Die lewenskwaliteit van verpleegkundige versorgers van Alzheimer-pasiënte

Loading...
Thumbnail Image
Date
2003-05
Authors
Venter, Hilda
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Dementia of the Alzheimer type is one of the most devastating diseases currently in existence, as it has an incapacitating effect on the sufferers’ most important functioning factors, namely their higher cortical functions and personality. The loss that accompanies the disease not only affects the patients, but also challenges their loved ones and their nursing care-givers that have to look after them. The increasing number of victims of Alzheimer’s disease is reflected in South African statistics. These growing numbers exert great pressure on the country’s health, social and financial services owing to the fulltime nursing care required. This study is an extension of the one by Venter (2000) and was largely qualitative. Its aim was to determine the extent of the effect on the quality of life of the nursing care-givers of Alzheimer patients from the literature on psychofortology. In this regard, particular emphasis was placed on the negative and positive effects that caring for Alzheimer’s patients have on the lives of nursing care-givers. The identification of existing psychofortigenic factors in the effective management of demands and the consequent quality of life or psychological well-being was a further aim of this investigation. The sample group consisted of 226 nursing care-givers of Alzheimer patients from institutions in the Western Cape, Gauteng and the Free State. Among others, the respondents had to comment on open questions regarding their work experience. Semi-structured interviews were conducted with a further 10 nursing care-givers of Alzheimer patients from three institutions in the Bloemfontein area. The nursing care-givers also completed Die Lewenstevredenheidsvraelys / Satisfaction with Life Scale of Diener, Emmons, Larson & Griffen (1985) individually. The responses in the interviews and questionnaires were encoded and interpreted by a qualitative analytical approach to determine the experiences and psychofortigenic factors involved in taking care of Alzheimer patients. The results obtained from the Satisfaction with Life Scale were also related to indicate individual nursing care-givers’ experience of quality of life. The results of this investigation largely confirm former findings. A high degree of satisfaction with life was revealed. It was found that care-givers experience psychological well-being, usefulness and meaning in spite of the difficult challenges the care-giving situation sets them. The following psychofortigenic factors that are significant in dealing with the demands and the maintenance of psychological well-being were identified among the nursing care-givers: humour, the support of their family and colleagues, faith, relaxation and recreation. The significance of continuous training and support for nursing care-givers were emphasised, as well as the significance of extending psychofortigenic factors that contribute to the promotion and maintenance of quality of life and psychological well-being. The development of a support and training programme, and the establishment of a communication forum among the nursing care-givers and the relatives of Alzheimer patients is advocated.
Afrikaans: Demensie van die Alzheimer-tipe is een van die mees verwoestende siektes wat tans bestaan, want dit het ‘n inkapasiterende uitwerking op die persoon se belangrikste funksioneringsfaktore, naamlik sy of haar hoër kortikale funksies en persoonlikheid. Die verliese wat die siekte meebring, raak nie net die pasiënt nie, maar stel ook vele uitdagings aan hul naasbestaandes en die verpleegkundiges wat hulle moet versorg. Die stygende getal slagoffers van Alzheimer se siekte word in die Suid-Afrikaanse statistieke weerspieël. Hierdie toenemende getalle plaas dan ook groot druk op die land se gesondheids-, sosiale en finansiële dienste vanweë die voltydse verpleegsorg wat genoodsaak word. Hierdie studie is 'n uitbreiding van die studie van Venter (2000) en was hoofsaaklik kwalitatief van aard. Dit het ten doel gehad om vanuit die literatuur van psigofortologie te bepaal in watter mate die lewenskwaliteit van die verpleegkundiges wat Alzheimer-pasiënte versorg, beïnvloed word. Daar is in hierdie verband spesifiek aandag geskenk aan die negatiewe en positiewe aspekte wat versorging van Alzheimer-pasiënte vir die verpleegkundiges inhou. Die identifisering van die teenwoordigheid van psigofortigene faktore in die doeltreffende hantering van eise en die gevolglike handhawing van lewenskwaliteit of sielkundige welstand was ook ‘n belangrike doel in hierdie ondersoek. Die ondersoekgroep het bestaan uit 226 verpleegkundiges van Alzheimer-pasiënte, afkomstig vanuit inrigtings in die Wes-Kaap, Gauteng en die Vrystaat. Die respondente moes onder andere op oop vrae ten opsigte van hul werkservaringe kommentaar lewer. Semi-gestruktureerde onderhoude is ook met 'n verdere 10 verpleegkundiges van Alzheimer-pasiënte vanuit drie tehuise in die Bloemfontein-area gevoer. Die Lewenstevredenheidsvraelys / Satisfaction With Life Scale van Diener, Emmons, Larson & Griffen (1985) is ook deur elk van die verpleegkundige versorgers voltooi. Die response in die onderhoude en in die vraelyste is deur die gebruik van ‘n kwalitatiewe ontledingsbenadering gekodeer en geïnterpreteer om te bepaal watter ervarings en psigofortigene faktore betrokke is by die versorging van Alzheimer-pasiënte. Die resultate verkry op die lewenstevredenheidsvraelys is ook in verband gebring om ‘n aanduiding van elke verpleegkundige se ervaring van lewenskwaliteit te kry. Die resultate van hierdie ondersoek bevestig in 'n groot mate vorige bevindinge. 'n Hoë mate van lewenstevredenheid het wel na vore gekom. Daar is bevind dat die versorgers sielkundige welstand, sin en betekenis ervaar ten spyte van die moeilike uitdagings wat die versorgingsituasie aan hulle stel. Die volgende psigofortigene faktore wat ‘n belangrike rol in die doeltreffende hantering van eise en die handhawing van sielkundige welstand speel, is by die verpleegkundige versorgers geïdentifiseer: humor, ondersteuning van gesin en kollegas, geloof, ontspanning en vryetydsbesteding. Die waarde van deurlopende opleiding en ondersteuning vir verpleegkundige versorgers is belig, asook die belangrikheid van die uitbouing van psigofortigene faktore wat bydraend is tot die verbetering en handhawing van lewenskwaliteit en sielkundige welstand. Die ontwikkeling van ‘n ondersteunings- en opleidingsprogram, en die daarstelling van ‘n gespreksforum tussen die verpleegkundige versorgers en die familie van die Alzheimer-pasiënte word bepleit.
Description
Keywords
Dissertation (M.Soc.Sc. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 2003, Dementia, Alzheimer's disease, Salutogenesis, Sense of coherence, Generalised resistance resources, Psychofortology, Psychofortigenic factors, Psychological well-being, Quality of life, Nursing care-givers, Alzheimer's disease -- Patients -- Care, Nurses -- Job stress, Nurses -- Job satisfaction
Citation