en ook het dit nog nooit enige aandag van ons skrywers geniet nie. Dit wil egter nie sê dat so 'n geval nooit in die praktyk kan opduik nie. Neem die volgende voorbeeld. A verkoop 'n vorderingsreg wat hy teen het vir 'n saak, aan C. Nou besit die saak 'n verborge gebrek. Kan C hom nou in hierdie geval ook op die aediliese aksies beroep? 'n Mens sou onmiddelik wou toegee dat hy dit behoort te kan doen, waar dan word jy egter gestuit deur die feit dat A slegs 'n vorderingsreg aan C verkoop het en nie die saak self nie en dat dit die saak is wat die gebrek besit. 'n Ander verskynsel wat egter daagliks in die praktyk voorkom is die veelvoudige transaksies waarby aandele in maatskappye verkoop word. Kan daar ook gepraat word van verborge gebreke in aandele? Sonder meer kan nie gesê word dat daar by hierdie twee tipes koopkontrakte, d.w.s. wat vorderingsregte of aandele as voorwerp het, ook aanspreeklikheid weens verborge gebreke meet bestaan nie. Daarvoor bestaan daar te veel ander probleme, wat nle by die gewone koopkontrakte aanwesig is nie, waarop eers antwoorde gevind sal moet word. In hierdie verhandeling sal ek dan ook poog om die besondere probleme wat by hierdie koopkontrakte bestaan, uiteen te sit en dan antwoorde daarop te probeer vind. Vir dié doel is dit dus vir my nodig om net oorsigtelik die posisie by koopkontrakte van sake weer in oënskou te neem.
Description
Keywords
Dissertation (LL.B. (Law))--University of the Free State, 1968, Agency (Law) -- South Africa, Corporation law -- South Africa
Citation